{"id":10658,"date":"2011-07-06T18:07:29","date_gmt":"2011-07-06T18:07:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10658"},"modified":"2011-07-06T18:07:29","modified_gmt":"2011-07-06T18:07:29","slug":"staar-suid-afrika-revolusie-in-die-gesig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10658","title":{"rendered":"Staar Suid-Afrika revolusie in die gesig?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/communists_011.jpg\" align=\"left\" \/><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/communists_011.jpg\" width=\"251\" \/>Beste mede-Afrikaner,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert 1994 en selfs daarvoor, het die  hoofstroommedia in Suid-Afrika nog altyd die blanke en  Afrikanerbevolking probeer sus deur radikale uitsprake van ANC-lede oor  revolusie en grondhervorming as &#8220;blote praatjies&#8221; af te maak. In sommige  kringe is daar selfs oor die hamer-en-sekel as &#8216;n soort  modebykomstigheid gegiggel. Oor die afgelope tyd en sedert Julius Malema  se meteoriese opgang, plaas Beeld, Business Day en ander koerante egter  toenemend bekommerde rubrieke en kommentaar oor nasionalisering en  grondgrypaksies soos in Zimbabwe wat die land op sy knie\u00eb kan dwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier  by PRAAG ontleed ons reeds jare lank die ANC se onderliggende  radikalisme wat een of ander tyd in eweneens radikale optrede vertaal  m\u00f3\u00e9t word. Dit kom dus as geen verrassing dat Malema, wat hom inderdaad  op die &#8220;Freedom Charter&#8221; van 1955 beroep, asook Cosatu, tans  nasionalisering en volskaalse sosialisme, selfs kommunisme, ernstig  oorweeg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag het Max du Preez &#8216;n artikel op die grootste  webwerf in die land, news24.com, geplaas waarin hy insgelyks die &#8220;stank  van revolusie&#8221; bespeur:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Columnists\/MaxduPreez\/The-sickening-smell-revolution-20110706\" rel=\"nofollow\" target=\"_blank\">http:\/\/www.news24.com\/Columnists\/MaxduPreez\/The-sickening-smell-revolution-20110706<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierop het ek &#8216;n kort, ietwat sarkastiese, antwoord geskryf:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"dan-roodt-magazine-178\/9891-dis-die-parfuum-van-revolusie-max.html\" rel=\"nofollow\" target=\"_blank\">http:\/\/praag.co.za\/dan-roodt-magazine-178\/9891-dis-die-parfuum-van-revolusie-max.html<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vraag is egter: wat kan elkeen van ons doen, noudat ons voortbestaan,  ons ekonomie, grond, eiendom en moontlik selfs ons lewens en di\u00e9 van ons  geliefdes deur revolusie bedreig word? Soos die Duitse vroue in  Oos-Europa wat aan die einde van die tweede w\u00eareldoorlog nie op  negatiewe nuus wou reageer totdat hulle die rusperbande van die Russiese  tenks in die strate gehoor het nie, gaan vele van ons mense tans ook  nie reageer nie. Twee miljoen van daardie vroue het omgekom en miljoene  ander is verkrag en verontmenslik omdat hulle nie betyds wou reageer  nie. Dis bloot menslik om slegte nuus te wil ontken of te wil ignoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG  is &#8216;n grootliks virtuele beweging, maar wat oor beduidende  internasionale kontakte, eie media, tegnologie, toegang tot ander media  en ook &#8216;n landwye organisasie met latente vermo\u00ebns beskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  gaan beslis op verantwoordelike en doelgerigte wyse op die bedreiging  van revolusie reageer. PRAAG HET &#8216;N PLAN. Ons sal die besonderhede van  daardie plan punt vir punt en soos dit nodig raak, bekendstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige  ander &#8220;planne&#8221; wat onlangs aangekondig is, bestaan uit blote  diplomatieke druk, meer realisties, uit &#8216;n gebedel vir buitelandse  simpatie. N\u00f3g Brittanje, n\u00f3g die VSA onder mnr. Barack Obama, het enige  simpatie vir die Afrikaner en sal hande gevou toekyk hoe ons deur &#8216;n  revolusie van die radikale linkse tipe vernietig word. Ons is op onsself  aangewese, geheel en al. Dit moet ons n\u00f3\u00fa aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie  Afrikaanse organisasies beskik oor aansienlike fondse van tot &#8216;n miljard  rand en meer wat vir ons huidige oorlewingstryd gebruik sou kon word.  Weens die bande van daardie organisasies met mnr. FW de Klerk en die  kabaal van verraaiers wat ons herhaaldelik in die rug gesteek het, sal  sodanige organisasies egter eerder geld aan ons vyande beskikbaar stel  as om ons volk in nood te hulp te snel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die volgende dag of  twee sal ons ook begin om nuusbriewe per e-pos uit te stuur, maar ons  vra elke Afrikaner of blanke wat met die Afrikanergroep identifiseer, om  die volgende dinge te doen. Die aksies gaan van baie maklik en  onbetrokke tot groter betrokkenheid en opoffering, dus:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Skep bewustheid. Stuur hierdie boodskap aan al u familie en vriende om hulle bewus te maak, op Facebook en op e-pos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.  Ontvang nuusbriewe. Plaas u e-posadres op ons webwerf vir nuusbriewe  deur op die banier aan die regterkant genaamd &#8220;Nuusbrief?&#8221; te klik. Dit  sal ongeveer tien sekondes van u tyd neem! Hier is die regstreekse  skakel na die nuusbrief-intekening:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"lists\/?p=subscribe&amp;id=1\" rel=\"nofollow\" target=\"_blank\">http:\/\/praag.co.za\/lists\/?p=subscribe&amp;id=1<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Sluit by PRAAG aan deur die vormpie op die volgende bladsy in te vul (dit neem &#8216;n minuut of twee):<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\" rel=\"nofollow\" target=\"_blank\">http:\/\/praag.co.cc\/af<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.  Vorm steunkringe van 8 tot 10 mense in u omgewing wat uit bure, vriende  of familie bestaan, mense waarop u in tyd van nood vir bystand kan  reken en sorg dat u elkeen se landlynnommers, selfoonnomers, adresse,  e-posadresse, ens., byderhand het. Verkies &#8216;n verantwoordelike persoon  of leier en onderleier. In verdere nuusbriewe sal ons u inlig aan watter  soort landwye struktuur u sal kan deelneem om voorvalle van geweld en  oproer, asook tekorte aan water, elektrisiteit of voedsel te hanteer.  Onthou die dodelike drie 3&#8217;s: 3 minute sonder suurstof, 3 dae sonder  water, 3 weke sonder kos. Indien ons boere van plase verdryf gaan word,  sal voedselskaarstes baie gou ontstaan, pryse sal vinnig styg en teen  daardie tyd sal die rand ook drasties in waarde begin verminder soos wat  buitelanders via die finansi\u00eble markte hul kapitaal uit die land  onttrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">5. Sorg dat u oor kontant beskik om in buitelandse  valuta om te sit want sodra paniek ontstaan en die rand tot die vlak van  &#8216;n Zim-dollar begin daal, sal u dollars of euro nodig h\u00ea om voedsel of  brandstof mee te koop, net soos in Zimbabwe gebeur het. In di\u00e9 verband  is daar slegs een re\u00ebl wat elke handelaar in banke of aandelemakelarye  w\u00eareldwyd ken: &#8220;As jy paniekbevange wil raak, doen dit eerste!&#8221; Oor die  volgende paar dae sal ons &#8216;n eenvoudige en wettige skema aankondig  waarmee u gemaklik kleiner bedrae na die buiteland kan oorplaas na &#8216;n  Afrikanerverskansingsfonds waaruit u ook weer fondse sal kan onttrek  soos wat dit later nodig blyk. Anders as die Duitse vroue aan die einde  van die tweede w\u00eareldoorlog, gaan ons nie wag vir tenks of gewere in die  strate nie. Ons skrik eerste en ons reageer eerste van almal. Net soos  ons ontleding lank voor Max du Preez, die Business Day of Beeld s&#8217;n  korrek was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">6. Binne die volgende twee tot drie weke sal ons  omvattende voorstelle maak oor &#8216;n alternatiewe staatkundige model  waarmee revolusie bemoeilik kan word, indien nie heeltemal afgeweer kan  word nie. Daarmee saam sal ons begin om verdere kommunikasie- en  burgerlike strukture in te stel wat ons bevolking meer paraat sal maak  om ongrondwetlike optrede deur radikale elemente binne die ANC-jeugliga  en ander organisasies die hoof te bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskiedenis van  Afrika sedert 1960 is een van dikwelse burgeroorlo\u00eb, revolusies, oproer,  ekonomiese en voedselkrisisse soos in Zimbabwe en selfs volksmoord soos  in Rwanda. Meer as ooit in sy geskiedenis is Suid-Afrika vandag &#8216;n  Afrikaland wat volgens Afrikare\u00ebls funksioneer. Slegs gekke of lesers  van die huidige regime se propaganda in die hoofstroommedia sal dit wil  ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons mag nie langer in ontkenning leef nie. Neem die  eenvoudige stap om ten minste op ons nuusbrief per e-pos in te teken aan  die regterkant van ons webwerf praag.co.za of direk by hierdie skakel:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/lists\/?p=subscribe&amp;id=1\" rel=\"nofollow\" target=\"_blank\">http:\/\/www.praag.co.za\/lists\/?p=subscribe&amp;id=1<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U sal binnekort weer van my hoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot dan wens ek u sterkte toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met vriendelike groete,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan Roodt<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naskrif:  &#8216;n Mens hoef slegs die onbekende te vrees of d\u00edt waarop &#8216;n mens nie  voorbereid is nie. Revolusies het deur die geskiedenis dieselfde  gewelddadige patroon gevolg. Ons weet dus presies wat om te verwag. As  volk het ons Hugenote-voorouers die Bartholomeusnag van 24 Augustus 1572  in Frankryk oorleef, Vegkop en Bloedrivier, asook die konsentrasiekampe  en verskroeide-aardebeleid van Brittanje van 1900 tot 1902. Sonder  versiendheid in die verlede, sou ons nooit tot hier gekom het nie. Hou  moed!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/24-osveshchenie-lestnitsy-v-dome\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u044b \u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Beste mede-Afrikaner, Sedert 1994 en selfs daarvoor, het die hoofstroommedia in Suid-Afrika nog altyd die blanke en Afrikanerbevolking probeer sus deur radikale uitsprake van ANC-lede oor revolusie en grondhervorming as &#8220;blote praatjies&#8221; af te maak. In sommige kringe is daar selfs oor die hamer-en-sekel as &#8216;n soort modebykomstigheid gegiggel. Oor die afgelope tyd en sedert &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10658\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Staar Suid-Afrika revolusie in die gesig?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10657,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10658","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10658","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10658"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10658\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10657"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10658"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10658"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10658"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}