{"id":10652,"date":"2011-07-06T05:55:38","date_gmt":"2011-07-06T05:55:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10652"},"modified":"2011-07-06T05:55:38","modified_gmt":"2011-07-06T05:55:38","slug":"die-dekonstruksie-van-malema-en-vice","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10652","title":{"rendered":"Die dekonstruksie van Malema en Vice"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Sogenaamde blanke  skuld maak deesdae weer opslae. Julius Malema beweer byvoorbeeld dat blankes  misdadigers is wat swartes se rykdom gesteel het. Laasgenoemde sluit vermoedelik  die edelmetale van die Bosveldkompleks in, waarvan Malema so graag die myne wil  nasionaliseer. Daardie einste skatkis van edelmetale waaroor Malema se voorsate  vir eeue lank in gatrieme rondgehardloop het, sonder om te besef wat onder hul  voete versteek was. Dis eweneens nie heeltemal duidelik of Malema se voorsate  juis \u2018n nut vir platina sou h\u00ea nie, selfs al kon hulle dit ontgin en verfyn. Dis  nie asof daar Pedi-motors met platina-katalisatore in 1652 in die Bosveld was  nie. Ook is ek nie bewus van \u2018n Pedi-halfgeleierindustrie wat die ander skaars  metale in die Bosveldkompleks sou kon gebruik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Sogenaamde filosoof aan die  Rhodes\u2013Universiteit, ene dr Samantha Vice, stem egter met Malema saam. Wat Malema  in een sinnetjie ges\u00ea het, het sy weliswaar \u2018n ganse referaat oor geskryf, nogal  in hogere akademiese Engels, maar dit kom eintlik op presies dieselfde as Malema  se uitlating neer. Di\u00e9 lui dat  blankes onder \u2018n enorme, gemeenskaplike skuldlas gebuk gaan en derhalwe&nbsp; nederig ons plek moet ken en nie  mag&nbsp;deelneem aan die politiek nie. Di\u00e9 skuldlas  is van \u2018n bykans bybelse omvang, een wat tot die sewende geslag van elke blanke  wat tans leef, sal bly voortduur. Die blanke baba wat dus in Danville van arm  blanke ouers gebore word, is dus volgens dr Vice ewe skuldig aan die verdrukking  van swartes, en moet dus ook van kleins af nederig en op sy plek wees. Die  Danville-baba wat in sy ouers se enkelkamer in iemand se agterplaas woon, mag  dus&nbsp;nooit droom daarvan om president te wees nie, volgens die  ekstreem-linkse vernietiger van blanke aspirasies, Samantha Vice. Nou goed, dr  Vice, ek sal nederig om verskoning vra dat die wrede blanke onderdrukker, Hans  Merensky, die rykdom onder die Pedi\u2019s se voete ontdek het, en vir hulle en ander  swart volke derduisende werksgeleenthede geskep het wat nie bestaan het voor die  aankoms van blankes nie, en oa die Bafokeng-stam in die  proses stinkryk gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel ek g\u2019n  filosoof is nie, is dit tog nodig om snert soos dr Vice se kwasi-filosofiese argumente en ongegronde aannames te dekonstrueer en in die proses aan flarde te ruk.  Die eerste opmerking wat ek dus gaan maak, is hoe vreemd dit is dat ras tog  bestaan wanneer dit die ekstreem-linkses soos dr Vice pas. Soms word ons vertel  ras is \u2018n blote sosiale konstruk, maar wanneer dit die linkse pas, bestaan daar  wel goed gedefinieerde rassegroepe en word veral blankes uitgesonder as die  sondebokke op grond van ons velkleur. Die opportunistiese ontkenning en dan  somtydse&nbsp;erkenning van die bestaan van ras is egter \u2018n eenrigtingstraat.  Dit word nooit erken as daar verklarings gesoek word vir die verskil in  akademiese prestasie nie, maar altyd erken wanneer die vingers na sogenaamde  blanke onderdrukking gewys word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens vind ons  in dr Vice se sogenaamde akademiese stuk opnuut die ou-ou kwaal van die linkse:  \u201cMoenie maak soos ek maak nie, maak soos ek s\u00ea.\u201d Dr Vice, synde iemand met \u2018n  pos by \u2018n akademiese instansie, skryf \u2018n stuk met \u2018n politieke inslag, en  weerspreek haarself ernstig in die proses. Blankes mag nie aan die politiek deelneem  nie, maar dr Vice maak egter self presies net so met haar anti-blanke stuk  linkse Marxisme. As iemand met \u2018n formele werk, asook jare se bevoorregte  akademiese opleiding, is sy eweneens volgens haar eie definisie iemand wat  swartes onderdruk. &nbsp;Sou sy haar eie  snert geglo het, het sy onmiddellik bedank ten gunste van \u2018n swart dosent, haar  besittings verkoop en aan die swartes uitgedeel en ge\u00ebmigreer, ten einde te  verhoed dat haar blanke bas nie verder bydra tot swart verdrukking nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste leuen waaraan beide  Malema en Vice skuldig is, wat dringend dekonstruksie benodig, is die ongegronde  aanname&nbsp;dat blankes nie ons welvaart of kwalifikasies verdien nie. Mens sou  sweer elke blanke het \u2018n wynplaas ge\u00ebrf en dat  ons die dag toe ons gebore is, \u2018n PhD in die spesialisveld van ons ouers se  keuse vasgekram aan ons geboortesertifikate ontvang het. Dit is veral  eersgenoemde, grondbesit, wat een van die voortdurende mites onder die linkses  is. Daar is egter slegs sowat 30 000 kommersi\u00eble blanke  boere in Suid-Afrika, dws minder as 1,5% van die blanke bevolking. Ek is nie  bewus van een van daardie boere wat hulle grond by \u2018n swartmens gesteel het nie.  Dit is inteendeel&nbsp;waar dat baie blankes na afloop van die ABO na die stede  gestroom het, omdat die Britte die aarde verskroei het en ons voorouers se plase  vernietig het, wat destyds tot die armblankevraagstuk gelei het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As daar blankes  is wat hul grade of kwalifikasies ontvang het bloot omdat hulle wit velle het,  wil ek hulle graag ontmoet. Almal wat op universiteit was tydens die vorige  bedeling, kan getuig daarvan dat die mislukkingstempo ook onder hul medeblankes  baie hoog was. As jy links en regs van jou in jou eerstejaarklas gekyk het, was  die kanse goed dat daardie twee mense nie saam met jou sou graad vang nie. &nbsp;So ook het selfs die meeste blanke  graduandi groot studieskuld gehad toe hulle afgestudeer het, en moes die  oorweldigende meerderheid blankes wat begin werk het, van nuuts af begin om  aardse besittings op te gaar. Dit was slegs die enkele bevoorregtes in  Waterkloof wie se ouers hulle \u2018n hupstoot kon gee, maar weer eens was die groot  meerderheid blankes in myndorpe of op die platteland op hulself aangewese.  Sedert 1994 het 800 000 blankes ook in armoede verval, wat \u2018n skrikwekkende  een-derde van die Afrikanerbevolking verteenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die ekonomiese  teorie word Malema, Vice en andere se mistasting \u2018n nul-somspel genoem, of in  gewone Afrikaans: \u201cDie een se dood is \u2018n ander een se brood.\u201d Hiervolgens is  daar altyd wenners en verloorders. As daar dus bekwame blankes is wat op  verdienste hul grade met lof geslaag het, moet daar noodwendig swart verloorders  wees, wat deur die wrede blanke in die proses onderdruk is en op een of ander  duistere wyse verhoed is om matriekwiskunde te slaag. Soos Mandela en sy &nbsp;prokureursvennoot Tambo wat tydens die  apartheidsjare hulself as regsgeleerdes kon bekwaam, bedoel dr Vice seker.  Waarop beide Malema en Vice se aantygings dus neerkom, is die tipiese  eksternalisering van blaam vir die toestand van die Afrikaan, asook volslae  onkunde oor die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar is wel ander nasies wat  hulself nie juis steur aan die linkses se nul-sommistasting nie. Singapoer was  ook \u2018n Britse kolonie, wat ook wreed deur die Japannese beset is tydens die  veertigerjare, maar vandag doen sy leerlinge internasionaal die heel beste in wiskunde, en is hy onder die rykste lande op aarde. Beide Malema en Vice  is egter te bang om eerlik met hulself te wees en te soek vir die ware  verklaring vir die vergelykende gebrek aan prestasie van Afrikane. Dis veel  geriefliker om die mitiese bose witman te blameer, en om die leuen te verkwansel  dat elke suksesvolle blanke op pad boontoe op &#8216;n reeks swartes se koppe getrap het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die feit van die  saak is dat die Europese setlaars vanaf 1652 \u2018n streek aangetref het waarvan die  inwoners in \u2018n pre-geletterde, pre-beskaafde toestand verkeer het. Die feit dat  die swart stamme en Koisan-inwoners op 5 April 1652 nie kon lees of skryf nie,  was net so min die Europe\u00ebrs se skuld as wat die voortgesette agterlikheid van  Afrika en Afrikane in 2011 die Afrikaner se skuld is.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/brands\/manufacturer\/lucesolara\">LuceSolara<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sogenaamde blanke skuld maak deesdae weer opslae. Julius Malema beweer byvoorbeeld dat blankes misdadigers is wat swartes se rykdom gesteel het. Laasgenoemde sluit vermoedelik die edelmetale van die Bosveldkompleks in, waarvan Malema so graag die myne wil nasionaliseer. Daardie einste skatkis van edelmetale waaroor Malema se voorsate vir eeue lank in gatrieme rondgehardloop het, sonder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10652","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10652","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10652"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10652\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10652"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10652"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10652"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}