{"id":10633,"date":"2011-07-03T18:01:02","date_gmt":"2011-07-03T18:01:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10633"},"modified":"2011-07-03T18:01:02","modified_gmt":"2011-07-03T18:01:02","slug":"belangrike-verwikkelings-op-uiterstes-van-die-middellandse-see","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10633","title":{"rendered":"Belangrike verwikkelings op uiterstes van die Middellandse See"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In Marokko het \u2018n oorweldigende meerderheid \u2013 amptelik in elk geval te midde van baie bewerings van stemmekokery \u2013 gestem vir grondwetlike hervormings. Koning Mohammed, \u2018n uitvoerende koning, het die referendum uitgeroep skynbaar om die grondwet te wysig om sy eie magte ten koste van die regering in te perk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skeptici meen egter die koning het in die proses vir homself steeds baie magte gereserveer, onder andere as regeringshoof, en dat dit \u2018n beredderingspoging is te midde van die Arabiese domino-revolusie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander Arabiese outokrate en despote kan dalk \u2018n bietjie kers kom opsteek oor die Marokkaanse voorbeeld in \u2018n poging om hul basse met \u2018n voorsorgmaatre\u00ebl te red. .<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hoe hou dit verband met iets aan die heel ander kant van die Middellandse See \u2013 drie sleutelooreenkomtes wat tussen Serwi\u00eb en Kosovo gesluit is?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit handel oor die referendum in Marrokaans-besette Wes-Sahara wat na jare nog nie gehou is nie. Marokko klou soos \u2018n neet aan die Wes-Sahara, al verbeur hy onder meer lidmaatskap van die Afrika-Unie daaroor. In die jongste verlede plaas Marokko die moontlikheid van \u2018n selfregerende Wes-Sahara as \u2018n Marokkaanse streekregering as referendumopsie. Di\u00e9 gedagte word deur \u2018n hele paar invloedryke lande gesteun.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die Polisariofront is dit egter \u2018n tameletjie. Wie mag stem? \u2013 byvoorbeeld die Marokkane wat hulle sedert die besetting daar gevestig het \u2013 kan die Polisario se magsbasis verteer. Marokko se bevolking is veel groter as di\u00e9 van Wes-Sahara, waarvan baie boonop in lande soos Algeri\u00eb as vlugtelinge woon. Die getal Marokkaanse soldate wat die \u201cwoestynmuur\u201d (\u2018n wal van sand en grond wat Marokko bymekaar geskraap het om Wes-Sahara de facto tussen die Marokkaans-bestte deel en die gebied waar Polisario regeer te verdeel, is byvoorbeeld volgens sommige bronne twee keer so veel soos die ganse Wes-Sahara-bevolking.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net so weier Serwi\u00eb om Kosovo se onafhanklikheid te erken. Kosovo word deur \u2018n meerderheid hoofsaaklik Moslem-Albanese bewoon, met \u2018n minderheid Serwi\u00ebrs. Kosovo het in 2008 eensydig onafhanklik geword, maar di\u00e9 status is intussen deur die Internasionale Geregshof grootliks gekondoneer, met die VSA en die meerderheid EU-lidlande onder die 76 lande wat Kosovo se onafhanklikheid erken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Serwi\u00eb hoop om later vanjaar by die Europese Unie aan te sluit, en met die Unie se voorvereiste van die selfsbeskikkingsregte van minderhede (Baskiese en Kataloniese selfbeskikking was voorvereistes vir Spaanse lidmaatskap van die Unie), kan \u2018n hardekoejawel-houding van Serwi\u00eb sy kanse vir lidmaatskap nie goed doen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Serwi\u00eb se inskiklikheid om \u2018n akkoord aan te gaan met \u2018n land wat hy nie erken nie, hou baie met pragmatisme verband. Onderliggend is \u2018n strewe om die lot van die Serwiese minderheid in Albani\u00eb te verbeter. Die drie ooreenkomste hou verband met bevolkingsmobiliteit, toegang tot registers en wedersydse erkenning van kwalifikasies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Soortgelyke verwikkeling vind tussen China en Taiwan plaas, wat mekaar se onafhanklikheid ook nie erken nie. In die jongste verloop word na instemming van China en Taiwan, ook individuele Chinese toeriste in Taiwan toegelaat. Voorheen was dit net gekontroleerde groepe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marokko, en aanvanklik Mauritani\u00eb het die ou Spaans-Sahara in die sewentigerjare beset na die Spaanse owerheid onttrek het. Spanje se amptelike standpunt is dat hy die administrasie van sy eertydse kolonie aan Marokko en Mauritani\u00eb, en nie die soewereiniteit nie, oorgedra het. Toe die Polisariofront te veel raak vir Mauritani\u00eb, wat self politieke onstabiliteit en \u2018n staatsgreep beleef het, het Marokko ook die suidelike deel van Wes-Sahara beset.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Polisariofront is egter deur die destydse Organisasie vir Afrika-eenheid en later die AU, as wettige verteenwoordigende owerheid van die Saharawi-republiek erken. Marokko het sy lidmaatskap verloor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die mees tragiese oorlo\u00eb het tussen Marokko en die Polisariofront uitgebreek. Afgesien van baie lewensverlies, het die oorlog ook so lank aangesleep dat Marokkaanse soldate wat gevange geneem is voor \u2018n kind gebore is, later in gevangenskap moes verneem hulle het intussen oupas van di\u00e9 kinders se kinders geword.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen 1991 was onderhandelings danksy internasionale bemiddeling vol op dreef, met \u2018n referendum oor die toekoms van die besette gebied die groot kwessie. Marokko het strykdeur kop uitgetrek, sodat die sewende rondte samesprekings onlangs gehou is. Marokko se houding plaas groot druk op die moratorium van gewapende vyandelikhede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marokko maak daarop aanspraak dat hy gewoon gebied waaroor dit aanvanklik regeer het, teruggeneem het. Die kaart wat hiervoor gebruik word, sluit egter ook groot gebiede van ander buurlande in, en daarom is daar \u2018n pragmatiese skeptisisme teenoor hierdie skynbare Marokkaanse imperialisme.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AU se statuut dat koloniale grense in Afrika onskendbaar is, word as regverdiging vir toe ore vir Marokkaanse aansprake gebruik. Tog raak die voorbeelde waar afgewyk word algaande meer. Die jongste is die komende afskeiding van Suid-Soedan. Enkele jare gelede het Eritrea ook van Ethiopi\u00eb afgeskei, en is Walvisbaai aan Namibi\u00eb gegee. Die omgekeerde het ook al gebeur \u2013 Frans- en Brits-Kamoerien het verenig en so ook &nbsp;Brits- en Italiaans-Somali\u00eb \u2013 maar waar min of meer die voormalige Italiaans-Somali\u00eb nou al \u2018n geruime tyd as de facto-land, Punt, min of meer sy eie potjie krap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop is die geskiedenis ook nie heeltemal so aan die kant van Marokko nie. Sedert die onttrekking van die Romeinse besetters het die gebied wat vandag as Marokko bekend staan, selde \u2018n Sultan opgelewer wat beheer oor die hele huidige Marokko kon uitoefen, laat staan nog buurgebiede. Veral van die sterker Berberstamme het \u2018n regering oor die hele gebied onmoontlik gemaak, en by geleentheid het \u2018n Berberstam selfs Marokko verower en die stamhoof die sultan geword.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was juis ook die sultan se onvermo\u00eb om oor sy hele land gesag uit te oefen wat daartoe gelei het dat Frankryk effektief versoek is om die gebied as protektoraat aan te neem. Marokko was egter nie toe \u2018n enkele staat nie, met Spanje wat die Noorde beheer het, en wat later daartoe leie het dat Tangier lank \u2018n spesiale status beleef het voor dit in 1956 weer formeel deel van Marokko geword het. Vandag nog, met die steun van die plaaslike bevolking, behou Spanje soewereiniteit oor twee enklawes aan die Marokkaanse kus, Ceuta en Melilla.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen di\u00e9 agtergrond is Marokko se aanspraak op die Wes-Sahara maar vaal. Tog is die Marokkaanse bevolking oor die algemeen so deur regeringspropaganda be\u00efnvloed dat die meerderheid Marokkane die anneksasie steun, selfs al sou Wes-Sahara nie besonder fosfaatryk gewees het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die onlangse groot omstrede internasionale jeugberaad wat in Suid-Afrika plaasgevind het, het die afgevaardigdes van Marokko en Wes-Sahara selfs handgemeen geraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe vir lidmaatskap van die AU, be\u00efnvloed Marokko se voortgesette besetting van Wes-Sahara sy internasionale posisie maar min. Marokko is dikwels gasheer van vergaderings van die Arabiese Bond waarvan dit \u2018n stigterslid was. Toe tou getrek is oor die gasheerskap van die 2010-Fifa-sokkertoernooi wat Suid-Afrika aangebied het, is Marokko se bod aanvanklik deur baie Afrikalande gesteun.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En natuurlik koop die internasionale mark \u2013 veral die VSA, die fosfaat wat in Wes-Sahara gemyn word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selsbeskikkingsreg word te ene male dikwels deur pragmatiese faktore eer as beginsels en die Internasionale Reg bepaal.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/kompressory_porshnevye_meditsinskie_bezmaslyanye\/\">\u0431\u0435\u0437\u043c\u0430\u0441\u043b\u044f\u043d\u044b\u0439 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Marokko het \u2018n oorweldigende meerderheid \u2013 amptelik in elk geval te midde van baie bewerings van stemmekokery \u2013 gestem vir grondwetlike hervormings. Koning Mohammed, \u2018n uitvoerende koning, het die referendum uitgeroep skynbaar om die grondwet te wysig om sy eie magte ten koste van die regering in te perk. Skeptici meen egter die koning [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-10633","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10633","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10633"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10633\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10633"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10633"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10633"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}