{"id":10624,"date":"2011-07-01T14:18:08","date_gmt":"2011-07-01T14:18:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10624"},"modified":"2011-07-01T14:18:08","modified_gmt":"2011-07-01T14:18:08","slug":"erge-sa-risikos-wat-ons-moet-bestuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10624","title":{"rendered":"Erge SA risiko&#8217;s wat ons moet bestuur"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit word toenemend duidelik dat waarskuwings oor die toekoms van die land wat  destyds deur veral Naspers se NSA-juigkommando as synde rassisties en  verkramp afgemaak is, \u2018n baie goeie kans staan om te realiseer. Die dag as die  einste Naspers-juigkommando begin kriewelrig raak, en neerslagtige rubrieke oor  die toenemend dreigende situasie alledaags word in die hoofstroommedia, kan  jy seker wees \u2018n Zimbabwiese scenario vir Suid-Afrika word by die dag meer  waarskynlik, met gepaardgaande anargie en ekonomiese ineenstorting. Dit is nie net  Malema se uitlatings in hierdie verband wat onheilspellend is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Faksies binne die Cosatu-vakverbond het ook op sy pas afgelope kongres hul steun begin uitspreek vir nasionalisering. Daar is ongetwyfeld senior ANC-figure wat bankvas agter Malema staan. Nasionalisering en grondroof sal slegs een uitkoms h\u00ea, en dit is om Zimbabwe na \u2018n kinderkranspiekniek te laat lyk. \u2018n Gereelde kommentator op die Praagforum se gespreksblad, ene Caveat Emptor, maak dus die baie geldige punt dat hiperinflasie \u2018n baie werklike en skrikwekkende moontlikheid is vir Suid-Afrika. So ook skryf RW Johnson op die blad <a href=\"http:\/\/politicsweb.co.za\/\" target=\"_blank\">Politicsweb.co.za<\/a> oor wat die gevolge van nasionalisering vir Suid-Afrika kan inhou. Ek haal uit Johnson se rubriek aan:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c<em>The result would undoubtedly be the loss of many millions of jobs and a huge crash in asset values across every sector, leading to the mass immiseration of the country. Such phenomena would doubtless be accompanied by massively destructive social unrest, crime waves, xenophobic violence and other vicious side effects. This would destroy the social basis of democracy so that if the ANC was determined to remain in power, it would probably have to rule by terror.<\/em>\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag wat elke denkende blanke snags wakker hoort te hou, is hoe om hierdie soort risiko\u2019s te bestuur. Hoe gemaak as jou vyfmiljoenrand-pensioen presies $1.39 werd word, of as die 17-jarige sogenaamde \u201cwar veterans\u201d by jou voorstedelike voordeur opdaag en jou laat verstaan jy het een uur om jou huis te ontruim? Die gelukkiges; die rykes en gekwalifiseerdes kan uitwyk na die buiteland, maar die meerderheid Afrikaners kan nie emigreer nie. Om jou bloot te verbeel dit gaan jou help om vir die DA in die sinnelose rassesensusse wat verkiesings is te stem, is om in \u2018n gevaarlike staat van ontkenning te leef. Om te dink jy kan \u2018n komitee verkies wat op \u2018n volkstaat gaan aandring, en dat sodanige volkstaat gou genoeg gaan realiseer, is eweneens nie tans \u2018n realistiese verwagting nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Volkstaat sal terloops ook nie die probleem van die blankes buite sy gebied oplos nie, en veral nie die plaasboere s\u2019n nie. Die plaasboere is die dun groen lyn wat in die voorste linies staan tussen ons en \u2018n Zimbabwiese nagmerrie, en dit is dus nie om dowe neute dat daar toenemend druk is vanuit alle oorde, ook vanuit die sosialistiese DA by monde van Lindiwe Mazibuko, om die boere etnies van hul grond te reinig nie. Die dag as die DA en ANC se programme van grondroof beter bestuur word, soos wat me Mazibuko in die parlement gedreig het die DA sal maak, is die dag dat Zimbabwe hier by ons \u2018n realiteit word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na my mening het ons dus minder as 5 jaar oor om dringend planne te smee, want sou Zuma die ANC-kongres in 2012 oorleef, het ons 5 jaar oor van Zuma se onbekwame maar relatief goedgesinde bewind oor. Relatief goedgesind, want sy opvolger, \u2018n kandidaat wat vir die ANCYL aanvaarbaar is, gaan \u2018n perd van heeltemal \u2018n ander kleur wees. Soos vele ander ook al gehoop het, sou dit goed wees as ons ons verskille opsy kon skuif en vergeet van nimmereindigende en doellose argumente oor bysake soos die benaming van Afrikaner teenoor Boer of voortydige stryery oor simbole en vlae. Ek sou reken daar is \u2018n hele aantal aksies wat nou dringend nodig is. Hulle sluit in:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<ol>\n<li>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maak die w\u00eareld nou reeds bewus van wat vir Suid-Afrika en Afrikaners spesifiek mag voorl\u00ea. Gebruik die media en bestaande blanke emigrante hiervoor.<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div style=\"text-align: justify;\">Vestig verhoudings met goedgesinde, buitelandse blankes soos die Amren-beweging asook die bestaande emigrante, met die oog op \u2018n moontlike grootskeepse gedwonge vlugtelingstroom uit Suid-Afrika. Die VSA het byvoorbeeld heelwat Vi\u00ebtnamese vlugteling n\u00e1 1973 ingeneem.<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div style=\"text-align: justify;\">As Rwanda se volksmoord m\u00f4re sou losbars, met wie praat die Navo-bevelvoerders? Wie is diegene wat namens Afrikaners praat? Nomineer of verkies dus woordvoerders vir die volk, wat Afrikaners se saak by die VN kan gaan stel, of wat namens Afrikaners met wie ook al kan onderhandel om politieke asiel, of dan vir \u2018n Darfoer-tipe territoriale skikking. Tans is dit amper by verstek verdeel tussen Afriforum, Pieter Mulder en die VF+, maar daar is niemand wat slegs vir di\u00e9 doel verkies is nie. Ek meen terloops dat die verkiesing van verteenwoordigers van die bre\u00eb Afrikanervolk eintlik presies was wat die VVK moes doen, maar nou ja \u2013 \u2018n bepaalde godsdienstige ideologie het realisme opnuut getroef en gesorg dat die VVK homself beperk het tot wat Johann Wingard die Super-Boere noem.<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div style=\"text-align: justify;\">Vestig \u2018n noodplan om die Rwandese scenario te vermy. Die media en linkses het gespot met die Suidlanders se ontruimingsplan, maar \u2018n volksmoord is geensins uitgesluit nie. As dit in Joegoe-Slawi\u00eb kon plaasvind, kan dit hier ook gebeur. Organiseer die volk op streeksvlak en dink milit\u00eare scenario\u2019s en strategie\u00eb uit om dit teen te werk.<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div style=\"text-align: justify;\">Probeer om die ekonomiese en geldelike risiko\u2019s te bestuur. Die dag as die Zimbabwiese hel op ons toesak, gaan jou rande minder werd word as toiletpapier, en laasgenoemde sal in ieder geval nie in die winkels beskikbaar wees nie. Daar word in linkse en liberale kringe vreeslik gespot met die blikkieskos-opgaardery voor 1994, maar gee kans: Die opgaardery was waarskynlik bloot 20 jaar te gou. Wat ek meen nodig is, is \u2018n soort buitelandse verskansingsfonds vir Afrikaners, wat uitsluitlik in lande soos China bel\u00ea, en wat sal onderneem om sy lede in dollars, yuan of euro\u2019s uit te betaal vir wanneer die wiele in Suid-Afrika afkom.<\/div>\n<\/li>\n<\/ol>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is egter steeds skepties of sestig komitees of honderde eindelose vergaderings juis sal help om bogenoemde en ander aksies op die been te bring. Dit is waarskynlik oor aan individue om die stang vas te byt, en vir individuele kundiges op byvoorbeeld die gebied van finansies en beveiliging, om die inisiatief te neem.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/razemy_kabeli_perekhodniki\/\">\u0434\u043b\u044f \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit word toenemend duidelik dat waarskuwings oor die toekoms van die land wat destyds deur veral Naspers se NSA-juigkommando as synde rassisties en verkramp afgemaak is, \u2018n baie goeie kans staan om te realiseer. Die dag as die einste Naspers-juigkommando begin kriewelrig raak, en neerslagtige rubrieke oor die toenemend dreigende situasie alledaags word in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10624","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10624","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10624"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10624\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}