{"id":10600,"date":"2011-06-28T05:37:57","date_gmt":"2011-06-28T05:37:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10600"},"modified":"2011-06-28T05:37:57","modified_gmt":"2011-06-28T05:37:57","slug":"veel-te-lees-in-onafhanklike-vlaamse-buitelandse-beleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10600","title":{"rendered":"Veel te lees in onafhanklike Vlaamse buitelandse beleid?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die 'Vlaamse Leeuw', nasionale vlag van Vlaandere\" alt=\"Vlaamse Leeuw\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/vlaamse_leeuw.jpg\" width=\"251\" \/>Die Vlaamse koerant, <em>De Standaard<\/em>, maak groot gewag van die Vlaamse Minister-president (premier), Kris Peeters se besluit om regstreeks amptelik met buitelandse regeringsleiers te skakel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peeters maak dit duidelik dat die tyd verby is dat deelstate die posisie van tweede of selfs derde regeringsvlak inneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter&nbsp; agtergrond: Belgi\u00eb het geleidelik meer en meer die karakter van \u2018n federale staat aangeneem, en sedert 1993 verklaar die grondwet self Belgi\u00eb tot federale staat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit wat Peeters doen, werklik so uit pas met normale federale praktyke?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit hang baie af van hoe \u2018n federasie tot stand gekom het, en of die deelstate oorspronklike, of gedelegeerde gesag het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In state soos die VSA en Australi\u00eb \u2013 en in \u2018n mate Switserland \u2013 waar die federasie die gevolg was van eens onafhanklike state wat vir \u2018n verskeidenheid redes \u2018n nuwe federale staat vorm, het die deelstate gewoonlik steeds oorspronklike gesag. Hulle dra bloot sekere funksies, soos verdediging en buitelandse sake aan die nuwe federale regering op, maar behou hul soewereiniteit \u2013 oorspronklike gesag &#8211; oor ander sake soos onderwys en justisie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, in elk geval, is die teorie. \u2018n Teenswoordige manifestasie is hoe die lidlande van die Europese Unie nou gesag na die Europese parlement \u201copwentel.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Belgi\u00eb was egter eers \u2018n veel meer unit\u00eare staat na dit in 1830 as onafhanklike staat tot stand gekom het. Vlaandere het egter reeds lank voor federasievorming sekere buitelandse betrekkinge gehandhaaf. In die Vrystaat het die Vlaamse regering byvoorbeeld die Sentrum vir Burgerskapontwikkeling en Konflikbeslegting gevorm en gevestig, en di\u00e9 befondsing is eers opgeskort toe \u2018n latere Vrystaatse Premier die sentrum ontbind het en die finansiering in die Vrystaatse Ontwikkelingsplan wou laat opgaan. Di\u00e9 regstreekse buitelandse skakeling het heel dikwels, maar nie altyd nie, kulturele wortels gehad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou maak Peeters dit duidelik dat \u2018n gemeenskaplike kultuurbelang geen oorweging is nie. Sy eerste afspraak op 4 Julie is wel met die Nederlandse Premier, Mark Rutte. Hoewel dit ontken word, kan aanvaar word dat die Nederlandse besluite \u2013 tot Vlaandere se ontsteltenis \u2013 oor die Hedwigepolder op die agenda sal wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politiek eerder as kultuur, blyk egter nog duideliker uit Peeters se beplande afspraak met die Katalaanse leiers \u2013 weliswaar na hy eers met die Luxemburgse premier \u2018n afspraak nagekom het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peeters kan kwalik \u2018n duideliker boodskap rig oor die simboliek van sy voorgenome afspraak met die Katalaanse leiers \u2013 trouens, hy kon sy standpunt slegs duideliker gemaak het deur \u2018n afspraak met die Baskiese leiers in die vooruitsig te stel. Kataloni\u00eb, \u2018n nie-Spaanse gedeelte van Spanje, het soos die Baske beperkte selfregering gekry. Vlaandere en Kataloni\u00eb deel dus in \u2018n mate \u2018n outonomiestatus.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peeters se reaksie op die vraag of sy, Peeters se optrede in \u2018n tyd van hoogspanning (Belgi\u00eb kon \u2018n jaar na die verkiesing nog geen vaste federale regering vorm nie) nie die vlakke van senuagtigheid opjaag nie is beslis beantwoord: \u201cIk zou niet weten waarom. Ik ga geen gesprekken organiseren over bevoegdheden die ik niet heb. Ik wil een toegevoegde waarde geven. Complementair met het federale. Het zal ook stap voor stap gebeuren. Ik ga niets overhaasten.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maar miskien tog ietwat haastiger as wat hy beoog. Peeters is lid van die Christen-Demokrate in Vlaandere, \u2018n party wat tot onlangs nog oorheersend in die regerende koalisies van Vlaandere en Belgi\u00eb was. Op die vlak van die Belgiese federale regering funksioneer \u2018n Christen-demokraat, Yves Leterme, wel as instaanpremier, maar het nou veels te min steun om sonder die Vlaamse nasionalistiese party, N-VA van Bart de Wever, \u2018n nasionale regering te kan vorm. De Wever se party is sterk genoeg om te keer dat die Waalse (Franstalige) sosialisteparty die nasionale regering oorneem. Kortom, die politieke sentimente in Vlaandere waai na onafhanklikheid, en as die Christen-demokrate hul relevansie in Vlaamse politiek wil behou, sal hulle meer as net simboliese seine moet uitstuur.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">games to<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62483-pochemu-stoit-hodit-v-priemnye-harkovskih-deputatov-realnaya-istoriya.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vlaamse koerant, De Standaard, maak groot gewag van die Vlaamse Minister-president (premier), Kris Peeters se besluit om regstreeks amptelik met buitelandse regeringsleiers te skakel. Peeters maak dit duidelik dat die tyd verby is dat deelstate die posisie van tweede of selfs derde regeringsvlak inneem. Ter&nbsp; agtergrond: Belgi\u00eb het geleidelik meer en meer die karakter [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10599,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-10600","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10600","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10600"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10600\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10599"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10600"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10600"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10600"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}