{"id":10598,"date":"2011-06-28T05:05:46","date_gmt":"2011-06-28T05:05:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10598"},"modified":"2011-06-28T05:05:46","modified_gmt":"2011-06-28T05:05:46","slug":"ope-brief-aan-naspers-en-media24","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10598","title":{"rendered":"Ope brief aan Naspers en Media24"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die direkteure van Naspers,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die direkteure van Media 24,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redakteur van Beeld,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redakteur van Volksblad,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redakteur van Rapport.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">I\/s: Die verval van &#8216;n etiese gedragskode binne die media <\/span><\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek rig die volgende skrywe aan u om duidelikheid te probeer kry oor \u2019n paar opvallende aspekte binne die spesifieke koerante, soos verteenwoordig deur hulle redakteurs.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Vryheid van spraak <\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mediagroepe, joernaliste en die man op straat is almal bekommerd oor die nuwe inligtingswet. Die beheer van inligting is, soos ons almal weet, \u2019n uiters gevaarlike speletjie. Daarom is dit juis ironies dat terwyl u aan die een kant baklei vir die behoud van vryheid van spraak, u aan die ander kant vryheid van spraak belemmer. Elke keer as ek \u2019n kommentaar plaas op Rapport se webwerf verskyn daar \u2019n kennisgewing op my rekenaar wat lees my kommentaar word gemodereer. U is uiters ontsteld oor die idee dat die regering inligting wil modereer, maar tog beoefen u dieselfde praktyk oop en bloot!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By omtrent elke artikel in hierdie koerante is \u2019n funksie waar lesers, soos ek, kommentare kan lewer. Die slag wanneer dit nie gemodereer word nie, is dit \u2019n wonderlike geleentheid om die waarde van vryheid van spraak te illustreer. Die vraag wat ek in verband hiermee aan u wil stel, is hoekom sekere kontroversi\u00eble artikels nie oor hierdie funksie beskik nie? Dit kan nie as gevolg van finansi\u00eble redes wees nie, want \u2019n debat wat volg in hierdie kommentaar-funksie genereer trefslae vir julle webwerf wat weer gebruik word om advertensiekostes te bepaal. Dit is dus teen finansi\u00eble koste dat julle nie vryheid van spraak hier toelaat nie&#8230; Hoekom dan nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Skeefgetrekte perspektief <\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek maak \u2019n punt daarvan om die kommentare te bestudeer en dit is duidelik dat u lesers nie saamstem met van die sentimente wat deur veral rubriekskrywers ten toon gestel word nie. Dit is vreemd dat \u2019n koerant ten spyte van hierdie skeefgetrekte beeld nog steeds kan voortgaan om hoofsaaklik een tipe sentiment te verteenwoordig terwyl daar weke verbygaan waar ons as lesers nie \u2019n enkele insetsel van \u2019n behoudende Afrikaner te sien kry nie. Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat julle nie die behoudende Afrikaner se bestaan erken nie, terwyl die kommentare oorheers word deur hierdie einste sentiment. Deur net een sentiment (wat male sonder tal deur my as leser as anti-Afrikaner ervaar word) te huisves, is mos nie \u2019n objektiewe of realistiese verteenwoordiging nie? Kyk mens na die toon van sommige rubrieke is dit duidelik dat die Afrikaner nie meer welkom is by die koerante waarvan hulle die mark is nie. Die oomblik as ons net sekere idees, net sekere kommentare, net sekere sentimente aanbied as verantwoordelike media, is ons besig met propaganda. Is u besig met propaganda?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die week van 20 tot 26 Junie was koerante oorlopens toe vol met berigte rakende die besoeke van Oprah Winfrey en Michelle Obama. In dieselfde week het \u2019n onafhanklike internasionale organisasie met die naam \u201cGenocide Watch\u201d (Genocidewatch.org) aangetoon dat Suid-Afrika opgeskuif gaan word na vlak 6 uit \u2019n moontlike 8 vlakke van volksmoord. Voor u dink dit is weer \u2019n \u201cregse\u201d belang, wys ek u graag daarop dat daar twee groepe is waaroor die organisasie besorgd is, by name die blanke bevolking van ongeveer 4 miljoen sowel as die swart immigrante van ongeveer 10 miljoen. Is dit bloot swak joernalistiek dat daar nie \u2019n berig geplaas word dat die groter deel van u lesers alreeds 6 uit 8 stappe gevorder is in terme van volslae volksmoord nie, of skuil daar ander motiewe agter?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ironies dat \u2019n multimiljoen- (of is dit multibiljoen-) randorganisasie soos u miljoene rande se sensasie genereer uit vier jong mans wat \u2019n video maak oor hulle frustrasie met gedwonge integrasie (wat myns insiens ook \u2019n tipe van vryheid van spraak verteenwoordig) terwyl die direksies van Naspers en Media 24 asook die topbestuur van Naspers oorheers word deur wit mans. Berig na berig is geskryf oor die probleem met transformasie na aanleiding van die Reitz-debakel, dog blyk dit u direksie is baie ver van verteenwoordigend af? Inteendeel, ek sien slegs een swart man op die direksie&#8230; U hamer dus op hierdie arme vier seuns, terwyl u self skuldig is aan \u2019n onwilligheid om te transformeer? Miskien as u self voel watter impak dit op \u2019n individu en huisgesin het wanneer iemand op grond van sy wit velkleur afgedank word, sal u \u2019n beter begrip h\u00ea vir die frustrasie wat duisende lesers elke week op u forums openbaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">As leser is ek moeg vir hierdie subtiele subjektiwiteit wat in ons kele afgeforseer word. Die grootste gevaar vir vryheid van spraak is nie die regering nie, maar die media wat eenvoudig weier om sekere sienings en opinies te plaas in \u2019n land waar ons veronderstel is om gelyke regte te h\u00ea. As julle dan \u2019n mondstuk wil wees vir een of ander sentiment, wees ten minste net eerlik daaroor of as julle waarlik verantwoordelike media wil verteenwoordig, doen dit so deur almal se kant van die saak te erken!<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0430\u044f \u043e\u0434\u0435\u0436\u0434\u0430 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die direkteure van Naspers, Die direkteure van Media 24, Die redakteur van Beeld, Die redakteur van Volksblad, Die redakteur van Rapport. I\/s: Die verval van &#8216;n etiese gedragskode binne die media Ek rig die volgende skrywe aan u om duidelikheid te probeer kry oor \u2019n paar opvallende aspekte binne die spesifieke koerante, soos verteenwoordig deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10598","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10598","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10598"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10598\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10598"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10598"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10598"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}