{"id":10572,"date":"2011-06-24T05:03:01","date_gmt":"2011-06-24T05:03:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10572"},"modified":"2011-06-24T05:03:01","modified_gmt":"2011-06-24T05:03:01","slug":"die-weg-tot-ons-vryheidvolkstaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10572","title":{"rendered":"Die weg tot ons vryheid\/volkstaat"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em>&#8220;&#8230;en ek het soos die inwoners gemaak, wat na sy donkie soek terwyl hy op die dier se rug sit.&#8221;&nbsp;Don Quixote&nbsp;(deel. II, hoofstuk LVII)<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie ookal  die donkie\/ swart massa in beweging bring het die hefboom van mag in Suid Afrika in sy hand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Harry het die swart massa in die kapitalistiese era ingedwing met sy hoed-en-hondbelastinglat. Maar toe kom die swart elite in opstand omdat hulle geleer het dat ideologie die weg tot mag is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Hendrik het toe die swart massa in die moderne era ingelyf met industrialisering, verstedeliking en opvoeding. Maar toe kom die swart middelklas in opstand want hulle het geleer dat kennis die weg tot mag is.&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Nelson kom toe daarna en verkoop aan die swart massa deur sy &#8216;People&#8217;s War&#8217; die huidige swart post-koloniale diktatorskap. Maar nou kom die laerklas in opstand want hulle het geleer dat geld die weg tot mag is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nou sit ons met die parmantige loot genaamd Malema&#8230;..wat die donkie se aandag getrek het met opsigtelike rykdom en hom oortuig het dat die pad daarheen met rassenasionalisme geteer is. En hy het reg, daarom is hy die magtigste man in Suid-Afrika se politiek, juis omdat hy besef het wat die donkie aan die beweeg gekry het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar selfs die Biko-soort swart intelektueel , soos die wit intelektueel, weet dat Malema se agenda beperk is tot sy eie selfverryking en die van sy nuwe generasie Sexwales, Motsepes en Ramaphosas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou polities-strategiese wysheid, &#8216;die vyand van my vyand is my vriend&#8217;, is juis nou uiters relevant vir die volk se toekoms. Die ANC <a href=\"http:\/\/www.sake24.com\/Menings\/Rubrieke\/ANC-vrees-hierdie-swart-nasionaliste-20110531\">vrees<\/a> die swart nationaliste in Suid-Afrika.&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 artikel kom die essensie van swart bewussyn perfek na vore, by monde van die Biko-denker Andile Mngxitama, &#8216;n uitstekende jong rubriekskrywer van <em>City Press<\/em>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek haal aan uit die artikel: &#8220;Nie-rassigheid is nie in staat om die swart vraagstuk en swart bevryding op te los nie.&#8221; Hy s\u00ea Biko het swart bewussyn aan die hand van &#8216;n Hegeliaans dialektiese model ontleed \u2013 &#8216;n tese, antitese en &#8216;n oplossing in die vorm van &#8216;n sintese.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die probleem met liberale wit mense is dat hulle apartheid as die probleem beskou. Wanneer apartheid afgetakel is, volg integrasie. Dis die sintese, die oplossing vir die apartheidsprobleem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Biko het harde woorde hiervoor gehad. Hy het dit witmens-integrasie genoem wat gegrond is op die wit waardes van uitbuiting \u2013 integrasie waarin swartes mekaar as traplere gebruik om boontoe te klim om die wit waardes te bereik,&#8221; het Mngxitama ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe het hy sy eerste klap ingekry na die ANC-beweging. &#8220;Dit laat my dink aan comrades wat hulle besig hou met soesji eet en di\u00e9 soort dinge, en horlosies koop wat meer geld kos as om &#8216;n hele township te bou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit laat my dink aan kommuniste wat karre bestel van R1,1 miljoen \u2013 nie net een nie, maar klaarblyklik wil hulle soms twee sulke karre h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy praat natuurlik van dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP en minister van ho\u00ebr onderwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die belangrikste ding is die waardestelsel. Swartes wil ge\u00efntegreer word en al hierdie dinge h\u00ea. Biko het ges\u00ea ons gaan nie ver kom daarmee nie. Die werklike tese is wit rassisme, kragtige wit rassisme. Die antitese is kragtige swart solidariteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die sintese, die oplossing, is die uitslag van &#8216;n enorme stryd tussen die wit rassistiese blok en die swart solidariteit. Jy kry nie geregtigheid sonder &#8216;n groot stryd wat eindig in die belang van die onderdruktes wat swart is nie,&#8221; het hy ges\u00ea. Dit kan moeilik anders vertolk word as oorlogspraatjies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons moet duidelik wees hieroor. Jy kan nie versoening h\u00ea sonder geregtigheid soos in hierdie land gebeur nie. Daar is geen rekenpligtigheid nie \u2013 geen historiese herstel en vergoeding nie. Julle verklaar dat ons &#8216;n re\u00ebnboognasie is, maar Biko het ges\u00ea, nee, ons kan eers een of ander vorm van balans kry wanneer hierdie stryd verby is. Hy (Biko) het dit die ware mensdom genoem,&#8221; aldus Mngxitama.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook sy eie siening oor rassisme. Dis ingestel uit ekonomiese oorwegings. Dit bestaan uit die ontneem van grond, die ontneem van werk en indiensneming &#8220;en veral die ontneming van die Afrika-wese, die vernietiging van die Afrika-wese. Ons as swartes is vandag in die 21ste eeu die onderdane van kolonialisme en apartheid. Ons is geskep deur hierdie stelsel van ontneming.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan Vavi s\u00ea hy: &#8220;Ons wil nie 8% h\u00ea nie. Ons wil die hele Pick n Pay h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC is die sondaar omdat hy bloot rassisme volgens Mngxitama se definisie daarvan laat voortduur. Van Alexandra tot elke ander township in die land het bitter min of feitlik niks verbeter sedert die ANC aan bewind gekom het nie. Die ANC se grondbeleid het in 17 jaar 7% van die land se grond herverdeel. &#8220;Dit gaan honderd jaar duur om 30% van die grond te herverdeel. Terselfdertyd is sowat &#8216;n miljoen mense van landbougrond afgesit \u2013 mense met stemreg,&#8221; s\u00ea hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis &#8216;n rassistiese staat waarin ons leef. Wit mense het geen weerstand gebied teen transformasie nie \u2013 dis ons eie openbare verteenwoordigers wat hierdie rassisme laat voortbestaan,&#8221; s\u00ea hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is daarvan oortuig dat daar &#8216;n tweede popul\u00eare opstand in Suid-Afrika gaan wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Besin dus asseblief baie noukeurig oor die volgende vraag: Wat is die verskil tussen die nasionalisme van die Biko-ondersteuner en die nasionalisme van die Afrikaner? Niks nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide bogenoemde groepe wil in vryheid lewe om hul toekoms te kan leef &#8211; sonder die sweep van die Engelse\/Jode\/Yanks\/Sjinese, ens. En juis omdat ons doelwitte 100% dieselfde is, moet ons &#8216;n alliansie vorm voordat die land in &#8216;n tweede Zimbabwe verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8221;tweede popul\u00eare opstand&#8221; waarvan Mngxitama praat gaan kom&#8230;.of ons dit nou wil h\u00ea of nie!  Selfs Moeletsi Mbeki het dit al lankal besef. In sy uitstekende boek,  <em>The Architects of Poverty<\/em>,  skryf hy dat selfs die &#8221;Minerals-Energy Complex&#8221;, in Suid-Afrika dit al 20 jaar gelede besef het, aldus hulle ekonomiese &#8216;uitvlug&#8217; na die Londense Aandelebeurs.<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Beide Moeletsi en Mngxitama <a href=\"http:\/\/nicborain.wordpress.com\/2009\/07\/13\/architects-of-poverty-book-review\/\">identifiseer<\/a> die geko-opteerde ANC-elite as die &#8216;vyand&#8217; van ware swart bemagtiging en ware  swart vryheid in Suid-Afrika.  &#8221;The primary object of the economic oligarchy during the Codesa II negotiations was to ensure the preservation of the MEC. The <em>quid pro quo<\/em> for representatives of the black upper middle class, the ANC politicians, who agreed to the preservation of the MEC was the creation of BEE.&#8221; &#8230;&#8230;.&#8221; &#8230;.. by creating a small class of unproductive but wealthy black crony capitalists made up of ANC politicians, some retired and others not, who have become strong allies of the economic oligarchy this is, ironically, the caretaker of South Africa&#8217;s deindustrialisation (61)&#8221;<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Moeletsi s\u00ea dat die &#8221;tweede popul\u00eare opstand&#8221; ongeveer teen 2020 sal plaasvind. Ek glo egter dat dit nog voor 2015 gaan wees, juis weens sekere demografiese imperatiewe wat niemand kan wegwens nie! Teen 2016 sal die swart jeug die grootse demografiese kiesersgroep in die land wees &#8211; met &#8216;n werkloosheidssyfer van 70%. En dan gaan Suid-Afrika brand!<\/div>\n<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Almal besef dat bogenoemde &#8216;tweede popul\u00eare opstand&#8221; gaan plaasvind, behalwe die volstruis-kop-in-die-sand Afrikanerleiers\/politici wat al te gedwee agter die nuutste kloon van die &#8221;Minerals-Energy Complex&#8221; aanstap, die DA. En presies laasgenoemde dwaalspoor van die huidige Afrikanerpolitiek gaan die finale spyker in die doodskis van ons volk wees! In kort: ons is tans in &#8216;n alliansie met &#8216;n politieke party, die DA, wat aan die verloorkant gaan wees waneer die &#8221; tweede popul\u00eare opstand&#8221; gaan plaasvind. Dit is &#8216;n feit soos &#8216;n koei!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Alliansie tussen swart en wit nasionalisme is die enigste oplossing uit hierdie verknorsing!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die miljoene swartes kan nie weggewens word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit kan ons ooreenkoms met hulle wees: Ons kry ons volkstaat en hulle kry daai 2,1 triljoen US dollars in minerale onder ons bodem. M.a.w. goeie buurskap, soos in bure wat mekaar help om &#8216;n beter toekoms vir albei te bou. Ons sal hulle help om hulle mense te voed met ons fantastiese boerderye, en selfs hulle genasionaliseerde myne vir hulle winsgewend bestuur deur die 1 miljoen slim boere in die buiteland terug te bring om die de\u00efndustrialisering van ons land om te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So, hoor my lied asseblief mense! Ons moet eenvouding daai Biko-leiers oortuig dat&nbsp;ons in dieselfde boot sit en vir dieselfde hawe mik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand soos Dr. Dan moet eenvoudig iemand soos Moeletsi Mbeki as bemiddelaar gebruik om in gesprek te tree met die Biko-nasionaliste. Ons wil tog immers aan die wenner se kant wees nadat die &#8221; tweede popul\u00eare opstand&#8221; plaasgevind het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter afsluiting: Die donkie is &#8216;n wonderlike ding. Hy sal al jou laste saam met jou dra in vrede, maar hy sal jou ook doodskop as jy hom van sy kos weghou. Sodra die donkie jou volg kan jy hom in enige rigting stuur. Zuma en Trevor vat hom nog steeds na die Queen en Oom Harry toe, soos die afgelope 130 jaar. Malema wil hom Sjina toe vat. Maar ons, soos die Biko-nasionaliste, weet dat Middel-Europa &#8216;n beter bestemming is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogenoemde verantwoordelikheid\/geleentheid l\u00ea nou vierkantig in ons hande, so kom ons benut dit &#8211; want sodra &#8216;n mens die donkie se leisels in jou hande het, luister die w\u00eareld weer na jou!  M.a.w jy kry weer politieke mag&#8230;..want die &#8221;Minerals-Energy Complex&#8221; van einige magsblok sal enige groep ophemel\/ondersteun in Suid-Afrika wat hom daai 2,1 trijoen US$ in minerale rykdom kan besorg.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">games slot casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/news\/luidy_horoda\/234421-v-kharkovskoi-oblasty-novyi-prokuror\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;&#8230;en ek het soos die inwoners gemaak, wat na sy donkie soek terwyl hy op die dier se rug sit.&#8221;&nbsp;Don Quixote&nbsp;(deel. II, hoofstuk LVII) Wie ookal die donkie\/ swart massa in beweging bring het die hefboom van mag in Suid Afrika in sy hand. Oom Harry het die swart massa in die kapitalistiese era ingedwing &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10572\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die weg tot ons vryheid\/volkstaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10572","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10572\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}