{"id":10568,"date":"2011-06-23T06:57:16","date_gmt":"2011-06-23T06:57:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10568"},"modified":"2011-06-23T06:57:16","modified_gmt":"2011-06-23T06:57:16","slug":"tree-aan-is-betrokke-teater-in-die-brecht-styl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10568","title":{"rendered":"&#8216;Tree aan&#8217; is betrokke teater in die Brecht-styl"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"'n Toneel uit 'Tree aan!'\" alt=\"Toneel uit Tree aan\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/tree%20aan_foto_e_meyberg%2027.jpg\" width=\"251\" \/>Terwyl die volk by die stembus al hoe meer liberaal raak deur mev. Zille se DA slaafs te ondersteun, slaan dramaturge, sangers en skrywers &#8216;n ander rigting in. Deon Opperman se jongste musiekspel oor diensplig en die Angolese oorlog is &#8216;n klap in die gesig van politieke korrektheid en is nes sy vorige opvoering <em>Ons vir jou<\/em> onbeskaamd patrioties en pro-Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\"><em>Tree aan<\/em> is &#8216;n opwindende stuk wat nie net die nostalgie oor die dae van troepie-wees aanwakker nie, maar is ook onbeskaamde politieke teater, ietwat in die styl van die beroemde linkse dramaturg Bertolt Brecht. Trouens, ek het &#8216;n klompie jare gelede geskryf dat Suid-Afrika tans sy \u201cWeimar\u201d beleef en dis geen oordrywing nie. Te midde van politieke spanning en dreigemente van kommunistiese revolusie deur grondhervorming en nasionalisering, verset kunstenaars hulself deur aweregse sienings van die verlede. Tydens die twintigerjare van die vorige eeu het Duitse dramaturge en kunstenaars hulself gedurende die sogenaamde Weimar-republiek insgelyks aan modernistiese ekperimente oorgegee terwyl kommuniste en nasionaliste betoog en op straat handgemeen geraak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Diegene wat &#8216;n groot intrige in <em>Tree aan<\/em> verwag, sal moontlik teleurgesteld weggaan. Hoewel een van die karakters op die grens weens die nalatigheid van &#8216;n makker sterf, is dit geen Agatha Christie nie. Waaroor dit eintlik gaan is om die subkultuur van die ou SA Weermag op die verhoog te laat herleef. Hierin slaag <em>Tree aan<\/em> op uitmuntende wyse. Die dialoog is vol kwinkslae en gekruide taal, wat &#8216;n mens terugvoer na die dae van inspeksie en uitmergelende ure op die paradegrond. Deur die invoeging van &#8216;n liberale Engelse student, asook &#8216;n ietwat oorgewig, onbeholpe Joodse troepie, sorg die stuk vir heelwat politieke oomblikke, tipies van betrokke of <em>engag\u00e9<\/em>-teater. Die uiteindelike \u201csaamstaan\u201d teen die vyand op die grens, geskied realisties en laat nie bloot die verlede herleef nie, maar s\u00ea ook vir ons iets oor die hede waar politieke verdeeldheid onder Afrikaners hoogty vier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Opperman vertoon die ou oranje, wit en blou Suid-Afrikaanse vlag voortdurend op die verhoog, asook &#8216;n \u201cSlegs Blankes\u201d-bordjie by die stasie waar die troepe die trein moet haal. Die vlag word  simbool van &#8216;n hele orde \u2013 met die klem op orde \u2013 wat deur revolusie venietig is. Dit hang byna vanselfsprekend daar en as &#8216;n mens dink dat daardie vlag net enkele kilometers van die Staatsteater af by Loftus Versfeld verbied is, verkry dit &#8216;n pikante intertekstuele betetekenis. Ook die \u201cSlegs Blankes\u201d-bordjie  by die stasie word sonder die gewone moralisme en wroeging vertoon ; dit slaan op die bevolking wat moes diensplig doen en veg: blanke Afrikaner, Engelsman en Jood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\"><em>Tree aan<\/em> is veel envoudiger van opset en minder aanskoulik as die briljante <em>Ons vir jou<\/em>. Immers bestaan die \u201chistoriese kostuums\u201d hier uit bruin weermaguniforms van &#8216;n dekade of drie gelede en nie uit negentiene-eeuse kleding van Boere en Britte nie. Die weermagbarak met sy naakte dakligte, staalkatels en jongmans in uniform doen minimalisties aan en daarom is die sin van die stuk juis in sy dialoog met die hede te vinde, as versets- en politieke teater.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Die mees ontroerende oomblik geskied heel aan die einde waar die name van gesneuweldes tydens die grensoorlog oor &#8216;n deurskynende doek voor die verhoog rol terwyl die \u201ctroepies\u201d agter \u201cDie Stem\u201d sing. Dis &#8216;n tipies Brechtiaanse, agitprop- of Weimar-toneel wat &#8216;n soort dramatiese multimedia gebruik om &#8216;n vervloe\u00eb patriotisme onder jong Afrikanermans uit te beeld. Met die implisiete wekroep dat daardie patriotisme behoort te herleef om ons huidige probleme aan te spreek!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Die musiekspel opper egter ook die vraag: Waarom? Waarom het soveel jongmans in die fleur van hul lewe op die grens gesterf as minster van buitelandse sake Pik Botha \u201coor &#8216;n dop brandewyn\u201d, soos hy iewers skryf, sy Kubaanse ampsgenoot kon vind en Suidwes summier aan Swapo kon afteken? En waarom het ons op die slagveld weerstand gebied as die NP se onderhandelaars soos ou vadoeke by die onderhandelingstafel gevou het? Hierdie vrae is tot vandag toe nog nie beantwoord nie en as <em>Tree aan<\/em> by &#8216;n mens spook, is dit ook om daardie rede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Plek-plek was die stuk vir my ietwat sentimenteel, veral die liefdeselemente en -briewe tussen troepies en hul agtergelate meisies. Aan die ander kant is dit ook &#8216;n realistiese aspek van die eertydse diensplig. En dan moet ons onthou dat Afrikaners nogal sentimenteel is. Dis so half deel van ons kultuur en ons boersheid. Die eksistensi\u00eble kilheid van Europese teater of die anomie van heelwat Britse en Amerikaanse stukke, is nie eie aan ons nie. In di\u00e9 opsig was die Afrikaanse teater van die sestiger- en vroe\u00eb sewentigerjare met sy oordrewe minimalistiese eksistensialisme eintlik kunsmatig, uitheems en resepmatig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Mev. Helen Zille, wat onlangs &#8216;n ruiker by die name van Kubaanse gesneuweldes by die ANC se Vryheidspark gaan l\u00ea het, sal uiters geskok uit <em>Tree aan<\/em> strompel. Reeds het <em>Beeld<\/em>, die Prawda van die Noorde, &#8216;n afwysende resensie oor <em>Tree aan<\/em> gepubliseer, waarop Deon Opperman in &#8216;n brief geantwoord het. As u glo dat die 50 000 troepe met Russiese en Oos-Duitse adviseurs in Angola om dowe neute daar was en dat ons beter daaraan toe sou gewees het as ons reeds in 1974 aan Umkhonto we Sizwe of Swapo oorgegee het, moet u liewer nie <em>Tree aan<\/em> gaan kyk nie. As u ook dink dat &#8216;n toneelstuk of musiekblyspel oor \u201cronde karakters\u201d moet beskik, het u nog nie Van Wyk Louw se essays en pleidooie vir mondernisme uit die vyftigerjare gelees nie. Weliswaar is daar stereotipiese elemente aan die karakters en situasie van <em>Tree aan<\/em>, maar dis deel van die gegewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Vir diegene wat hul dienspligdae op &#8216;n nostalgiese en patriotiese wyse wil herleef, of wat bedag is op die vernuftige Brechtiaanse truuks wat Opperman en sy span akteurs en sangers uithaal, is dit egter tot dusver vanjaar &#8216;n hoogtepunt op die teaterkalender. Die meer eklektiese musiek was vir my minder treffend as Sean Else se komposisies in <em>Ons vir jou<\/em>, maar nie sonder genietlike en ontroerende oomblikke nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; margin-bottom: 0cm;\">Binne die bre\u00ebr konteks van die herontwaking van Afrikaneridentiteit wat reeds met Bok van Blerk se De la Rey-lied begin het, speel Deon Opperman met sy musiekblyspele &#8216;n interessante rol om ons te prikkel en aan die dink te sit \u2013 en te hou. Hoewel die Afrikaanse kennisgewings intussen skandelik van die mure van die Staatsteater verwyder is, het ek die gevoel gekry dat Afrikaanse teater miskien vir die eerste keer in jare weer relevant, gewild en tegnies innoverend raak. Die staande toejuigings van die gehoor het ook daarvan getuig. Ons het veel meer hiervan nodig.<\/p>\n<h4><span style=\"font-weight: normal;\">TREE AAN! SPEELVAK WORD VERLENG OP OPENBARE AANVRAAG!<\/span><\/h4>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Genre:\t\tMusiekspel<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Waar: \t\tStaatsteater, Dramaverhoog, Pretoria.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Wanneer: \tTot 17 Julie 2011<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Kaartjiepryse: \tWoensdag (20h00) R 225.00, Donderdag (20h00) R 225.00<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Vrydag (20h00) R 225.00, Saterdag (15h00) R 275.00<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Saterdag (20h00) R 275.00, Sondag (14h00) R 275.00<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; line-height: 115%; text-align: justify;\" lang=\"en-ZA\">Dramaturg: \tDeon Opperman<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; line-height: 115%; text-align: justify;\" lang=\"en-ZA\">Regisseur:\tDeon Opperman<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; line-height: 115%; text-align: justify;\" lang=\"en-ZA\">Komponis:\tJanine Neethling<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; line-height: 115%; text-align: justify;\">Orkestrasies:\tPeter McLea<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; line-height: 115%; text-align: justify;\">Vervaardiger:  \tPacked House Productions<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.35cm; text-align: justify;\">Rolverdeling:\tVaughan Gardiner, Willem Botha, Altus Theart, Cobus Venter, Brendan van Rhyn, Adam Pelkowitz, Johan Scholtz, Matt Stern en Nadia Beukes.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/roboty-i-figurki\/personazhi-mul-tfil-mov-fil-mov-komiksov\">\u043c\u0443\u043b\u044c\u0442\u0438\u043a \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die volk by die stembus al hoe meer liberaal raak deur mev. Zille se DA slaafs te ondersteun, slaan dramaturge, sangers en skrywers &#8216;n ander rigting in. Deon Opperman se jongste musiekspel oor diensplig en die Angolese oorlog is &#8216;n klap in die gesig van politieke korrektheid en is nes sy vorige opvoering Ons &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10568\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Tree aan&#8217; is betrokke teater in die Brecht-styl&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10567,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[100],"tags":[],"class_list":["post-10568","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c91-musiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10568","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10568"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10568\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10567"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10568"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10568"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10568"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}