{"id":10563,"date":"2011-06-23T05:37:34","date_gmt":"2011-06-23T05:37:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10563"},"modified":"2011-06-23T05:37:34","modified_gmt":"2011-06-23T05:37:34","slug":"die-blu-ray-revolusie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10563","title":{"rendered":"Die Blu-Ray revolusie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ons almal ken van DVD kyk, daardie blink 12cm skyf wat soveel kykgenot bring omdat daar honderde TV-kanale is maar niks om te kyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat mens egter in ag moet neem is dat DVD slegs die evolusie van die standaard kompakskyf was. DVD is oorspronklik in die laat 90s vrygestel as die opvolger op VHS en Betamax.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die wat nie weet nie, Betamax word tot vandag toe gebruik deur seker uitsaaiers as gevolg van die beeld- en klankkwaliteit maar dit was nooit die eindgebruiker se keuse gewees nie en VHS het toe eindelik die stryd gewen net soos wat Blu-Ray teenoor HD-DVD gewen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blu-Ray is ontwikkel met korter golflengte bloulasers (Light Amplification through Simulated Emmission of Radiation) wat meegebring het dat meer data op di\u00e9 manier per skyf geberg kon word. Dit laat nou toe dat ons volle ho\u00ebdefinisie beeld kan kry teenoor DVD se standaarddefinisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ho\u00ebdefinisie se beeld is 1920 x 1080 groot teenoor standaarddefinisie se PAL-standaard wat maar 768 x 520 groot is. Soos jy self kan sien is daar w\u00earelde se verskil tussen die twee standaarde. Een groot verskil is dat HD glad nie oor standaard RF of komponent kan loop nie as gevolg van die kodering wat gebruik word om kopie\u00eb te voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om volle HD te kan geniet het jy &#8216;n skerm en speler, hetsy &#8216;n rekenaar met &#8216;n Blu-Ray Rom of &#8216;n alleenstaande Blu-Ray speler nodig. Die twee word dan gekonnekteer d.m.v HDMI of &#8220;High Definition Media Interface&#8221;. Hierdie koppeling dra die beeld en klank digitaal na die televisie sodat die televisie vir deel van die kodering verantwoordelik is. Dit wil dus s\u00ea dat jy glad nie HD op &#8216;n gewone buis televisie sal kan kyk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het aanvanglik na die aankoop van my Blu-Ray Rom uit Engeland (SA is eenvoudig net te duur), drie flieks gaan koop. <em>Mr &amp; Mrs Smith<\/em>, <em>StarTrek<\/em> en <em>2001 a Space Odysey<\/em>. Ek moet wel s\u00ea dat <em>Mr &amp; Mrs Smith<\/em> se beeld nie veel beter as die DVD weergawe is nie. Die Blu-Ray weergawe van <em>StarTrek<\/em> (2009 weergawe) is natuurlik fantasties maar kom nie by die kwaliteit van die 1968 meesterstuk, <em>2001 a Space Odysey <\/em>nie<em>.<\/em>&nbsp;Die Blu-Ray weergawe is baie beter as die DVD-weergawe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die eerste paar minute van die fliek is dit duidelik sigbaar dat die beeldkwaliteit beter is. Alle buitelyne en detail is fantasties helder, skerper as die DVD-weergawe wat dowwe buitelyne en gesmeerde detail bevat. Daar is natuurlik die nadele en dit is dat die fynste bewegings van die kamera baie duidelik is en dat fyn detail wat verberg word deur die la\u00eb kwaliteit van DVD, natuurlik baie sigbaar is. Dit moet natuurlik ges\u00ea word dat indien jy verder as drie meter van die skerm af sit dan begin die probleme minder duidelik raak en kan jy die fliek in elk geval geniet.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik was Blu-Ray flieks onbekostigbaar. Gelukkig het die pryse die laaste paar maande baie gedaal. Jy kan nou al baie van die ou flieks teen &#8216;n appel en &#8216;n ei optel en plekke soos Makro en Game verkoop baie uit teen minder as R100. Ongelukkig is die fliekmaatskappye bietjie traag om die ou Afrikaanse treffers soos <em>Fiela se Kind<\/em> en <em>Die Storie van Klara Viljee<\/em> na Blu-Ray oor te sit. Hopelik gebeur dit gou want ek kyk graag ou Afrikaanse flieks en dit lyk nie asof MultiChoice gou KykNet gaan opgradeer na HD nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/stoit-li-ustanavlivat-berekety\/\">\u0443\u0441\u0442\u0430\u043d\u043e\u0432\u043a\u0430 \u0431\u0440\u0435\u043a\u0435\u0442\u043e\u0432 \u0441\u0442\u043e\u0438\u043c\u043e\u0441\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0447\u044c<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons almal ken van DVD kyk, daardie blink 12cm skyf wat soveel kykgenot bring omdat daar honderde TV-kanale is maar niks om te kyk nie. Wat mens egter in ag moet neem is dat DVD slegs die evolusie van die standaard kompakskyf was. DVD is oorspronklik in die laat 90s vrygestel as die opvolger op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[92],"tags":[],"class_list":["post-10563","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c83-persoonlik"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10563\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}