{"id":10545,"date":"2011-06-21T04:57:37","date_gmt":"2011-06-21T04:57:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10545"},"modified":"2011-06-21T04:57:37","modified_gmt":"2011-06-21T04:57:37","slug":"jeugligabesluite-ontketen-storm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10545","title":{"rendered":"Jeugligabesluite ontketen storm"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Besluite van die ANC-Jeugliga verander ni\u00e9 ANC-regeringsvlakbeleid nie, het die regerende party Maandagmiddag ges\u00ea. Di\u00e9 Jeugligakongres, waar talle besluite geneem is, het Sondag ge\u00ebindig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil dit onomwonde stel dat die ANCJL-besluite steeds di\u00e9 van die Liga is en geen verandering maak aan ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie,&#8221; het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van die DA, Helen Zille, het op Twitter ges\u00ea dat sy Malema bloot beskou as die katalisator vir die politieke rigtingverandering wat Suid-Afrika nodig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peter Bruce, die redakteur van die Business Day, het in &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.businessday.co.za\/articles\/Content.aspx?id=146205\">hoofartikel<\/a> ges\u00ea die linkse stroom in Suid-Afrika moet baie beter ondersteun word met meer befondsing en poste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-verklaring is uitgereik nadat landbou-unies Maandag ernstige kommer uitgespreek het oor Julius Malema, ANCJL-president, se uitsprake dat grond sonder vergoeding afgeneem sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mthembu het ges\u00ea uitsprake deur die ANCJL oor kwessies soos die nasionalisering van myne en grondhervorming maak deel uit van deurlopende gesprekke met die regerende party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie menings is reeds gelug op verskeie politieke platforms, wat verlede jaar se Algemene Nasionale Raadsvergadering in Durban insluit.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mthembu het ges\u00ea die ANC het die ANCJL as &#8216;n integrale deel van die ANC tot stand gebring en dat die liga as &#8216;n onafhanklike struktuur funsioneer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agri SA en die Transvaalse Landou-unie (TLU) het met woede gereageer op Malema se belofte om &#8220;grond sonder vergoeding te vat&#8221; en het gewaarsku dat daar ernstige gevolge vir voedselsekerheid en die vertroue van buitelandse beleggers kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrika-Boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa), wat opkomende swart boere verteenwoordig, het ges\u00ea hulle wil saamwerk met die regering asook wit landbougroepe om werkskepping en voedselsekerheid te skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons probeer &#8216;n weg vorentoe vind. &#8216;n Gemeenskaplike, verenigde stem van wit en swart boere. Ons wil na die regering gaan en met een stem en in een taal praat,&#8221; het Mike Mlengana, president van Afasa, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil die ekonomie volhou, nie verwoes nie,&#8221; het Mlengana ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het ges\u00ea dit is waar dat grondhervorming nie op die oomblik werk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nie vir die begunstigdes nie, nie vir die boere nie en nie vir die regering nie, maar niemand het die moed om op te staan en te s\u00ea dit is te wyte aan die swak manier waarop dit deur die departement van grondsake ge\u00efmplementeer is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is nie die gewillige verkoper-deel wat gefaal het nie, dit is die gewillige koper-deel, omdat dit die werk van onbeholpe en onervare jongelinge is om die ooreenkomste te maak en grond te koop.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens De Jager is sowat 30 persent van die land se grond in die staat se hande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;En dit is die mees onproduktiewe grond in ons land. Waarom wil hulle nou gaan mors met &#8216;n sektor in die ekonomie wat werk skep?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aggrey Mahanjana, voorsitter van die Nasionale Opkomende Rooivleis Produsente-organisasie, het ges\u00ea hy glo dit sal &#8220;heeltemal onregverdig&#8221; wees om grond sonder vergoeding te vat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons ondersteun nie dit nie. Ons glo steeds daar is baie maniere om grond terug aan die swart boere te gee sonder om werklik die huidige eienaars van grond, of hulle nou swart of wit is, skade te berokken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons glo nie &#8216;n boer moet sy grond oorhandig nie. Dit sal heeltemal onregverdig wees,&#8221; het Mahanjana ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea hy het &#8216;n vergadering met die regering aangevra om Malema se uitsprake op di\u00e9 konferensie \u2013 waar hy as leier herverkies is \u2013 te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derek Hanekom, adjunkminister van Wetenskap en Tegnologie, het Saterdag op Twitter ges\u00ea wat die Jeugliga ook al s\u00ea, die afneem van grond is ni\u00e9 ANC-beleid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Saam met baie ander, sal ek dit nooit ondersteun nie. Nooit nie.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/moechno_uborochnoe_oborudovanie\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0439\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/chp.com.ua\/stati-partnerov\/biznes-i-uslugi\/item\/51465-poisk-postavshchika-v-kitae-realnyy-opyt-postroeniya-uspeshnogo-biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Besluite van die ANC-Jeugliga verander ni\u00e9 ANC-regeringsvlakbeleid nie, het die regerende party Maandagmiddag ges\u00ea. Di\u00e9 Jeugligakongres, waar talle besluite geneem is, het Sondag ge\u00ebindig. &#8220;Ons wil dit onomwonde stel dat die ANCJL-besluite steeds di\u00e9 van die Liga is en geen verandering maak aan ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie,&#8221; het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10545\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jeugligabesluite ontketen storm&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10545","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10545","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10545"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10545\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10545"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10545"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10545"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}