{"id":10539,"date":"2011-06-20T05:40:25","date_gmt":"2011-06-20T05:40:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10539"},"modified":"2011-06-20T05:40:25","modified_gmt":"2011-06-20T05:40:25","slug":"koerde-in-die-siriese-opstand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10539","title":{"rendered":"Koerde in die Siriese opstand"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie om dowe neute nie dat bitter min gehoor word van die betrokkenheid van Koerde by die Siriese opstande. Dit beteken egter nie dat dit nie &#8216;n baie belangrike faktor is nie, en heel moontlik bepalend kan wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 20 miljoene Koerde woon in Koerdestan, &#8216;n vaag-omlynde gebied wat oor die grense van Turkye, Siri\u00eb, Irak en Iran strek. Tog is dit volgens VN die grootste volk wat homself nie iewers staatkundig kan uitdruk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Koerde, anders as hul Arabiese bure, is Indo-Germane en verskil daarom ook etnies en taalkundig van die Turke. In al vier lande waarin die Koerde hulle hul bevind, is hulle al wreed onderdruk, en het onder Saddam \u2013 en dalk ook in Iran \u2013 onder biologiese en chemiese uitwissingsaanvalle deurgeloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Koerde maak sowat 10 % van die Siriese bevolking uit, en volgens sommige skattings kan tot 3,5 miljoen mense in Siri\u00eb van Koerdiese afkoms wees. Honderde duisende het egter beperkte burgerskap (die ajanib) of geen burgerregte nie (die maktoum).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste groot Koerdiese opstand in Siri\u00eb was in 2004 in die stad Qamishli, en minstens 30 mense het omgekom en honderde is beseer. Die Arabiere het hande gevou gekyk hoe die Koerde onderdruk word, en dit speel &#8216;n bepaalde rol in hoe die Koerde veral aanvanklik op die opstande gereageer het.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die antwoord is so eenvoudig \u2013 sake tussen die Koerde en Arabiere stryk selde: Die opstande het juis tydens &#8216;n sokkerwedstryd uitgebreek toe Arabiese toeskouers die Koerde met foto&#8217;s en slagspreuke van Saddam getreiter het. Dit terwyl die Siri\u00ebrs \u2013 ook Siriese Arabiere \u2013 nie ooghare vir Saddam gehad het nie.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Kort tevore is Siri\u00eb se betrekkinge met Turkye versuur toe Siri\u00eb asiel aan Koerdiese vlugtelinge uit Turkye verleen het.<\/div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Tog bly Koerdiese deelname aan die Siriese opstand vir die opstandelinge belangrik \u2013 die Koerde word as die bes-georganiseerde groep beskou, en het moontlik die vermo\u00eb om die magsbalans te laat kantel. Pres. Bashir al-Assad besef dit, en het ook inderhaas &#8216;n groot aantal Koerde se burgerregte herstel.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Net as &#8216;n terloopse tussenval: Siri\u00eb is wel oorwegende Arabies, maar ook besonder heterogeen, met twee bekende Christen-gemeenskappe \u2013 die Armeni\u00ebrs en Assiri\u00ebrs, van wie beide se volksgenote onder volksmoorde aan die hand van die Turke deurgeloop het. Veral die Armeni\u00ebrs het groot bevolkings in diaspora, en in die VSA bestaan &#8216;n kragtige Armeense lobby. Armeni\u00ebrs in diaspora speel egter ook beduidende rolle op die politiek in lande soos Nederland en Frankryk.  Die Koerdiese lobby in Europa kan ook nie onderskat word nie.<\/div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder speel Al-Assad se bewind in Siri\u00eb &#8216;n belangrike geostrategiese rol vir Iran, aangesien die Assad-regime Alawiete is, &#8216;n sekte verwant aan die oorheersende Sji\u00efete in Iran. Die Siriese Arabiere is egter meestal Soenies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die situasie in Siri\u00eb aan te spreek is dus nie net een van internasionale moraliteit nie, maar die verrekening van soveel magselemente, dat &#8216;n simplistiese oplossing hom nie sommer voordoen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As is verbrande hout, maar dit kan met groot stelligheid aanvaar word dat die situasie minstens niks ergers sou gewees het as die moondhede nie met die geografiese verdeling van die Midde-Ooste in &#8216;n laat-stadium volstruispolitiek begin speel het nie, en toegesien is dat die beloofde Koerdistan as volwaardige staat tot stand sou kom. Agterna staatkundige lapwerk bevredig selde, en soos met die Balkan, kan bitter baie bloed vloei.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/gaykoverty_pnevmotreshchetki\/\">\u0433\u0430\u0439\u043a\u043e\u0432\u0435\u0440\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is nie om dowe neute nie dat bitter min gehoor word van die betrokkenheid van Koerde by die Siriese opstande. Dit beteken egter nie dat dit nie &#8216;n baie belangrike faktor is nie, en heel moontlik bepalend kan wees nie. Sowat 20 miljoene Koerde woon in Koerdestan, &#8216;n vaag-omlynde gebied wat oor die grense &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10539\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Koerde in die Siriese opstand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10539","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10539","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10539"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10539\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10539"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10539"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10539"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}