{"id":10536,"date":"2011-06-19T17:33:07","date_gmt":"2011-06-19T17:33:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10536"},"modified":"2011-06-19T17:33:07","modified_gmt":"2011-06-19T17:33:07","slug":"ope-brief-aan-mnr-atholl-trollip-van-die-da","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10536","title":{"rendered":"Ope brief aan mnr. Athol Trollip van die DA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Geagte mnr. Trollip,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die afgelope week het u uitlating in &#8216;n skrywe aan mnr. Jaap Kelder, dat \u201cAfrikaners&#8230; Nazi&#8217;s is\u201d nogal opslae gemaak. U het intussen bewerings dat u anti-Afrikaans en anti-Afrikaner sou wees, verwerp. Maar die vermoede bly bestaan dat u en u party, die sogenaamde Demokratiese Alliansie, wel by uitstek Afrikanerhaters is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die partye en groepe wat u as Nazi&#8217;s klassifiseer, tel die Vryheidsfront Plus. Waarop grond u hierdie bewering? Is daar enigiets in die grondwet van die VF Plus wat ooreenstem met di\u00e9 van die Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei van Adolf Hitler? Het dr. Pieter Mulder of enige ander leier van die party al ooit &#8216;n stelling gemaak wat as anti-Semities, rassisties of wat ook al ge\u00efnterpreteer kan word? Ek glo nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hier het u so pas, by wyse van u gewraakte interne e-pos aan mev. Steyn wat glo nooit vir die buitew\u00eareld bestem was nie, &#8216;n kwetsende en onbillike aanmerking teenoor Afrikaners gemaak. Hulle s\u00ea mense wat in glashuise bly, moenie met klippe gooi nie. En dit was nie Afrikaners wat Engelse vroue en kinders in di\u00e9 land in konsentrasiekampe aangehou het nie, dit was andersom, nie waar nie? Indien u na Afrikaners as \u201cNazi&#8217;s\u201d verwys, hoe noem u uself?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien hierdie e-pos van u bloot &#8216;n eenmalige uitlating aan mnr. Kelder was en u en u party nie anti-Afrikaans was nie, sou &#8216;n mens seker kon verwag dat daar vele Afrkaners in die topbestuur van u party sou dien, nie waar nie? Maar danksy mnr. Ernst Marais, wat vandeesweek &#8216;n bietjie op die veelgeroemde \u201cgroot\u201d opposisieparty se webwerf gaan rondkuier het, weet ons nou dat die etniese samestelling van die DA se toptien parlementslede s\u00f3 daar uitsien:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Athol Trollip: Parlement\u00eare leier van die DA<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Ian Davidson: Hoofsweep van die DA<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Mike Ellis: Onderhoofsweep van die DA<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">4. Lindiwe Mazibuko: Skaduminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">5. Patricia Kopane: Skaduminister van sosiale ontwikkeling<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">6. George Boinamo: Skadu-adjunkminister van arbeid<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">7. Sejamothopo Motau: Skaduminister van energie<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">8. Archibold \tFiglan: Skadu-adjunkminister van huisvesting<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">9. Emmah \tMore: Skadu-adjunkminister van gesondheid<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">10. Kenneth \tMbubu: Skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder al hierdie \u201cskaduministers\u201d en \u201cskadu-adjunkte\u201d sien ek geen Afrikaners nie. Trouens, toe ek self hierdie lysie op die DA se webwerf gaan kontroleer het, het ek vergeefs na die Afrikaanse weergawe van u webwerf gesoek. Bestaan daar so iets?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde, ons het nou al drie elemente wat die vermoede dat u en u party wesentlik anti-Afrikaans is, bevestig: u eie kwetsende uitlatings teenoor ons Afrikaners, u Engels-eentalige webwerf en die afwesigheid van enige Afrikaners in die DA se parlement\u00eare toptien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ons weet, het hierdie hele polemiek ontstaan weens u nasionale partywoordvoerder en \u201cskaduminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming\u201d, Lindiwe Mazibuko, se verklaring dat \u201cdie ANC-regering se doelwitte soortgelyk aan di\u00e9 van die DA mag wees\u201d as dit kom by grondhervorming en wat sy \u201crestitusie\u201d noem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Helaas, u daaropvolgende verklaring dat u &#8216;n \u201cvyfdegeslagboer\u201d sou wees, verander niks aan die gevolgtrekking dat die DA, &#8216;n Engels-liberale party, nie net Afrikaners en hul taal minag nie, maar insgelyks beplan om deur radikale grondhervorming Afrikanerboere van hul plase af te sit. Asof die voorbeelde van ZANU-PF en die ANC se onderskeie grondhervormings, wat elkeen klaaglik misluk het, nie reeds genoeg was om &#8216;n sogenaamd liberale party soos die DA van so &#8216;n onbekookte beleid te laat afsien nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert geboorte moet elke Afrikaner in di\u00e9 land een of ander tyd die skeltaal van hovaardige, koloniale Engelse verduur, met terme soos \u201crockspider\u201d, \u201cdumb Dutchmen\u201d en dergelike wat ons toegeslinger word. Die grootste raaisel is egter waar die setel van &#8216;n \u201caangebore ho\u00ebr Britse IK\u201d is, soos prof. Jaap Steyn dit op &#8216;n keer genoem het, want dis beslis nie in die verstand van Albion se kinders te vinde nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Trollip of wie ook al sy taamlik onbeholpe briefie vir hom geskryf het, mag onder die indruk verkeer dat hy Afrikaans magtig is, maar dit wemel van lomp en onafrikaanse uitdrukkings. Die woord \u201chuidiglik\u201d bestaan nie in Afrikaans nie. Ons gebruik \u201ctans\u201d. &#8216;n Mens sit op &#8216;n stoel, maar neem nie aanstoot \u201cop &#8216;n siening nie\u201d. Eerder neem &#8216;n mens aanstoot aan iets of iemand. Trouens, op skrif klink Trollip meer soos &#8216;n middelmatige ho\u00ebrskoolseun wat na woorde tas as die parlement\u00eare leier van &#8216;n party wat seker vir ten minste 50% van sy stemme van die arme \u201cdom\u201d en \u201cNazi-\u201dAfrikanerstemvee afhanklik is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Trollip so &#8216;n slim, liberale Engelsman is, waarom klink hy so dom? Dit bring my by die politieke punt wat &#8216;n mens te midde van die stilistiese opdrifsels van Trollip se swak briefie moet ontsyfer. Soos die Engelse <em>F\u00fchrer <\/em>van die DA dit in sy geradbraakte Afrikaans stel: \u201cMnr Kelder se konserwatiewe, ultra-regse en verkrampte sieninge rondom sekere burgers van hierdie land is in lyn met die van groepe soos die FF+, wat streef om NET die belange van sekere minderheidsgroepe te bevorder. Op sulke sieninge, Mr Slabbert, neem ek aanstoot.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde, Trollip neem aanstoot aan diegene wat die belange van hul eie etniese groep of minderheidsgroep b\u00f3 di\u00e9 van ander groepe stel. Mnr. Trollip, ek vra u met trane in my o\u00eb, neem u dan aanstoot aan uself? Verwyt u uself dat u die belange van Engelse anti-Afrikaanse Progge soos uself bo di\u00e9 van ander groepe in ons land stel? Laas toe ek gekyk het, was die blanke Engelssprekendes in di\u00e9 land &#8211; en veral die liberaliste onder hulle &#8211; by verre in die minderheid. Terwyl die DA interne regstellende aksie en rassekwotas toepas, bly die aantal Engelse drasties oorverteenwoordig in die party se leierskapsposisies, nie waar nie, mnr. Trollip?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander kwessie wat my intrigeer, is waarom die liberale megalomane met hul verhewe aangebore Engelse IK&#8217;s in die verlede so hard geveg het om die ANC aan bewind te stel, maar van die Afrikanerstemvee verwag om hul in die huidige opposisie teen die ANC te ondersteun. Is dit nie &#8216;n effense paradoks nie? Mev. Zille is dan so trots op haar hatige teenkanting teen die vorige Afrikanerregering en sy soldate dat sy blomme by die name van Kubaanse gesneuweldes in Angola by Vryheidspark gaan l\u00ea het, dog gee terselfdertyd voor om die ANC uit die regeringskussings te wil lig. Hoe rym dit?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As u eerlik is, mnr. Trollip, sal u onverwyld in die openbaar verklaar dat u party nie langer die stemme van \u201cdom, konserwatiewe, ultra-regse en verkrampte Afrikaner-Nazi&#8217;s\u201d wil h\u00ea nie, maar eerder di\u00e9 van \u201cslim\u201d, liberale, vrysinnige Engelse wat sukkel om Afrikaans of dalk selfs Engels te skryf, soos uself.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder die steun van liberale Afrikanerhaters soos uself, sou die groteske linkse revolusie van onlangs nooit in Suid-Afrika plaasgevind het nie. Terwyl die etniese denke van Afrikaners op hul eie vryheid ingestem is, verteenwoordig u en die res van die \u201cskadu\u201d-leiers in die DA &#8216;n deels etniese, deels imperialistiese strewe om u wil op ander af te dwing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is doodeerlik as ek s\u00ea dat u my as Afrikaner nie in die parlement verteenwoordig nie en ook nooit sal verteenwoordig nie. Ten minste verwag ek &#8216;n sekere vlak van beskaafde uitdrukkingsvermo\u00eb en denke van &#8216;n \u201cparlement\u00eare leier\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">U mag vir die gemiddelde Engelsman in di\u00e9 land goed genoeg wees, maar nie vir ons nie. U sal u ou skoene agterna gooi om ooit in dieselfde asem as die groot Afrikanerleiers en -parlementari\u00ebrs van die verlede, wat u so verafsku, genoem te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik sal u ook nie die goeie maniere h\u00ea om op hierdie brief te antwoord nie. Want soos ons almal weet, spruit die meerderwaardigheid van die Engelse jingo in di\u00e9 land veral uit sy heimelike gevoel van minderwaardigheid teenoor sy gehate Afrikaanse medeburger. Vandaar die feit dat u eerder sal toesien hoedat hierdie land soos Zimbabwe ten gronde gaan as wat u ooit sal toegee dat ons Afrikaners nog altyd reg was oor die multietniese aard van die Suid-Afrikaanse samelewing, teenoor u afstootlike kolonialistese een-nasie-fantasie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos mnr. Anton Barnard onlangs in sy artikels op die Praagwebwerf gesuggereer het, verteenwoordig die DA met sy w\u00eareldvreemde kwasi-Britse narciste soos uself &#8216;n veel groter bedreiging vir die Afrikaner as die ANC. Ons vrees u toekomstige grondhervorming en verdrukking, indien u party ooit aan bewind sou kom, veel meer as di\u00e9 van Julius Malema of enige ander ANC-heethoof.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/mnogostupenchatye\">\u043c\u043d\u043e\u0433\u043e\u0441\u0442\u0443\u043f\u0435\u043d\u0447\u0430\u0442\u044b\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geagte mnr. Trollip, Oor die afgelope week het u uitlating in &#8216;n skrywe aan mnr. Jaap Kelder, dat \u201cAfrikaners&#8230; Nazi&#8217;s is\u201d nogal opslae gemaak. U het intussen bewerings dat u anti-Afrikaans en anti-Afrikaner sou wees, verwerp. Maar die vermoede bly bestaan dat u en u party, die sogenaamde Demokratiese Alliansie, wel by uitstek Afrikanerhaters is. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10536\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ope brief aan mnr. Athol Trollip van die DA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10536","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10536","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10536"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10536\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10536"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10536"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10536"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}