{"id":10532,"date":"2011-06-17T10:32:05","date_gmt":"2011-06-17T10:32:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10532"},"modified":"2011-06-17T10:32:05","modified_gmt":"2011-06-17T10:32:05","slug":"bedank-trollip","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10532","title":{"rendered":"Bedank, Trollip!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Athol Trollip, die parlement\u00eare leier van die DA en  Prog-dinousourus, het tydens \u2018n onderhoud met \u2018n verslaggeefster van Die  Burger gebieg dat dit hy was wat sy Afrikanerhaat laat oorkook  het in \u2018n venynige epos wat hy per abuis vanaf sy selfoon na mnr Jaap  Kelder gestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sou  ondenkbaar wees vir enige iemand om soortgelyke haatspraak teenoor veral  swart groepe te besig. Sou mnr Trollip \u2018n ander etniese groep so erg  beledig het deur byvoorbeeld Pedi\u2019s aan Nazi\u2019s gelyk te stel, en om die  Pedi,&nbsp; Julius Malema, \u2018n swart Julius Streicher te genoem het, of \u2018n  soortgelyk hatige epos gestuur het wat gepraat het van die DA se \u201cXhosa  issue\u201d, ly dit geen twyfel dat hy onmiddellik uit die DA ontslaan sou  word nie. Hy sou ook ongetwyfeld voor die MRK gedaag word. Waarom  oorweeg iemand dit nie om \u2018n klag teen Trollip by die MRK in te dien vir  die opstoking van Afrikanerhaat nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee  doen ek dus \u2018n openbare beroep op mnr Trollip om sonder meer die  eerbare ding te doen en onmiddelik te bedank as LP. Sy onaanvaarbare,  Jingo- en Prog- agtige haat vir Afrikaners walg my en behoort elke ander  Afrikaner te walg. Sou hy nie genoeg integriteit h\u00ea om vanself te  bedank nie, soos ek vermoed hy nie gaan h\u00ea nie, kyk ek na die DA om hom  sonder verwyl uit sy pos te verwyder. Sulke hatigheid pas veral nie by  \u2018n senior provinsiale of parlement\u00eare leier nie. Die DA kan nie  Afrikanerhaters soos Trollip in sy party verdra sonder om \u2018n totale  bespotting van sy verbintenis tot sogenaamde nie-rassigheid (wat op dees  aarde lg ook al mag beteken) te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Helaas  moet selfs ek toegee dat ek onder geen illusie verkeer dat hetsy  Trollip, hetsy die DA, die eerbare ding sal doen nie. Dit is  klaarblyklik aanvaarbaar, indien nie baie modieus nie, om Afrikaners op  elke denkbare manier te beswadder, te beledig, te onderdruk en te na te  kom. Trollip sal nie bedank nie, en die DA sal hom ook nie afdank nie,  want die heersende Prog-faksie binne die DA koester presies dieselfde  haat teen Afrikaners as wat Trollip koester, en wat Trollip se  intellektuele voorganger, Lord Milner, gekoester het.&nbsp; Die grap is weer  eens ten koste van ons, die Afrikaners, want ons stem onverklaarbaar  steeds vir die Lord Milners en die Trollips, wat sukkel om hulle haat  vir ons te beteuel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het al by  herhaling my verstomming uitgespreek dat Afrikaners dit eens kan oorweeg  om vir hierdie hatige vyande van die Afrikaner te stem. Hopelik plak  die VF+ Trollip se gevreetjie op sy plakkate tydens die 2014-verkiesing,  as \u2018n herinnering aan die kalkoene wat steeds vir Kersfees wil stem van  die volslae minagting wat die Prog-faksie van die DA teenoor Afrikaners  koester.&nbsp; Ek is egter oortuig dat, selfs al stel Trollip gaskamers voor  om die DA se \u201cAfrikanerfrage\u201d op te los, die einste Afrikaners wat so  neersien op die ANC se stemvee, steeds vir Trollip en die DA, sal stem.  Laasgenoemdes sluit natuurlik Afrikaner-grondeienaars in, wat sal stem  vir \u2018n party wat \u2018n Zanu-PF-agtige program van grondroof voorstaan by  monde van me Lindiwe Mazibuko.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt,  vriende, is die harde realiteit: Die media was uiters suksesvol daarin  om Afrikaners te oortuig om onsself te haat, top op die punt dat ons dit  eens sou oorweeg om vir die party van die Afrikaner-hater, Trollip, te  stem in 2014. Ons gaan Afrikanerboere sien wat stem vir \u2018n Zanu-PF, wat  hulle grond wil afneem. Ongelooflik! Dit is niks anders as  volksselfmoord nie.&nbsp; Dit sou nie onvanpas wees om hierdie gebreinspoelde  waansin van die Afrikaner te vergelyk met die Xhosa-volksselfmoord agv  van die voorspellings van die profeet Nongqawuse tydens die negentiende  eeu nie.&nbsp; Nongqawuse het die Xhosas wysgemaak hulle moet hulle beeste  doodmaak en gesaaides vernietig, omdat die voorvaders die Engelse die  see sou injaag. Die Xhosas het so gemaak, met rampspoedige gevolge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is helaas bitter min verskil tussen die nasionale doodsdrang van groot  meerderheid Afrikaners, die 90% plus wat vir die DA stem, en die na\u00efewe  Xhosas van 1856 nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/teplovoy-service.ru\">\u0422\u0435\u043f\u043b\u043e\u0432\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Athol Trollip, die parlement\u00eare leier van die DA en Prog-dinousourus, het tydens \u2018n onderhoud met \u2018n verslaggeefster van Die Burger gebieg dat dit hy was wat sy Afrikanerhaat laat oorkook het in \u2018n venynige epos wat hy per abuis vanaf sy selfoon na mnr Jaap Kelder gestuur het. Dit sou ondenkbaar wees vir enige iemand [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10532","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10532","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10532"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10532\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10532"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10532"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10532"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}