{"id":10531,"date":"2011-06-17T09:55:28","date_gmt":"2011-06-17T09:55:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10531"},"modified":"2011-06-17T09:55:28","modified_gmt":"2011-06-17T09:55:28","slug":"athollgate-trollip-antwoord-met-zille-se-steun","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10531","title":{"rendered":"Athollgate: Trollip antwoord &#8216;met Zille se steun&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikanerhaatskandaal wat rondom mnr. Atholl Trollip, parlement\u00eare leier van die DA, uitgebreek het, is besig om wyer uit te kring. &#8216;n Berig daaroor is selfs vandag in die Kaapse koerant Die Burger, &#8216;n fanatiese ondersteuner van die Engels-liberale party, gepubliseer. Blykbaar staan die partykoukus van die DA, asook die leier mev. Helen Zille, bankvas agter Trollip en beskou sy anti-Afrikaanse uitlatings as &#8216;n &#8220;persoonlike meningsverskil&#8221; met mnr. Jaap Kelder. Intussen het Trollip in &#8216;n brief gereageer aan mnr. Hannes Slabbert wat beswaar teen Trollip se onbeskofte gevloek teenoor Kelder aangeteken het. Praag plaas Trollip se volledige brief onveranderd (alle taalfoute en gebrek aan leestekens is Trollip s&#8217;n) hier onder:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geagte Mr Slabbert,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hierdie skrywe wil ek die oorsprong van die hele debakel rondom my en Mnr Jaap Kelder aanspreek. Huidiglik maak elke Jan Rap en sy maat uitsprake hieroor en ek voel dit is tyd dat ons die bespiegelinge  rondom my siening van Afrikaans en Afrikaners objektief aanspreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Demokratiese Alliansie was, en is steeds meer as gewillig om ons standpunt aangaande grondhervorming met Mnr Kelder en die res van die publiek te deel. Na aanleiding van Mnr Groenewald se selektiewe  aanhaling van DA beleid in die Nasionale Vergadering en die onaangename situasie rondom my reaksie op Mnr Kelder  se brief, blyk daar \u2019n wanpersepsie te bestaan dat die Demokratiese  Alliansie, en meer spesifiek ek persoonlik, anti-Afrikaans en  anti-Afrikaner  is. Dit gaan my verstand te bowe hoe hierdie aanname gemaak kon word  agv my reaksie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil u graag verwys na Mnr Kelder se skrywe aan Me Steyn op die 10de Junie 2011 waarin Mnr Kelder sekere dogmatiese stellings kwytraak: \u201c&#8230;<em>Daar  is natuurlik ook die verloopte Afrikaners met  vanne soos Maree, Niehause, du Toit, Naude, Hanekom, du Preez ens. wat  hulle eie mense verlo\u00ebn het. Hulle is gelukkig ver in die minderheid<\/em>\u201c.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is hierdie stelling van Mnr Kelder wat tot my reaksie gelei het \u2013 Mnr Kelder  maak \u2019n uitspraak wat direk teenstrydig is met, nie net die waardes en  beginsels van die DA nie, maar ook met my eie.  My karakter en die van die DA getuig van eerlik en opregte sieninge en  is gebasseer op \u2019n beleid wat nie diskrimineer teenoor enige persoon agv  hul ras, taal, heenkome of etniese verbintenis NIE. Mnr Kelder  se konserwatiewe, ultra-regse en verkrampte sieninge  rondom sekere burgers van hierdie land is in lyn met die van groepe  soos die FF+, wat streef om NET die belange van sekere minderheidsgroepe  te bevorder. Op sulke sieninge, Mr Slabbert, neem ek aanstoot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is  \u2019n 5de geslag boer. My pa was \u2019n boer &#8211; Die feit dat my moedertaal  Engels is maak my geensins minder bekwaam om as \u2019n boer geklasifiseer te  word nie. Ek verstaan dus die belange, begeertes, waardes en beginsels van die boeregemeenskap, ongeag die taal wat ons praat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek skerm geensins agter die werklikheid en intensie van my reaksie op Mnr Kelder  se sieninge nie. Ek het my reaksie deeglik met Me Zille, asook ons  Nasionale Uitvoerende Kommittee bespreek en die  algehele gevoel is dit: Oordrewe, miskien. Eerlik, definitief. My tyd  is beperk en alhoewel ek ten alle tye tyd sal maak vir die publiek en  alle groepe binne die gemeenskap, is my geduld ietwat min vir individue  wie se orientasies nie gelykheid vir almal ag  nie. Hierdie was nie \u2019n politieke debat nie Mnr Slabbert, dit was n  persoonlike meningsverskil wat ek van Mnr Kelder se opinie gehad het en ek vra dat ons dit asb daar sal laat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten slotte  wil ek graag verwys na u stelling dat u vir die DA gestem het in die  pas afgelope munisipale verkiesing agv n gebrek aan\u2018n beter  kandidaat\/alternatief. Ek wil dit egter aan u duidelik  stel dat Mnr Francios Greyling\u201a wat toevallig ook afkomstig is vanuit  die Afrikaner gemeenskap, \u2019n uiters bekwame raadslid is wat die  gemeenskap met toewyding dien. Met aanloop tot die verkiesing het ek  saam met hom die strate van Despatch deurkruis om stemme  te werf en kan ek getuig dat Mnr Greyling sal omsien na almal se  belange en dat sy diensrekord aan die gemeenskap boekdele spreek van die  verskil wat die DA gaan maak noudat ons aan bewind is in Despatch.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><strong><em>Athol Trollip, LP<\/em><\/strong><br \/><strong><em> DA Parlementere Leier<\/em><\/strong><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/18-kruglyj-svetodiodnyj-svetilnik-kharakteristika\">\u043a\u0440\u0443\u0433\u043b\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikanerhaatskandaal wat rondom mnr. Atholl Trollip, parlement\u00eare leier van die DA, uitgebreek het, is besig om wyer uit te kring. &#8216;n Berig daaroor is selfs vandag in die Kaapse koerant Die Burger, &#8216;n fanatiese ondersteuner van die Engels-liberale party, gepubliseer. Blykbaar staan die partykoukus van die DA, asook die leier mev. Helen Zille, bankvas &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10531\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Athollgate: Trollip antwoord &#8216;met Zille se steun&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10531","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10531","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10531"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10531\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10531"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10531"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10531"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}