{"id":10526,"date":"2011-06-15T06:49:33","date_gmt":"2011-06-15T06:49:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10526"},"modified":"2011-06-15T06:49:33","modified_gmt":"2011-06-15T06:49:33","slug":"wanneer-is-ons-moeg-gepraat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10526","title":{"rendered":"Wanneer is ons moeg gepraat?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner praat al vir dekades en die volkstaat verskyn nog nie eens op die horison nie. Volkstaatpogings en organisasies wat hul beywer het vir \u0149 volkstaat is legio. Selfbeskikkingsorganisasies dateer terug tot voor die Groot Trek. Daar was al 17 Boererepublieke en \u0149 Suid-Afrika onder blanke beheer. Ten minste het die stigters van die Boererepublieke iets gedoen. Buiten die stig van republieke het hulle ook die twis onder Afrikaners bevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag regeer die ANC en daar word steeds gepraat. Daar is \u0149 magdom bewegings wat organiseer (praat) en die grense van die volkstaat is nog steeds nie bekend nie. Die Boer en Afrikaner is besing en oor gedig maar van saamstaan is daar skaars \u0149 sweempie. Dit laat mens wonder wie en wat is die Afrikaner nou eintlik? Heel duidelik is dat onderlinge twis voorrang geniet bo vryheid. Diegene wat moeg gepraat (getwis) is, stem nou vir die DA. Diegene wat nog streef na vryheid twis voort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met bravade word uitnodigings gerig vir verdere gesprekke om die gepraat tot uitvoer te bring. Maar niet kom die doen? Net nog meer gesprekke? Akademici en geleerdes lewer insette en die nuutste internasionale menings en tendense word aangehaal en ge\u00efllustreer. Daar is niks fout met insette nie, iewers moet dit sekerlik volbrag word. Intussen word Afrikaners vervreem van Afrikaners. Hoekom die vervreemding? Ons magdom organisasies praat nie meer die taal van Afrikaners nie. Die taal is politieke, kulturele en ekonomiese kommunikasie. Selfs die godsdienstaal het verander en sommige het nie bygebly nie. Christelike godsdiens wat die basis van die gemiddelde Afrikaner is, het ook verander. Fundamentalisme is in onguns, w\u00eareldwyd, behalwe vir die fundamentaliste. Fundamentalisme grens aan terrorisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is verskeie teorie\u00eb wat \u0149 leidende rol speel in die w\u00eareld wat gevolg word deur regerings, bevrydingsbewegings, organisasies, ens. Ook in Suid-Afrika. Konserwatisme, modernisme, liberalisme, Marxisme, postmodernisme, nasionalisme en so meer is spesifieke denkrigtings. Daardie denkrigtings manifesteer ook in die Afrikanervolk, wetend of onwetend. Ideologie\u00eb en denkrigtings moet nie diskwalifiserend wees wanneer vryheid nagestreef word nie. Internasionale organisasies stel spelre\u00ebls, maar daar is geen re\u00ebl vir die opwelling van \u0149 vryheidstrewe nie. Eenduisend Afrikanermanne en -vroue se vryheidstrewe binne die huidige internasionale spelre\u00ebls gaan nie sommer \u0149 volkstaat (waarvoor daar geen grense is nie) erken kry nie. Dit is \u0149 wilde en ongetoetste vraag, maar hoeveel Afrikaners wil werklik onder die ANC-regering leef en hul kinders laat voortleef?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My pleidooi aan PRAAG: struktureer en institusionaliseer Afrikanervryheid. Afrikanervryheid kan nie manifesteer as \u0149 apartheidstaat nie, maar wel as etniese staat. Daar is erkende kwalifiserende vereistes waaraan die Afrikaner voldoen om oor homself te regeer, al wat kortkom is identifisering van grondgebied. As ons nog moet praat, laat ons praat oor grond.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online free casino games slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaner praat al vir dekades en die volkstaat verskyn nog nie eens op die horison nie. Volkstaatpogings en organisasies wat hul beywer het vir \u0149 volkstaat is legio. Selfbeskikkingsorganisasies dateer terug tot voor die Groot Trek. Daar was al 17 Boererepublieke en \u0149 Suid-Afrika onder blanke beheer. Ten minste het die stigters van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10526\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wanneer is ons moeg gepraat?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10526","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10526","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10526"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10526\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10526"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10526"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10526"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}