{"id":10523,"date":"2011-06-14T09:28:39","date_gmt":"2011-06-14T09:28:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10523"},"modified":"2011-06-14T09:28:39","modified_gmt":"2011-06-14T09:28:39","slug":"lastersaak-is-terugslag-vir-spraakvryheid-en-geregtigheid-se-roodt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10523","title":{"rendered":"Lastersaak is &#8216;terugslag vir spraakvryheid en geregtigheid&#8217;, s\u00ea Roodt"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Leopold Scholtz\" alt=\"Leopold Scholtz\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/scholtz_leopold.jpg\" \/>In sy reaksie op regter Goodey se bevinding dat lasterlike etikette jeens hom \u201cin die openbare belang\u201d en geregverdig is, het dr. Dan Roodt van Praag dit as &#8216;n \u201cslag vir spraakvryheid en geregtigheid\u201d bestempel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHeel moontlik sien ons hier die eerste gevolge van &#8216;n getransformeerde regbank waarin omstrede sake met rassekonnotasies konstant in die guns van die heersende ideologie en van politieke korrektheid beslis gaan word,\u201d het Roodt ges\u00ea. \u201cDie deur word hiermee ook oopgemaak vir die verguising van dissidente en selfs haatspraak teen die blanke en Afrikanerminderheid. Ons het onlangs gesien hoe mnr. Atholl Trollip van die liberale DA Afrikaners voor die voet as &#8216;Nazi&#8217;s&#8217; in &#8216;n e-pos aan mnr. Jaap Kelder tipeer. Ek herinner my dat ek reeds tien jaar gelede toe ek slegs &#8216;n versigtige besorgdheid oor die voortbestaan van Afrikaans uitgespreek het, reeds as &#8216;n &#8216;Nazi&#8217; verketter is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt meen dat Die Burger, Leopold Scholtz en die bruin elite van die Wes-Kaap met &#8216;n veldtog teen Afrikanerdissidente en teen hom persoonlik besig is. \u201cIronies genoeg is dit die tweede keer in my lewe dat ek &#8216;n hofsaak oor meningsvryheid verloor. Die eerste keer was as student in die destydse Taaldoos-saak in Johannesburg toe ek die spit moes afbyt vir die vierletterwoorde van Koos Kombuis en ten minste een Naspers-joernalis wat onder &#8216;n skuilnaam geskryf het. Tans is dieselfde volgers en kruipers wat die sensuur van destyds goedgepraat en ondersteun het besig om &#8216;n nuwe en erger sensuur te vestig.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die etikettering van Roodt as \u201crassis\u201d deur Scholtz en ander het geskied weens sy kommentaar op geweldsmisdaad en plaasmoorde wat oorwegend deur jong manlike lede van sommige rassegroepe gepleeg word. Volgens Roodt \u201cis hierdie nuwe sensuur wat nou gevestig word nie net veel erger as die oue nie, maar maak dit eerlike kommentaar oor die geweld, misdaad en korrupsie wat in ons land tier toenemend onmoontlik. Selfs akademiese navorsing oor disfunksionele groepe of sub-groepe in die samelewing sal voortaan onmoontlik wees, uit vrees dat navorsers deur die hoofstroommedia in hul heksejag as &#8216;rassiste&#8217; gestigmatiseer sal word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt het sy ondersteuners, ook sy groot internasionale aanhang, vir hul lojaliteit bedank en ges\u00ea: \u201cDis &#8216;n bitter pil om te sluk as die hof ook &#8216;n bestraffende kostebevel teen &#8216;n individu soos ek in die guns van  &#8216;n reusemaatskappy soos Naspers met sy vyf miljard rand aan jaarlikse winste n\u00e1 belasting uitreik. Duidelik moet ek, benewens die aantasting van my waardigheid en reputasie, nog verder gestraf word omdat ek dit durf waag het om my teen die mag van Grootbroer te verset.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van Praag meen dat die stryd om spraakvryheid en geregtigheid in Suid-Afrika \u201cnet feller kan word soos wat &#8216;n korrupte oligargie hom in die land vestig en rassehaat teen minderheidsgroepe, spesifiek die Afrikaner, aangeblaas word. Of Leopold Scholtz en Die Burger dit nou wil weet of nie, hulle verkeer in dieselfde kamp as Malema met sy &#8216;Skiet die Boer&#8217;-liedjies. Histories veg hulle sy aan sy met diegene wat die Afrikanervolk wou uitwis, vanaf Dingaan tot die lords Milner en Kitchener.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt het die onlangse publikasie van twee belangwekkende boeke oor onderskeidelik die rasseproblematiek van Suid-Afrika en die VSA deur twee Amerikaanse skrywerskollegas verwelkom. Ilana Mercer se Into the cannibal&#8217;s pot \u2013 lessons for America from post-apartheid South Africa en Jared Taylor se White identity \u2013 racial consciousness in the 21<sup>st<\/sup> century gaan volgens hom \u201cdie land skud soos nog nooit tevore nie. Leopold Scholtz en Die Burger mag dink dat hul anti-wit rassisme \u2013 ons het mos nou carte blanche (sic) om mense &#8216;rassiste&#8217; te noem \u2013 tot &#8216;n onaantasbare dogma verhef is, maar danksy die internet en boekpublikasies gaan hulle nie daarin slaag om die intellektuele en politieke debat in die doofpot te smoor nie.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/accessories\/\">hair accessories<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-dostavka\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy reaksie op regter Goodey se bevinding dat lasterlike etikette jeens hom \u201cin die openbare belang\u201d en geregverdig is, het dr. Dan Roodt van Praag dit as &#8216;n \u201cslag vir spraakvryheid en geregtigheid\u201d bestempel. \u201cHeel moontlik sien ons hier die eerste gevolge van &#8216;n getransformeerde regbank waarin omstrede sake met rassekonnotasies konstant in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10523\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Lastersaak is &#8216;terugslag vir spraakvryheid en geregtigheid&#8217;, s\u00ea Roodt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10522,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10523","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10523","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10523"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10523\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10522"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10523"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10523"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10523"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}