{"id":10500,"date":"2011-06-07T08:56:05","date_gmt":"2011-06-07T08:56:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10500"},"modified":"2011-06-07T08:56:05","modified_gmt":"2011-06-07T08:56:05","slug":"ernstige-bedenkinge-oor-die-vvk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10500","title":{"rendered":"Ernstige bedenkinge oor die VVK"},"content":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/working.jpg\" width=\"251\" \/><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ek loop  dikwels kommentare onder Praag-artikels raak wat die  Volksraadverkiesingskommissie se beplande verkiesing as \u2018n lewensvatbare  alternatief vir die rasse-sensus wat Suid-Afrika se gewone verkiesings verteenwoordig,&nbsp;  probeer voorhou. Ek het al dikwels&nbsp;sulke inskrywings bevraagteken,  spesifiek oor die onafhanklikheid van die VVK, en die antwoord is telkens dat  die VVK soortgelyk aan Suid-Afrika se OVK is, met ander woorde \u2018n onafhanklike  liggaam wat bloot daar is om \u2018n volksverkiesing te organiseer. Met \u2018n  onafhanklike liggaam wat soveel as moontlik Afrikaners wil betrek, kan ek  hoegenaamd geen fout vind nie en&nbsp;sou ek&nbsp;dit heelhartig steun.&nbsp; Ek het egter ernstige bedenkinge oor die  VVK se onafhanklikheid.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Onafhanklike verkiesingsowerheid soos wat mens in Westerse lande aantref, het in  bre\u00eb trekke drie funksies: 1.) Hou die kieserslys by en hanteer  kieserregistrasies, 2.) Bestuur die proses van kandidaatregistrasie en hou die  register van kandidate by. 3.) Organiseer die verkiesing, tel die stemme en  kondig die resultaat aan. S\u00f3 \u2018n owerheid mag onder  geen omstandighede self by die politiek betrokke raak nie. Hy mag byvoorbeeld  geensins probeer om kiesers wat registreer, te sif volgens hul politieke  oortuigings nie. Al wat&nbsp;&#8216;n onafhanklike owerheid&nbsp;mag doen, is om seker  te maak dat die kiesers wel burgers van die betrokke land en van \u2018n  stemgeregtigde ouderdom is. Dit sou byvoorbeeld ondenkbaar wees vir die Amerikaanse  kiesowerhede om vir voornemende kiesers tydens die registrasieproses te vra:  &nbsp;\u201cOndersteun jy die moord op babas  wat aborsie is?\u201d Nie net het so \u2018n&nbsp;polities gelaaide&nbsp;vraag geen  relevansie vir die registrasieproses nie, maar die blote stel van die vraag en  die manier waarop dit gevra word, het alreeds \u2018n politieke strekking ten gunste  van &#8216;n bepaalde sienswyse. Dit sal 100% gewaarborg lei tot ernstige hofsake deur  die Demokratiese Party om die aktiwiteite van die owerheid onwettig en buite  orde te laat verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG &#8211; hier is geen heilige koeie nie. Ondersteun ons n\u00f3\u00fa deur hier te klik.<\/a><\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts kan \u2018n  owerheid wat waarlik wil aanspraak maak op neutraliteit en onafhanklikheid, nie  die uitslag van die verkiesing vooruit wil loop nie. Om weer die Amerikaanse  voorbeeld hierbo te gebruik, kan die sogenaamd onafhanklike owerheid onder geen  omstandighede s\u00ea dat hy \u2018n verkiesing gaan hou wat slegs daar is om diegene wat  gaan sorg dat die Roe vs Wade-beslissing oor aborsies omgekeer gaan word, te  verkies nie. S\u00f3 \u2018n verkiesing kan allermins as vry en regverdig bestempel word,  omdat dit reeds die uitslag vooruitloop. Dit kan hoogstens \u2018n verkiesing wees  van Republikeinse kandidate, en dan slegs di\u00e9 wat teen aborsies gekant is.  Diegene wat so &#8216;n verkiesing organiseer, kan hulself nie onafhanklik wil noem  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is bevrees  dat die Volksraadsverkiesingskommissie (VVK) bostaande toetse liederlik dop.  Eerstens verwag sy registrasievorm van kiesers om alreeds \u2018n politieke mening  ten gunste van \u2018n volkstaat uit te spreek. Alhoewel ek persoonlik ten gunste van  selfbeskikking asook uiteindelik \u2018n volkstaat is, hoe weet ek of die VVK dat die  meerderheid Afrikaners ten gunste van \u2018n territoriale volkstaat is? Waaroor gaan  die verkiesing dus? Is dit slegs om \u2018n raad te verkies wat voorstanders van \u2018n  volkstaat verteenwoordig? Hoe weet ons die meerderheid Afrikaners  staan hoegenaamd (soos ek)&nbsp;\u2018n volkstaat voor? Ons gaan egter&nbsp;n\u00e1 die  verkiesing ook nie weet nie, want slegs diegene wat \u2018n volkstaat voorstaan, mag  registreer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die VVK  homself as onafhanklik wou voorhou, mag hy nie die kar voor die perde span en  die uitslag van die verkiesing vooruitloop nie. Lees mens op die VVK se  registrasievorm en webwerf, is dit egter duidelik dat hy \u2018n territoriale  volkstaat voorstaan en dit is waarna sy verkiesing mik \u2013 ek verwys spesifiek na  16.5 en 16.6 op sy registrasievorm. Die VVK het dus alreeds bepaal wat sy  \u201cvolksraad\u201d se politieke doelwit is: \u2018n volkstaat, \u2018n politieke uitkoms wat nie  deel mag wees van \u2018n onafhanklike verkiesingsowerheid se aktiwiteite nie. Die  AVP, \u2018n splintergroep van die HNP, wat byvoorbeeld nie \u2018n territoriale volkstaat  voorstaan nie, weier gevolglik om deel te neem, want die VVK is allermins  neutraal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook die vrae  wat die VVK aan sy kandidate op sy vraelyste stel, spreek van \u2018n baie spesifieke  godsdienstige ideologie. Verwys weer eens na my gelaaide vraag oor aborsies  hierbo. Die manier waarop veral vrae 4, 5 en 6 in die kandidaatvraelyste gestel  word, asook die vrae self, spreek duidelik van die invloed van die  Geloftevolkbeweging, wat slegs \u2018n baie beperkte ledetal het. Weer eens: \u2018n VVK  wat soveel as moontlik Afrikanerstemme wil kry, kan nie \u2018n spreekbuis vir \u2018n  bepaalde beweging se ideologie wil wees nie. Dit is goed dat die kandidate die  geleentheid gekry het om hulle standpunte te stel, maar die keuse van vrae het  hulle ongelukkig in \u2018n bepaalde ideologiese rigting gelei, wat na my mening uit  voeling is met die meeste gewone Afrikaners se alledaagse bekommernisse en  aspirasies, en totaal en al buite die bestek is van \u2018n kommissie wat wil beweer  hy is onafhanklik en daar vir alle Afrikaners.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat eweneens  kommerwekkend is van die VVK, is die volgende wat op sy hoofblad verskyn:  \u201cDaarbenewens sal Volksraadslede wat die selfbeskikkingstrewe op enige stadium  mag ondergrawe, demokraties uit hulle posisies verwyder kan word sodra \u2018n mosie  van wantroue op \u2018n volksvergadering aangeneem mag word en sonder dat hulle eers  \u2018n &#8216;termyn&#8217; moet uitdien waarin hulle skade op skade kan aanrig.\u201d Dus: Selfs al  word iemand verkies tot die raad, s\u00ea maar van die AVP wat nie gediend is met die  gedagte van \u2018n volkstaat nie, kan sy mede-raadslede die kiesers wat di\u00e9 raadslid  verkies het, se demokratiese wil ignoreer en hom bloot verwyder. Dis voorts  onduidelik wat \u201condergrawe\u201d beteken. Netnou besluit \u2018n meerderheid van die lede  \u201condergrawe\u201d beteken om nie die Geloftevolk se ideologie te gehoorsaam nie. Dis  nie hoe \u2018n demokrasie werk nie, mense! Jy kan nie net iemand wat wettiglik  verkies is, ontslaan omdat hy nie saamstem met jou siening nie!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte van  bostaande het ek geen probleem met die bestaan van \u2018n verkiesingskommissie wat  \u2018n raad wil verkies om \u2018n volkstaat te bevorder nie, of \u2018n raad wat daar is om  die Geloftevolk se ideologie uit te bou nie. Dit is hulle goeie reg om so te  maak en ek wens hulle alle sterkte daarmee toe.&nbsp; Die probleem ontstaan  wanneer aanhangers van die VVK veral op Naspers of Praag&nbsp;se  kommentaarblaaie probeer voorgee dat die VVK daar is vir \u00e1lle Afrikaners, en ook  met die gebruik van die naam \u201cVolksraad&#8221;. Dit kan per definisie nie \u2018n volksraad  vir alle Afrikaners wil verkies as die kiesowerheid voor die verkiesing reeds  besluit het wie is die volk en welke politieke of godsdienstige doelwitte die  sogenaamde volk moet nastreef nie. Die volk is dan meer akkuraat di\u00e9 faksie van  Afrikaners wat \u2018n territoriale volkstaat voorstaan, en met die Geloftevolk se  godsdienstige ideologie saamstem. &nbsp;Laasgenoemde is weliswaar miskien in die  meerderheid, maar dis nie \u2018n onafhanklike kommissie se rol om dit reeds v\u00f3\u00f3r die  verkiesing te bepaal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevaar  van die VVK behoort vir ons almal duidelik te wees: Deur vooraf reeds \u2018n bepaalde  ideologie, godsdienstige benadering en politieke doelwit voor te hou, gaan dit  baie mense, asook regses soos die AVP, vervreem en uitsluit, en gaan dit uitloop  op \u2018n besonder duur mislukking (ek verneem dat dit minstens R5 miljoen gaan  kos.) Dit gaan ook oneindige ammunisie aan Afrikaners se opponente verskaf wat vir seker vingers na die VVK se lae stemtal gaan wys, en as bewys gaan voorhou dat Afrikaners kwansuis nie die gedagte van selfbeskikking steun  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG &#8211; hier is geen heilige koeie nie. Ondersteun ons n\u00f3\u00fa deur hier te klik.<\/a><\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">casino slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek loop dikwels kommentare onder Praag-artikels raak wat die Volksraadverkiesingskommissie se beplande verkiesing as \u2018n lewensvatbare alternatief vir die rasse-sensus wat Suid-Afrika se gewone verkiesings verteenwoordig,&nbsp; probeer voorhou. Ek het al dikwels&nbsp;sulke inskrywings bevraagteken, spesifiek oor die onafhanklikheid van die VVK, en die antwoord is telkens dat die VVK soortgelyk aan Suid-Afrika se OVK is, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10500","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10500","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10500"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10500\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10500"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10500"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10500"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}