{"id":10496,"date":"2011-06-07T05:40:47","date_gmt":"2011-06-07T05:40:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10496"},"modified":"2011-06-07T05:40:47","modified_gmt":"2011-06-07T05:40:47","slug":"volksmoordenaar-gaan-mugabe-opvolg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10496","title":{"rendered":"Volksmoordenaar gaan Mugabe opvolg"},"content":{"rendered":"<p>Die man wat die suksesvolle volksmoord in Zimbabwe in die tagtigerjare gedryf het, dr. Sydney Tigere Sekeramayi (67), gaan volgens alle aanduidings as die opvolger van Robert Mugabe aangewys word. Hy is sedert 2009 die minister van staatsveiligheid in Zimbabwe.<\/p>\n<p>Sekeramayi het sy opleiding in Swede en Tsjeggoslowakye ondergaan nadat hy uit sy skool in die destydse Rhodesi\u00eb geskors is. Hy is glo tans &#8216;n vertroueling van die eerstydse Speaker Emmerson Mnangagwa en Joyce Mujuru. Hy is &#8216;n bekende en geliefde figuur in Swede en Denemarke waar hy persoonlike vriendskappe met belangrike sosiaal-demokratiese politieke leiers gesmee het.<\/p>\n<p>In 2001 is die Zimbawiese minister van verdediging Moven Mahachi skielik in &#8216;n motorongeluk oorlede waarna Sekeramayi hom dadelik opgevolg het. In 2005 het William Mervin Gumede reeds ges\u00ea dat Sekeramayi Mugabe as President van Zimbabwe kan opvolg vanwe\u00eb sy invloed in milit\u00eare kringe in di\u00e9 land.<\/p>\n<p>Sekeramayi was aktief betrokke by die Gukurahundi-slagting waar ZANU met hul opposisie ZAPU afgereken het. ZAPU, wat veral steun onder die Ndebele-bevolking onder leiding van Joshua Nkomo gehad het, se steunbasis is deur die moorde vernietig. &#8216;n Geraamde 20 000 ZAPU-ondersteuners is tydens die slagting doodgemaak. Volgens ingeligte bronne was Sekeramayi die aanstigter van die geslaagde etniese reiniging.<\/p>\n<p>&#8220;Gukurahundi&#8221; is die Sjona-woord wat beteken &#8220;die lente-re\u00ebn was die kaf weg&#8221;.<\/p>\n<p>Sekeramayi het Marondera-Oos tydens die parlement\u00eare verkiesing in 2005 ingepalm. Hy het glo MDC-kandidaat Iain Kay met 19,912 stemme teen10,066 verslaan. Di\u00e9 oorwinning is deur buitelandse toesighoudende beamptes bevraagteken aangesien die aantal stemme die aantal geregistreerde kiesers ver oorskry het.<\/p>\n<p>Sekeramayi is ook heftig gekant teen die huidige regering van nasionale eenheid waarvan die MDC-opposisieleier, Morgan Tsvangirai, eerste minister is.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/41-podvesnye-promyshlennye-svetilniki\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kp.ua\/incidents\/587793-v-kharkove-ot-holoda-y-poboev-umer-trekhletnyi-malchyk\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die man wat die suksesvolle volksmoord in Zimbabwe in die tagtigerjare gedryf het, dr. Sydney Tigere Sekeramayi (67), gaan volgens alle aanduidings as die opvolger van Robert Mugabe aangewys word. Hy is sedert 2009 die minister van staatsveiligheid in Zimbabwe. Sekeramayi het sy opleiding in Swede en Tsjeggoslowakye ondergaan nadat hy uit sy skool in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10496\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Volksmoordenaar gaan Mugabe opvolg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10496","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10496\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}