{"id":10485,"date":"2011-06-05T06:42:28","date_gmt":"2011-06-05T06:42:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10485"},"modified":"2011-06-05T06:42:28","modified_gmt":"2011-06-05T06:42:28","slug":"die-wabenzi-diktatuur-waarom-die-demokrasie-in-sa-misluk-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10485","title":{"rendered":"Die WaBenzi-diktatuur &#8211; waarom die demokrasie in SA misluk het"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Enkele maande gelede het die Duitse kanselier, me. Angela Merkel,  erken dat die multikulturele samelewing in haar land misluk het.  Suid-Afrika se mislukking is egter veel erger: by ons het die demokrasie  geheel en al skipbreuk gely.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pleks van liberale demokrasie, word ons tans deur &#8216;n  WaBenzi-diktatuur geteister. Wie is die WaBenzi? Hierdie term is &#8216;n  dekade of twee gelede gemunt vir die Afrika-elites wat hulself van hul  eie mense isoleer en &#8216;n Westerse verbruikersbestaan in wesentlik arm en  agterlike lande voer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die Britse joernalis Julian Champkin hulle in 1985 <a href=\"http:\/\/praag.co.uk\/opinion\/comment\/671-the-wabenzi.html\">beskryf het<\/a>,  is WaBenzi &#8220;&#8230;gewoonlik opgevoed; die meeste het oorsee gestudeer;  hulle dra welgesnede driestukpakke; hul tuislande is die lugversorgde  kantore in hoofstede dwarsdeur die (Afrika-)kontinent&#8221;. Lede van die  stam of groep van WaBenzi is gewoonlik letterlik vet van postuur en hou  daarvan om in Mercedes Benz-motors rond te ry; vandaar hul groepsnaam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Champkin praat selfs van die &#8220;staatsgreep&#8221; wat die WaBenzi op die  vasteland van Afrika toegepas het. Elke land in Afrika word deur die  klas of stam van statusbewuste jolytmakers wat ons WaBenzi kan noem,  beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert 1994 het daar uiteraard &#8216;n hele WaBenzi-orgie in Suid-Afrika  plaasgevind soos wat lede van die swart elite op staatsdepartemente,  openbare maatskappye, munisipaliteite en selfs die privaatsektor  toegesak het. Die uitspattige manewales van soesji-etende, sjampanje- en  whisky-drinkende pierewaaiers in die ANC haal gereeld die media.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: left;\"><span style=\"font-size: 14pt;\"><em><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG &#8211; die Afrikaner se laaste intellektuele vesting. Ondersteun ons n\u00f3\u00fa deur hier te klik.<\/a><\/em><\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan egter om veel meer as blote gevalle van korrupsie of, soos  dit tydens die onlangs afgelope munisipale verkiesing geheet het,  &#8220;gebrekkige dienslewering&#8221;. Feit is dat die WaBenzi enige herkenbare  vorm van demokrasie in di\u00e9 land finaal gekelder het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So &#8216;n gevolgtrekking sal waarskynlik nie met groot blydskap deur vele  mense, sowel binnelands as buitelands, ontvang word nie. Dis egter &#8216;n  feit soos &#8216;n koei. Enigeen met selfs net &#8216;n basiese begrip van  staatsleer sou dit onmiddellik kon insien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik is demokrasie &#8216;n paradoks. N\u00earens ter w\u00eareld regeer &#8220;die  volk&#8221; nie. Toe ek in die eerstejaarsklas staatsleer aan Wits geloop het,  het hulle aan ons verduidelik dat die elite gewoonlik die politieke  stelsel beheer. In die meer suksesvolle nywerheidslande bestaan daar  metodes en instellings om die bevolking te sif ten einde &#8216;n talentvolle  en verantwoordelike elite te skep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Frankryk waar ek bykans sewe jaar gewoon het, berei jongmense n\u00e1  skoolverlating vir twee jaar intens voor op mededingende eksamens wat  hulle toegang tot die sogenaamde <em>grandes \u00e9coles<\/em> mag gee. Die <em>grandes  \u00e9coles<\/em> is prestigieuse universiteite buite die gewone stelsel wat  veronderstel is om die leiers en topstaatsamptenare van die land te  kweek. Die moordende voorbereidingsprogram en ho\u00eb eise wat aan studente  gestel word, sorg dat slegs die bestes ooit di\u00e9 heiligdomme van die  Franse opvoedingstelsel betree.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Brittanje is daar natuurlik die universiteite van Oxford en  Cambridge wat gereeld onder die toptien of toptwintig ter w\u00eareld  geklassifiseer word. Die room van die Britse jeug word hier opgelei en  eindig uiteindelik in ho\u00eb poste in die staatsadministrasie wat as  &#8220;Whitehall&#8221; bekendstaan, na die straat in Londen waar die meeste  ministeries gele\u00eb is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die vyftigerjare verkry studente in die VSA toegang tot die  gesogte <em>Ivy League<\/em>-universiteite soos Harvard, Yale, Princeton en  Stanford op meriete en op grond van &#8216;n psigometriese toets bekend as die  SAT oftewel &#8220;Scholastic Aptitude Test&#8221;. Slegs studente met &#8216;n baie ho\u00eb  IK, werkywer en kennis word as &#8216;n re\u00ebl toegelaat aangesien die SAT  mindere geeste meedo\u00ebnloos elimineer, nes Frankryk se gevreesde  mededingende eksamens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die punt aangaande Westerse elites is egter dat hulle sedert die  Amerikaanse revolusie van 1776 en die Franse revolusie van 1789 deur &#8216;n  gelykheidsetos begeester is. Anders as in feodale tye, poog hulle nie om  hulself van die res van die bevolking af te sonder in aristokratiese  paleise met baie bediendes nie, maar dien hulle hul medeburgers in &#8216;n  gees van nasionalistiese broederskap. Westerse elites, wat die stelsel  van sogenaamde &#8220;demokrasie&#8221; beheer, poog gedurig om nader aan hul  onderdane en medeburgers te leef en hul probleme en versugtinge te  verstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom is daar min sosiale afstand tussen die elite en die gewone  burgery. In sy mees ekstreme vorm het &#8216;n mens tot onlangs gevind dat  Nederlandse politici en selfs staatshoofde byvoorbeeld sonder lyfwagte  op straat stap of per fiets van een afspraak na &#8216;n ander pendel. Waar  lede van Westerse elites hulself wel aan snobisme of sosiale afstand  skuldig maak, durf hulle dit nie openlik wys nie, want so iets sou  sosiale en politieke selfmoord beteken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die paradoks van Westerse demokrasie is juis dat die volk nie regeer  nie, maar dat die elite die belange van die volk op die hart dra en  vanwe\u00eb hul streng opleiding hardwerkend, intelligent en redelik eerlik  is, veral ho\u00eb staatsamptenare wat in baie gevalle op gewone politici  neersien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrika-elites staan re\u00eblreg teenoor die Westerse heersersklas met sy  etos van gelykheid en diensbaarheid. Soos Champkin dit stel, &#8220;mag die  semigeletterdheid wat in die meeste Afrika-skole geproduseer word nie  studente vir ho\u00eb ampte kwalifiseer nie, maar dit diskwalifiseer hulle  sekerlikdaarvan&nbsp; om kleinboere te wees. Hul geleerdheid waarborg hul  werkloosheid.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n sekere sin is &#8216;n lid van die Afrika-elite iemand wat oor te min  kennis beskik en te belangrik is om te werk. Hierdie stam van WaBenzi  sak dan in hul hordes op lugversorgde kantore toe waar hulle hul sin vir  belangrikheid, status, blouligkonvooie en &#8216;n uitspattige lewenswyse kan  volvoer, hetsy in die openbare, hetsy in die privaatsektor waar  regstellende aksie vir hulle ook &#8216;n groot aantal aardig besoldigde poste  verseker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Westerse elites poog om voortdurend die gaping tussen hulle en  die gewone burger te verklein, veral deur die opheffing van elke  volksgenoot, selfs die agtergeblewenes of armblankes &#8211; vergelyk maar ons  Afrikanergeskiedenis &#8211; neig die WaBenzi daarna om &#8216;n al groter sosiale  afstand tussen hulle en die res van die bevolking te plaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar ook die mislukking van demokrasie in Suid-Afrika, noudat die  WaBenzi volledig oorgeneem het. Die ritueel van demokratiese verkiesings  elke vyf jaar is in wese sinneloos, want die land beskik oor geen ander  swart elite as sy half opgeleide, uiters statusbewuste WaBenzi nie.  Dieselfde geld natuurlik vir Zimbabwe en baie ander Afrikalande waar  gereelde verkiesings, wat dikwels gemanipuleer word, eintlik &#8216;n  bespotting van demokrasie maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Demokrasie, die uitvinding van Westerse elites, is daarom soos &#8216;n  orgaan wat in &#8216;n ander liggaam oorgeplant is en deur sy nuwe gasheer  verwerp word. Trouens, demokrasie word deur die WaBenzi gesien, nie as  &#8216;n metode om sosiale afstand en ongelykheid tussen die elite en die  gepeupel te verklein nie, maar juis om sodanige afstand te vergroot.  Deur hul toe\u00ebiening van rykdom en mag, aspireer individuele WaBenzi om  onaantasbare &#8220;hoofmanne&#8221; of kapteins in die tradisionele sin te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tewens, &#8216;n mens kan selfs postuleer dat, hoe groter die afstand, hoe  langer bly die hoofman aan bewind, soos ons in die geval van Robert  Mugabe gesien het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons wag op die kaptein, soos Elsa Joubert in haar Afropessimistiese  roman geskryf het. Maar waar pas die Afrikaner en die oorblywende  blankes in Suid-Afrika in? Onder invloed van die WaBenzi-diktatuur met  sy despotiese hoofmanne wat elke belangrike instelling beheer, of dit  nou staatsdepartemente of universiteite is, is die Afrikaner besig om  insgelyks sy band met die demokrasie en met sy Europese wortels te  verloor. Nes die WaBenzi, wat ontwortel en deur hul halfgebakte Westerse  opvoeding van hul eie kultuur vervreem is, is die Afrikaner besig om  insgelyks in &#8216;n half-Engelse, half-barbaarse gedrog te ontaard.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Koos Kombuis in een van sy liedjies gesing het: &#8220;Ons is almal  k****rs in ons harte.&#8221; Overgezet synde: &#8220;Ons is almal WaBenzi in ons  harte.&#8221; Ontdaan van die dissipline en skerpsinnigheid wat ons elite  voorheen aan ons opgel\u00ea het, is ons besig om ewe seer op te gaan in die  kultuur van vertoon, maklike geld, hebsug en vulgariteit wat die  Suid-Afrikaanse WaBenzi sedert 1994 di\u00eb van Suid-Afrika gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het ons strewe na uitnemendheid en sin vir prestasie op grond van  meriete langs die pad verloor. Van Wyk Louw se &#8220;aristokratiese ideaal&#8221;  of &#8220;&#8216;n kultuur wat met die beste van Europa kan vergelyk&#8221; is nou baie  ver van die Afrikaner se gedagtes af. Soos bestaansboere wat stad toe  getrek het, hou ons onsself met oorlewing besig, as ons nie ook droom  van &#8216;n swart Mercedes of om te emigreer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Emigrasie is op &#8216;n manier die groot droom van elke WaBenzi, om aan sy  eie geboortegrond te ontsnap en vir die res van sy lewe vergaderings in  &#8216;n vreemde taal in &#8216;n vreemde stad by te woon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: left;\"><span style=\"font-size: 14pt;\"><em><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG &#8211; die Afrikaner se laaste intellektuele vesting. Ondersteun ons n\u00f3\u00fa deur hier te klik.<\/a><\/em><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"\u0431\u0430\u043d\u0438 \u0444\u043e\u0442\u043e\">\u043f\u043b\u0430\u043d \u0431\u0430\u043d\u0438 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enkele maande gelede het die Duitse kanselier, me. Angela Merkel, erken dat die multikulturele samelewing in haar land misluk het. Suid-Afrika se mislukking is egter veel erger: by ons het die demokrasie geheel en al skipbreuk gely. Pleks van liberale demokrasie, word ons tans deur &#8216;n WaBenzi-diktatuur geteister. Wie is die WaBenzi? Hierdie term is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10485\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die WaBenzi-diktatuur &#8211; waarom die demokrasie in SA misluk het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10485","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10485","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10485"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10485\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10485"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10485"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10485"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}