{"id":10479,"date":"2011-06-03T06:34:40","date_gmt":"2011-06-03T06:34:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10479"},"modified":"2011-06-03T06:34:40","modified_gmt":"2011-06-03T06:34:40","slug":"3-voertuie-vir-n-asemrowende-toer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10479","title":{"rendered":"3 voertuie vir &#8216;n asemrowende toer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tydens ons onlangse toer van <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/motors-magazine-258\/motornuus-magazine-458.html\">Krugersdorp na Kgalagadi<\/a> het ons drie viertrekvoertuie getoets, voorwaar &#8216;n besondere voorreg. Hier volg ons ry-indrukke van die viertrekveldtemmers.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland<strong><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/strong><\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Jeep Cherokee by Jack se pan\" alt=\"Jeep\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/jeep%20by%20jacks%20pan.jpg\" width=\"251\" \/>Die Jeep het hom goed gedra; ons was drie mense in die voertuig met  \u2018n kampeeryskas, 45-literkoelkas, herwinningstoerusting, twee kratte kos, 20  liter drinkwater, klere, asook kampeertoerusting en -stoele. Die Amerikaanse veldvoertuig was tot teen  die dak gelaai met net genoeg oop sitplek vir my, Sonya en Monet. Ons het 134  liter petrol gebruik en dit was net eenkeer nodig om die Jeep in laestrek te ry  en dit was by Vanzylsrus teen die duin uit. Ooppadverrigting is uitstekend en  selfs met die Grand vol gelaai het ek nooit gevoel die 3,6 liter V6 Pentastar-enjin werk nou hard nie. Ons toerkonvooi het nooit meer as 110 km\/u gery nie en  die togbeheer waarmee die Jeep toegerus is, het die rit baie gemaklik gemaak.  Die Overland-spesifikasie waarmee ons toetsvoertuig toegerus was, het verhitte  sitplekke met \u2018n verkoelingsfunksie as standaardtoerusting ingesluit. Die verkoelingsfunksie was nogal handig in die Kalahari, want die kwik het vir so twee dae ver oor  die 30 grade getrek en dit was juis die verkoelde sitplekke wat my in die diep sand laat kophou  het. Die Jeep se bougehalte is puik en selfs  n\u00e1 500 kilometer in die stof het ek glad nie stof in die Jeep se kajuit geruik nie. Daar was geen noemenswaardige geratel n\u00e1 al die grondpaaie wat ons gery het  nie en selfs nie eens \u2018n pap band n\u00e1 al die bospaadjies waar ons gekampeer het  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my gepla het van die Jeep<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toetsmotor was pikswart. Nou weet ons almal dat dit &#8216;n mite is dat swart  motors warmer as ander kleur motors is, maar die swart het my baie laat lyk soos  een van die ampsdraers van die plaaslike regering en daarvan het ek nie baie  gehou nie. Die swart het ook baie gouer al die Kalahari-stof gewys. Ons  toetsvoertuig was toegerus met die standaard 20 duim 265\/50 R20 BSW 3-werksverrigtingbande wat die sandryery baie moeilik gemaak het. Die opsionele  \u201cOff\u2013Road Adventure II\u201d-pakket wat 18 duim 265\/60 R18 BSW All terrain-bande  insluit sou hierdie Jeep in \u2018n heel ander klas op di\u00e9 tipe paaie geplaas het.  Die pakket sluit ook skaafplate vir die onderkant van die voertuig in wat die  gras ook sommer uit die dryfasstelsel sou uithou. Ons toetsvoertuig se  kompas was ook die hele tyd verkeerd; hy het nooit die regte rigting aangedui  nie. Nou moet ek bieg dat dit my skuld kon gewees het, want ek het nooit voor die  tyd seker gemaak dat die kompas reg gekalibreer is nie. Aan die ander kant: die  GPS-stelsel het 100% gewerk en ek kon nie verstaan dat die kompas en die GPS nie wou  saamwerk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my be\u00efndruk het van die Jeep<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jeep het vir seker die meeste pakplek van die drie motors gehad;  die sitplekke wat plat vou en die lengte van die laairuim is regtig indrukwekkend. Die  rygerief was uit die boonste rakke en dan die toerusting wat ingesluit is by die  prys van R582 000 is net verstommend. Leer- en&nbsp; houtafwerking, verhitting\/verkoeling vir  die sitplekke en stuurwiel, lugvering, panoramiese glasdak, 210 Kw se krag, lugfiltreringstelsel vir die kajuit, \u201cSmart Beam\u201d- slim hoofligte wat aankomende  verkeer in ag neem met die sterkte van die hoofligte&#8230; Die lys gaan net aan. Die  Jeep is bykans R70 000 goedkoper as die Nissan Pathfinder en slegs R30 000  duurder as die Pajero GLX wat nie naastenby so goed as die Jeep toegerus is  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Nissan Pathfinder 3,0 dCi V6 V9X LE<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Nissan Pathfinder voor 'n rooi duin\" alt=\"Nissan Pathfinder\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/nissan%20voor%20n%20rooi%20duin.jpg\" width=\"251\" \/>Mike het alleen in die Pathfinder gery met al die sitplekke plat  gevou sodat die kampeertoerusting, plus van die kos en \u2018n 45-literkoelkas sowel  as &#8216;n seil-gazebo van 6&#215;4 meter en water kon inpas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my gepla het van die Nissan<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet nie of dit net hierdie spesifieke voertuig is nie en of dit &#8216;n eienskap van die Pathfinder is nie, maar die voertuig se stert het kwaai  gehang. Hy was vol gelaai maar nie veel swaarder as wat sewe insittendes met  bagasie sou wees nie. Ons het ook die swaarste goed in die&nbsp; middel van die voertuig probeer pak  sodat daar juis nie baie gewig op die agterwiele moes wees nie. Die Pathfinder  het op heelparty plekke sy stert op die sand gesleep, veral in die diep sand  van die kaplyn. Ons het eers gedink dit is die noodwiel wat onder die bak  gemonteer is , maar agtergekom dit is die agterste ewenaar wat laer as die wiel  hang. Mike besit self \u2018n 1998 Nissan SANI-stasiewa en die Pathfinder is  inderdaad kleiner binne as die SANI. Op sy hengeluitstappies slaap Mike gereeld  agter in die SANI as die sitplekke plat gevou is. In die Pathfinder kon Mike wat  nie eers ses voet lank is nie, nie plat l\u00ea met al die sitplekke plat gevou nie.  Ek was ook seker bederf met die puik bougehalte van die Jeep, maar die  Pathfinder het heelwat meer virbrasies op die grondpaaie as die Jeep gehad en jy kon  duidelik die stof ruik wat heel agter aan die linkerkant by \u2018n klein luginlaat  in die kajuit ingesuig is. Die Pathfinder was ook met standaard- padbande en nie  All Terrain-bande toegerus nie, wat waarskynlik die sandry bietjie makliker sou  maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my be\u00efndruk het van die Nissan<strong> <\/strong><\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel, die klankbaan van die Pathfinder se 3,0 liter V6-turbodiesel met  nie minder nie as 170 Kw, is werklik iets besonders. Die Pathfinder is toegerus  met leersitplekke wat elektronies verstel, \u2018n navigasiestelsel met \u2018n geheue  vir musiek, ensovoort, asook &#8216;n werklike baie gebruikersvriendelike elektroniese  vierwielstelsel wat maklik met die draai van &#8216;n knop die voertuig  vir van die moeilikste paaie gereed het. Sonder die trekkrag van 550 Nm wat die Pathfinder  sonder enige inspanning ontwikkel, sou ons vir seker baie moeiliker in die sand  gery het, juis omdat die stert so laag gehang het. Mike het 136 liter diesel in  die Nissan gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Mitsubishi Pajero GLX LWB<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Mitsubishi Pajero tydens sonsondergang by Jack se pan\" alt=\"Mitsubishi Pajero\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/pajero%20tydens%20sonsondergang%20by%20jack%20se%20pan.jpg\" width=\"251\" \/>Wilma en Tersia was die meeste van die tyd in die Pajero. Hulle het  ook die agterste sitplekke plat gevou om plek te maak vir twee tasse, \u2018n vyfmankoepelseiltent met spanseil, kos, water en \u2018n 45-literkoelkas. En vroumense  kan \u2018n klomp goed saamry!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my gepla het van die Pajero<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die waarheid te s\u00ea, was daar bitter min wat gepla het. Die  voertuig het presies gedoen waarvoor hy ontwerp is. As ek nou regtig krities  moet wees, sou ek s\u00ea die dik plastiekbakskorte wat aan die onderkant van die  deure aangebring is en by die buffers aansluit het heelwat krappies in die bosse  opgedoen. Die feit dat die Pajero ook ho\u00eb agterhoeke het, het ook die bosryery  bemoeilik. Waar die ander twee voertuie maklik onder deur \u2018n bos kon gaan, het  dit mooi ry gekos om nie die Pajero te krap nie. Daar is dan ook \u2018n paar fyn  haarkrapmerkies veral op die agterste boonste hoeke opgedoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Wat my be\u00efndruk het van die Pajero<strong> <\/strong><\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Pajero se bakwerkkleur was werklik die mees sindelike kleur. Die blougrys metaalkleur het die minste stof gewys en ons het van die mooiste foto\u2019s  van die Pajero in die Botswana-son kon kry. Die Pajero was ook die enigste een van  die drie wat met All Terrain-bande toegerus was en dit het werklik \u2018n groot  verskil op die sandpaaie van die kaplyn gemaak. Die navigasiestelsel van die  Pajero was ook vir my die indrukwekkendste met die hoogte bo seespie\u00ebl en  kompasrigting wat duidelik aangedui is. Die laestrekratte wat met \u2018n tweede  hefboom geskakel kan word, was ook meer ou-skool wat nie so gebruikersvriendelik  soos die Jeep en die Nissan was nie, maar meer vertroue as die twee  nuwer voertuie ingeboesem het. Ons het 135 liter diesel in die Pajero  gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen R544 588 is die Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX LWB outomaties  die goedkoopste van ons drie toetsmotors. Hy het nou wel \u2018n nuwe 140-Kw-turbodieselenjin, maar die res van die Pajero voel oud, nie heeltemal  tegnologies in die klas van die ander twee nie. Met Dakar-ondervinding en  verkope beter as di\u00e9 van die  Pathfinder gee die kopers seker nie te veel hieroor om nie. Die Pajero was die  beste toegerus vir die omstandighede waaronder ons getoer het met die All  terrain-bande maar hy was ook die enigste voertuig wat oral gras onder die  bakwerk bymekaar gemaak het. Daar is \u2018n dwarsstaaf ter versterking van die  onderstel wat kort-kort gras versamel het. Alhoewel dit nie naby die  uitlaatstelsel of dryfstelsel was nie, kan dit sonder \u2018n skaafplaat dalk \u2018n  probleem veroorsaak. Die Pajero is ook die enigste voertuig waar ons twee saadnette nodig gehad het omdat daar onder baie laag naby aan die pad ook \u2018n  verkoelerinlaat sit wat ten spyte van die net nog steeds gras bymekaar gemaak  het. Die Nissan Pathfinder 3,0 V6 dCi 4&#215;4 outomaties<strong> <\/strong>klink mooi as jy hom bietjie vet gee,  hy het die tweede meeste krag vir \u2018n diesel in die klas naas die Disco 4, maar  met die agterste ewenaar en noodwiel wat onder die voertuig in die sand sleep,  dink ons die Pathfinder sal beter vaar waar die paaie meer gelyk is. Dink nou  net as ons &#8216;n wiel moes vervang, dan moes ons die noodwiel eers uit die sand uit  grawe om dit van die voertuig af te kry en dan die voertuig nog ho\u00ebr oplig om  die ou band weer onder die voertuig in te kry. Die Nissan Pathfinder is ook  heeltemal te duur vir wat die voertuig bied. Teen R652 000 is hy selfs duurder as  die Nissan Murano of Z370 Roadster. Hy is bykans R107 000 duurder as die Pajero  en R2 000 duurder as die Toyota Prado VX Diesel, selfs R28 000 duurder as die  Land Rover Discovery 4 TD SE wat sonder twyfel die leier in die segment is. Wat  die Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland betref is hy die enigste een van die drie  wat petrolaangedrewe is. Dit op sigself is \u2018n terugslag op die huidige oomblik. Alhoewel  ons geen probleem met die beskikbaarheid van petrol in Botswana gehad het nie,  kan dit \u2018n probleem raak in die res van Afrika. Die Jeep is wat rygerief en  toerusting aanbetref in \u2018n ander klas, na my mening die naaste aan die segmentleier-Discovery 4 van al drie die voertuie. Teen R582 000 vir die Overland soos  ons toetsvoertuig, is dit net die 5,7 V8 Overland wat nog meer krag bied in die  Jeep-stal en selfs hy teen R631 000 is goedkoper as die Pathfinder. Die Jeep is  meer gesofistikeerd en verfynd as ooit tevore, luukser as ooit tevore en met  die Quadra-Trac II- en Quadra-Drive II-vierwielstelsel en geslote lugvering wat  sy eie lug aanboord in \u2018n silinder berg, is dit werklik net die luukste HSE  Disco 4 wat die Jeep troef. Met bykans identiese brandstofverbruiksyfers as die  ander twee dieselvoertuie kan ons nie wag vir die turbodieselmodel wat dalk  later in 2011 plaaslik beskikbaar sal wees nie. Dus vir ons Kalaharitoer 2011 plaas  ons die drie voertuie soos volg vir algemene werkverrigting, brandstofverbruik en gebruikersvriendelikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  (13,58 L\/100km&nbsp; vir ons  toer)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX Lwb AT&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  (13,38 L\/100 km vir ons toer)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  Nissan Pathfinder 3,0 dCi 4&#215;4 AT&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;  (13,48 L\/100 km vir ons toer)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dankie aan Chrysler SA vir die Jeep, Nissan SA vir die Pathfinder en  Mitsubishi SA vir die Pajero.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/aksessuary\/shapki-homuty\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0448\u0430\u043f\u043a\u0443 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens ons onlangse toer van Krugersdorp na Kgalagadi het ons drie viertrekvoertuie getoets, voorwaar &#8216;n besondere voorreg. Hier volg ons ry-indrukke van die viertrekveldtemmers. Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland Die Jeep het hom goed gedra; ons was drie mense in die voertuig met \u2018n kampeeryskas, 45-literkoelkas, herwinningstoerusting, twee kratte kos, 20 liter drinkwater, klere, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10479\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;3 voertuie vir &#8216;n asemrowende toer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10476,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-10479","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10479","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10479"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10479\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10476"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10479"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10479"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10479"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}