{"id":10443,"date":"2011-05-27T06:15:29","date_gmt":"2011-05-27T06:15:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10443"},"modified":"2011-05-27T06:15:29","modified_gmt":"2011-05-27T06:15:29","slug":"waarom-die-belharbelydenis-onaanvaarbaar-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10443","title":{"rendered":"Waarom die Belharbelydenis onaanvaarbaar is!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Belharbelydenis (BB) is in 1982 deur &#8216;n aantal kerklikes  verbonde aan die (destydse) NG Sendingkerk opgestel. By die totstandkoming van die Verenigde Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) is die BB as belydenisskrif aanvaar. Nou blyk dit dat twee Kaapse NGK Sinodes reeds die BB aanvaar het en dat daar verdere druk op die NGK in sy geheel is om BB as belydenisskrif te aanvaar.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merkwaardig genoeg is die Godsidee in die BB &#8216;n gedifferensieerde van Vader, Seun en Heilige Gees. Die drie-eenheid is &#8216;n dogmatiese konstruksie wat die grense van filosofiese besinning oorskry.  God kan nooit die voorwerp van besinning word nie, omdat hy Der Ganz Andere is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die BB met die mens handel, is &#8216;n wysgerige antropologie &#8216;n noodwendigheid.  Die antropologie in die BB is &#8216;n dualisme tussen siel en liggaam. Die heerskappy word aan siel toegeken. Hiervolgens is m = s + l.  Die gelykmakende sielsbeskouing is gebaseer op die Platonisme en is vreemd aan die Christendom.  In Christelike denke is  m + sl en is die volle mens in sy gene vervat. Na die gene van die mens is die mens uniek en ongelyk aan ander en l\u00ea die gene potensiaal vas en l\u00ea dit ook grense op. Omdat die mens in gemeenskapsverband lewe is daar ook genetiese verskille tussen gemeenskappe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is in die BB &#8216;n spanning\/dualisme tussen eenheid en verskeidenheid wat nie bevredigend opgelos word nie. Die verskeidenheid los op in die eenheid. So word die eenheid &#8216;n monisme.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die BB konstitueer verskeidenheid ongelykheid, met die implisiete implikasie dat enige politieke sisteem wat nie &#8216;n liberaal-humanistiese demokrasie as ideaal het nie, verdag gemaak word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eenheid is vir die BB die voorwaarde vir die sigbare demonstrasie van geloof. Eenheid konstitueer gelykheid. Die voorwaarde vir versoening is eenheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die BB skryf van &#8220;die kerk&#8221; so asof dit nie gedifferensieerd bestaan nie. Hierdie konstruksie is vreemd aan ons ervaring. Hoe verklaar die BB bv die differensiasie tussen:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Grieks-Ortodokse en Russies Ortodokse kerke<br \/>Die Rooms-Katolieke Kerk<br \/>Die Anglikaanse Kerk<br \/>Die onoorsienbare verskeidenheid van Lutherse en Calvinistiese Kerke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is bg. kerke &#8216;n aanduiding van sondige kerklike verskeurdheid en wie is nou reg en wie waarom verkeerd?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In wese is kerke histories gevormde instellinge met &#8216;n datum van ontstaan en ook van vergaan.  Daar is &#8216;n noue verband tussen kerkwees en die behoeftes van &#8216;n kerkgemeenskap wat afgestem is op taal, kultuur en godsdiens-behoeftes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondfout van die BB is dat kerk gelykgestel word aan koninkryk\/basileia.  Wanneer ons bid &#8220;Laat U koninkryk kom&#8221; dan bedoel Jesus allermins dat die lewe verkerklik moet word.  Dit beteken wel dat elke aspek van die omvattende lewe van die mens volgens goddelike beginsels geformeer sal word. Die koninkryksidee korrespondeer breedweg met die vraag &#8220;hoe die menslike samelewing volgens godgegewe norme geformeer moet word&#8221;.  Ook hier speel differensiasie &#8216;n belangrike rol in beskaafde gemeenskappe. Beskaafde gemeenskappe ontwikkel binne samelewings (wat ook afhang van die religieuse rigting en kulturele inslag daarvan) &#8216;n verskeidenheid van sosiale instellinge (opvoedkundig, polities, taalkundig, godsdiens, ens.). Elke instelling het &#8216;n eie unieke en nie na &#8216;n volgende onherleibare karakter. So is die staat &#8216;n regsverband en die kerk &#8216;n religieuse geloofsverband.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Gereformeerde antwoord op die BB is soos volg, onder meer:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n kerk is &#8216;n aanbiddingstruktuur wat binne ruimte (lokaliteit) en tyd (jaar van ontstaan) na die aanbiddingsbehoeftes van gemeenskappe binne &#8216;n bre\u00ebr Christelike gemeenskap bestaan.<br \/>&#8216;n Kerk het &#8216;n beperkte rol in &#8216;n Christelike samelewing wat afgestem is op: aanbidding, woordverkondiging, sakramentebediening en tug.<br \/>Die BB is &#8216;n reaksion\u00eare dokument wat betrekking het op &#8216;n politieke bedeling van etniese differensiasie en selfbeskikking wat verby is en wat deur &#8216;n nuwe klassesisteem vervang is.<br \/>Daar is &#8216;n sigbare afwesigheid van kritiek op die grondslae van die huidige ANC-party-diktatuur\/staatskollektivisme met sy tipiese rassistiese neo-werkreserverings-beleid (affirmative action).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten slotte moet die vraag gevra word wat &#8216;n kerklike belydenis is? Is dit prim\u00ear &#8216;n belydenis in sake God, hoe God ten beste aanbid of gedien moet word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde: het dit &#8216;n transdedente karakter. Indien wel misluk die BB hierin.  Is dit alternatiewelik &#8216;n belydenis wat horisontale verhoudings aanspreek en indien wel, hoe onderskei &#8216;n mens dit van politiek as die wetenskap oor hoe samelewings ten beste regeer moet word? Indien wel is die BB wesenlik polities ge\u00efnspireerd.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Meer omvattende dokument oor die Belharbelydenis kan aangevra word van <a href=\"mailto:clandman@netactive.co.za\">clandman@netactive.co.za<\/a> (082 854 75 16).<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">casino slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Belharbelydenis (BB) is in 1982 deur &#8216;n aantal kerklikes verbonde aan die (destydse) NG Sendingkerk opgestel. By die totstandkoming van die Verenigde Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) is die BB as belydenisskrif aanvaar. Nou blyk dit dat twee Kaapse NGK Sinodes reeds die BB aanvaar het en dat daar verdere druk op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[],"class_list":["post-10443","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10443","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10443"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10443\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10443"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10443"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10443"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}