{"id":10430,"date":"2011-05-25T06:10:15","date_gmt":"2011-05-25T06:10:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10430"},"modified":"2011-05-25T06:10:15","modified_gmt":"2011-05-25T06:10:15","slug":"steve-vir-president","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10430","title":{"rendered":"Steve vir president!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Volgens sekere fluisterstemme in die Afrikanergeledere is daar &#8216;n groot groep mense wat vir Steve Hofmeyr wil nomineer vir die VVK-verkiesing. Of dit die waarheid is of nie, weet ek nie, maar dit het my aan die dink gesit oor hoekom ons vir Steve bewonder?<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, hy is nie noodwendige &#8216;n &#8220;geliefde&#8221; van die volk nie, daarvoor is hy te stout, hy is nie juis &#8216;n rolmodel vir ons kinders nie, daarvoor is hy te wild en hy is nie juis &#8216;n &#8220;gesiene&#8221; man nie, daarvoor is hy te, kom ons noem dit maar, menslik&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een moontlikheid hoekom almal van Steve hou is omdat ons almal op een of ander manier met hom assosieer. Vir baie mense is hy nog Bruce van &#8216;Agter elke man&#8217; en daardie assosiasie maak hom deel van die huisgesin. Ander is mal oor sy musiek, of dit nou Pampoen of Neil Diamond is, die man kan sing. Dan is daar sy politieke betrokkenheid of eerder sy Volks-betrokkenheid. Daar is min, indien enige ander Afrikaanse kunstenaars wat so naby leef aan die mense in sy stoele soos Steve Hofmeyr. Hy ken ons mense, hy weet wat is ons hartseer en wat is ons vreugde. Hy lag saam, hy huil saam en hy vloek saam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik het hy ook baie mense wat nie van hom hou nie&#8230; Wel, kom ons stel dit eerder so: Daar is ook baie mense wat somtyds nie van hom hou nie! Sy sienings oor geloof het talle mense die duiwel in vir hom (verskoon die woordspeling) en sy morele standaarde is nou nie juis SABS-kwaliteit nie. Die vreemde verskynsel is egter dat mense amper met hom raas soos hulle met &#8216;n eie kind raas. Hulle word woedend, braak gal en skree &#8220;bliksem&#8221; maar as hy weer Pofadder toe kom pak hulle die saal vol, want dit is mos Steve&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag bly staan: Is Steve &#8216;n politieke leier?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al hou jy nie van hom nie, moet almal erken hy is suksesvol in wat hy doen. Die moontlikheid dat hy suksesvol kan wees in &#8216;n politieke rol is dus nie verregaande nie. Ek dink eerder die vraag wat hy homself afvra is &#8220;hoekom?&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steve kry tans meer reg op sy eie as meeste Afrikaner politici. Hier is &#8216;n man wat publisiteit verstaan. Deur een sms kan hy letterlik duisende mense in &#8216;n bepaalde rigting laat dink. Ek wil dit waag om die stelling te maak dat Steve heel moontlik meer aanhangers het as die totaal van mense betrokke by volksorganisasies! (Hy het heel moontlik ook meer geld as meeste van die Afrikaner volksorganisasie saam.) Punt is, gaan &#8216;n politieke rol hom nie weerhou van dit wat hy nou regkry nie? Gaan lees mens die kommentare op Naspers rakende Steve dan sien jy hoeveel steun die man genereer vir &#8216;n saak in kontras met dit wat ons leiers doen, of eerder nie doen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steve se toetrede op &#8216;n amptelike vlak tot ons stryd om vryheid sal meer doen vir die Afrikanervolk as enige ander leier die laaste 20 jaar. Bo en behalwe die feit dat so baie mense hom like sal dit die man en vrou op straat laat besef dat die stryd om ons kultuur te laat oorleef niks te doen het met rassisme of ver-regs nie. &#8216;n Stigma wat ons al jare lank sukkel om af te skud kan nou deur een man in &#8216;n agtermiddag onder duisende mense reggestel word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet baie mense brom oor die idee, maar ek sal vir hom stem. Ek is jammer vir die mense wat hoop net verregses kom op die Volksraad, maar die Afrikanervolk is baie wyer as dit. Die feit dat duisende mense die Blou Bulle ondersteun op &#8216;n Saterdag middag maak nie dat hulle nie meer Afrikaners is nie, dit beteken net dat ons nog nie met &#8216;n aksie of &#8216;n inisiatief vorendag gekom het waarmee hulle kan assosieer nie. Die oomblik as ons nie vir Steve Hofmeyr erken vir die rol wat hy speel in ons volk nie, is ons uiters na\u00efef. Hy het dalk net &#8216;n beter begrip van wie en wat die Afrikanervolk eintlik is, as ons&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit is ook dan hoekom ek van Steve hou. Hy probeer nie voorgee ons is hierdie heilige en perfekte volk wat nooit &#8216;n fout maak nie. Hy ken die volk, hy weet wat ons mense eet, drink en asemhaal&#8230; En hy is nie skaam daarvoor nie! Hy baklei daarvoor. Hy is nie bang om sy s\u00ea te s\u00ea nie en hy doen dit met oortuiging. Iets wat sommige leiers dalk maar by hom kan gaan leer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter vir my verblydend, indien die fluisterstemme waar is, dat die VVK besef hulle moet &#8216;n meer realistiese verteenwoordiging daarstel vir die Afrikaner. Dit wil voorkom asof hulle die Afrikaner op straat se behoeftes en belange begin verstaan. Aan die einde van die dag (soos &#8216;n ander Blou Bul altyd skerts) gaan dit oor die Afrikaner kultuur in sy geheel, of dit verval is en\/of gemanipuleer is, of ons met dit saamstem of daarvoor skaam is, hulle is almal deel van ons volk&#8230; Die doel van die VVK is nie om net die ou, regse groepe te verteenwoordig by die VN nie, maar &#8216;n hele volk- &#8216;n volk wat hou van rugby, braai en Steve Hofmeyr&#8230;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/kukli-monster-hai-lutchii-podarok-malenkoi-poklonnice-multseriala\">\u043c\u0443\u043b\u044c\u0442\u0438\u043a\u0438 \u043c\u043e\u043d\u0441\u0442\u0440 \u0445\u0430\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043e\u0431\u044b\u0441\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens sekere fluisterstemme in die Afrikanergeledere is daar &#8216;n groot groep mense wat vir Steve Hofmeyr wil nomineer vir die VVK-verkiesing. Of dit die waarheid is of nie, weet ek nie, maar dit het my aan die dink gesit oor hoekom ons vir Steve bewonder? Nee, hy is nie noodwendige &#8216;n &#8220;geliefde&#8221; van die volk &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10430\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Steve vir president!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10430","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10430","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10430"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10430\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10430"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10430"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10430"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}