{"id":10420,"date":"2011-05-23T13:34:09","date_gmt":"2011-05-23T13:34:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10420"},"modified":"2011-05-23T13:34:09","modified_gmt":"2011-05-23T13:34:09","slug":"teen-die-stroom-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10420","title":{"rendered":"Teen die stroom in"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In Suid-Afrika het die afgelope munisipale verkiesing aangetoon dat die regse wit beweging byna geen steun by die stembus geniet nie, waarskynlik omdat daar &#8216;n dringende behoefte aan wit konsolidasie bestaan, al is dit van links.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Ten spyte van die DA se versekering dat rassepolitiek iets van die verlede is, het vrees vir &#8216;n diensleweringschaos wit kiesers verlede Woensdag gaan laat kruisies trek teen die insgelyks linkse ANC.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die etniese element was steeds duidelik sigbaar in die stemkeuses van die kiesers: Wit en bruin het om die DA versamel en laer getrek teen die ANC. Die bruin stem het veral na Zille gegaan danksy haar ophemeling van die struggle.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In Europa lyk die prentjie heel anders. Wit kiesers is nie heeltemal so gereed vir &#8216;n multikulturele samelewing soos wit Suid-Afrikaners nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Frankryk was die eerste land in die EU om die w\u00eareld te laat regop sit met hulle regse stem.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Maar hulle is nie die enigste Europese land waar &#8216;n regse oplewing se momentum steeds voortstoom nie. In &#8216;n hele reeks lande noord-oos van Nederland, is regse partye aan die opmars, met &#8216;n beroep op kiesers wat wissel van nasionalisme, en euro-skeptisisme en anti-immigrasie sentimente.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ander Europese lande meer suid, is daar Oostenryk en Hongarye wat skaflike regse bewegings huisves.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land wat onlangs in die nuus was, is Finland, waar die Ware Finne van n\u00earens af na vore gekom het na die verkiesing van 17 April. Hulle is tans byna op &#8216;n gelyke voet met Finland se drie vernaamste partye.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Finland se hoofstroom-politici het erken dat die Ware Finne hier is om te bly. Alhoewel hulle &#8216;n anti-immigrante houding inneem, is hulle vyandigheid teenoor die Europese-Unie en veral hulp aan armer suidelike lede die party se slagspreuk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die party se invloed is reeds sigbaar met die harde manier waarop die Finse regering in die afgelope Euro-sone-onderhandelings opgetree het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Deense Party van die Volk is &#8216;n ander regse party om dop te hou. Onder di\u00e9 groepering se invloed op die minderheid sentrum-regse koalisie die afgelope dekade het Denemarke se immigrasiebeleid in een van Europa se strengste verander.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier, Pia Kjaersgaard, word dikwels Denemarke se magtigste vrou genoem, magtiger as die koningin. Hulle het onlangs gevra vir die verbod op doelgeboude moskees en dat psalm-sing in die skole verplig moet word. Hulle hoop om goed te doen in die verkiesings wat in November gehou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hul Sweedse eweknie\u00eb, die Sweedse Demokrate, het sukses behaal in &#8216;n algemene verkiesing verlede September. Vir hulle eerste toetrede tot die parlement was hulle uitgedos in die Sweedse volksdrag. Daar was spekulasie dat hulle &#8216;n bondgenoot van die regering kon word. Maar in teenstelling met hul Deense broers, word hulle vermy deur ander partye. Erik Ullenhag, Swede se integrasieminister, het hulle van onverdraagsaamheid en Moslemhaat beskuldig. Maar hulle gewildheid hou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Nederland is die anti-immigrante PVV en sy leier, Geert Wilders, nog steeds gewilde nuus, ten spyte van swak prestasie in onlangse provinsiale verkiesings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy kritiek van ministers kan vernietigend wees, maar is beperk tot persoonlikhede, of kwessies wat buite die regeringsooreenkoms wat hy geteken het, val. Die PVV speel egter nog steeds die anti-Moslemkaart met sukses.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert 2009 het die Britse Nasionale Party verteenwoordiging in die Europese Parlement en die Vlaams Belang bly &#8216;n krag in Belgi\u00eb se disfunksionele politiek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/bazalt-i-ego-svoystva\/\">\u0431\u0430\u0437\u0430\u043b\u044c\u0442 \u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Suid-Afrika het die afgelope munisipale verkiesing aangetoon dat die regse wit beweging byna geen steun by die stembus geniet nie, waarskynlik omdat daar &#8216;n dringende behoefte aan wit konsolidasie bestaan, al is dit van links. Ten spyte van die DA se versekering dat rassepolitiek iets van die verlede is, het vrees vir &#8216;n diensleweringschaos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10420\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Teen die stroom in&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10420","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10420\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}