{"id":10413,"date":"2011-05-23T05:07:53","date_gmt":"2011-05-23T05:07:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10413"},"modified":"2011-05-23T05:07:53","modified_gmt":"2011-05-23T05:07:53","slug":"onderwys-die-laaste-loopgraaf-vir-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10413","title":{"rendered":"Onderwys: Die laaste loopgraaf vir Afrikaans"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was die boodskap wat tydens &#8216;n konferensie vroe\u00ebr vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur &#8216;n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van &#8216;n soortgelyke een wat in 2008 plaasgevind het, in aanloop tot die verkiesing van mnr Jacob Zuma as president van die land.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit is dat 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is. Met ander woorde: Daar gaan net mooi niks aan in 75% van die land se skole nie!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens &#8216;n onlangse byeenkoms in Soweto waar die onderwys onder die vergrootglas gekom het, is dit bekend gemaak dat in hierdie disfunksionele skole, onderwysers dronk by die skool opdaag. Of laat. Of skoolkinders word in skooltyd gestuur om drank te gaan koop vir die onderwysers. Ook het onderwysers in di\u00e9 skole seksuele verhoudings met skoolkinders.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders was daar gerapporteer dat 17 000 skooldogters verlede jaar, net in Natal, swanger geraak het! Vroe\u00ebr vanjaar het ons kennis geneem van &#8216;n swart skooldogter wat selfmoord gepleeg het omdat sy gedruip het. Sy het geweier om seks met die skoolhoof te h\u00ea en di\u00e9 het haar toe laat druip! Volgens haar onderwysers was sy een van die meer &#8220;skrander&#8221; leerlinge&#8230;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners moet besef dat hierdie toestand nie binnekort gaan verbeter nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderwyskenner, Graeme Bloch, skryf in sy boek The Toxic Mix dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het, en dat dit 30 jaar sal neem om te herstel, op di\u00e9 voorwaarde dat die regte persone nou aangestel word. Destyds, toe die boek op die rakke verskyn het, was Naledi Pandor die minister van onderwys. Intussen het ons twee ministers vir onderwys gekry: Angie Motshegka vir basiese onderwys (skole) en die kommunis Blade Nzimandi vir ho\u00ebr onderwys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blade het onlangs &#8216;n skerp verklaring uitgereik. Hy het ges\u00ea dat studente op universiteit sal in die toekoms verplig word om ook naas hulle ander vakke, &#8216;n Afrika taal aan te leer. Talle vrae ontstaan: Word Afrikaans ook as &#8216;n Afrikataal beskou? en Is dit nie beter om op skoolvlak reeds &#8216;n Afrikataal aan te leer nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Angie weer, is bekend vir die 14 skole in Soweto alleen wat in haar tyd as minister van onderwys in Gauteng gesluit is. Dit was in 2005 deur Alet Rademeyer in &#8216;n dagblad ontbloot. Dui Angie se optrede op bevoegdheid? Ek laat dit vir die leser om te besluit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander rede waarom die toestand in Suid-Afrika se skole nie gou aansienlik gaan verbeter nie, is oor die drakoniese invloed van die Swart onderwysvakbonde soos Sadou. Sadou is lid van Cosatu wat &#8216;n alliansie vennoot is van die regering. Zuma weet, dat indien hy &#8216;n volgende termyn as staatspresident verkies wil word, hy nie met onderwysers en vakbonde moet sukkel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is, wat is die waarde en standaard van die matrieksertifikaat wat Umalusi uitreik?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n matrieksertifikaat te kan verwerf, moet &#8216;n kandidaat uit sewe vakke, minstens 40% in drie vakke kry en 30% in nog drie. En ons het vanjaar gesien hoe die punte van verlede jaar se matrieks dramaties aangepas is. Met tot 30 persentasie punte op &#8216;n gly skaal: die heel swakste kry 30% by hulle eksamenpunt en hoe ho\u00ebr die kandidaat se punt, hoe minder word bygevoeg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aantal matrieks wat volpunte vir wiskunde gekry het, het die wenkbroue gelig en ook die groot aantal onderskeidings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe word die tersi\u00eare instellings in die begin van die jaar oorstroom met studente wat wou inskryf vir verdere studies. En ons weet dat aansoeke om by &#8216;n tersi\u00eare instelling te studeer, sluit al die vorige jaar. So, daar was talle matrieks wat nie verlede jaar gekwalifiseer het om in te skryf vir verdere studies nie, maar na die matriekuitslae bekend gemaak is, wel!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nou moet ons tog besef dat hierdie swak leerders &#8216;n invloed het op die standaard van die tersi\u00eare kwalifikasie. Dis ongetwyfeld so. Die geld wat tersi\u00eare inrigtings van die staat ontvang, word ondermeer bepaal deur die aantal studente wat slaag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaner Onderwys<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe lyk die Afrikaneronderwys en wat is die toekoms vir Afrikaneronderwys?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die afgelope aantal jare gesien dat openbare skole toenemend verengels het. In Junie 2009 was daar nog net 667 Afrikaans-enkelmediumskole oor teenoor 1 396 in 1993. Minder as die helfte van ons skole het nog suiwer Afrikaans gebly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaanse onderwysers in Afrikaanse skole word selfs nou gedwing om hulle verslae in Engels te skryf. Ook hulle voorbereiding moet in Engels gedoen word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder moet ons kennis neem dat onderwys as beroep in die Nuwe Suid-Afrika sy aantreklikheid verloor weens die ongedissiplineerdheid van skoolkinders, swak salarisse en swak vooruitsigte. Al minder Afrikaanse blanke begaafde en intelligente jong studente kies onderwys as &#8216;n beroep. Dit wil s\u00ea as hulle &#8216;n beurs kan kry om verder te studeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens mnr Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) is die Afrikaanse onderwyser &#8216;n spesie wat kan uitsterf! Jaarliks verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers die beroep terwyl slegs sowat 200 Afrikaanse onderwysers afstudeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaneronderwys stuur op &#8216;n krisis af wat ons volk nadelig sal raak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 8 Junie 2008 berig Rapport dat Naledi Pandor, voormalige minister van onderwys ges\u00ea het dat te veel skole te min regstellende aksie doen veral betreffende skole se onderwyserskorps; en dat daar miljoene swart beroepslui is wie se moedertaal Afrikaans is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde, Naledi wil h\u00ea dat die personeelkamer van Afrikaanse skole moet transformeer sodat dit lyk soos die demografie van die land \u2013 Swart!. Dis ANC beleid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En met die uittrede van uiters bekwame onderwyslui in die volgende vyf tot tien jaar. Wat dink u gaan gebeur?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En vriende, u moet aanvaar dat hierdie bedreiging die voorland is nie net van sogenoemde staatskole nie, maar ook van privaatskole soos die BCVO.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is die vyande van die Afrikanervolk se oogmerk om die Afrikaner skaam te maak vir sy verlede, sodat hy sy geskiedenis liewer moet vergeet, identiteitloos word en uiteindelik deel word van die kleurlose massa van die land. Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En terwyl ons dankbaar is vir die ongeveer 3500 Afrikanerkinders in CVO-skole wat hierteen gepantser word, is daar tans sowat 480 000 Afrikanerkinders in openbare skole omdat hulle ouers nie van beter weet nie, of nie die geldelike vermo\u00eb het nie, of sommer net nie omgee nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat s\u00ea die GHA?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.\tDie toekoms van die Afrikaner se onderwys l\u00ea nie binne die huidige onderwys bedeling nie. Ons sal ons moet beywer vir &#8216;n onafhanklike onderwys owerheid terwille van die behoud van Afrikaans en die herstel van standaarde. Indien ons wil verseker dat ons kinders en kleinkinders gehalte moedertaal onderrig wil ontvang, moet ons loskom van die Nasionale Onderwys stelsel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.\tOnderwys is nie die plek waar kinders net leer om te lees, te skryf en somme te maak nie. Dit is die plek waar die kind te identiteit vasgel\u00ea word: sy taal, sy geskiedenis, sy godsdiens, kultuur en tradisies asook ho\u00eb waardes soos dissipline, werkywer, getrouheid en leierskap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.\tVerder het die Afrikaner as volk die reg en verantwoordelikheid om sy eie kinders op te voed en te onderrig. Daardie reg moet ons in die openbaar opeis. Onderwys is &#8216;n eie saak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.\tDie Afrikanervolk en die Afrikaanse taal word in die klaskamers van die ANC vermoor. Ons is nou in die laaste loopgraaf. Indien ons as volk wil bly voortleef in Afrika, sal ons hierdie uitdaging moet aanvaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">5.\tElke ouer en grootouer moet hulle verantwoordelikheid besef. Daarom stel ons vir onsself die mikpunt om 1 000 000 persone werf wat &#8216;n deklarasie onderteken wat hulle daartoe sal verbind om hulle te beywer vir &#8216;n onafhanklike onderwysowerheid. En hierdie DEKLARASIE lees soos volg. Ek, die ondertekenaar, gee hiermee kennis dat ek my sal beywer vir &#8216;n onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid ten einde te verseker dat my kinders en kleinkinders gehalte moedertaalonderrig sal kry. Die Afrikaner as onderskeibare volk en etniese groep in Suid-Afrika het die reg om sy kinders op te voed en te onderrig ten einde sy taal, kultuur, ho\u00eb waardes, godsdiens, tradisies en geskiedenis te kan beskerm. Net so min as wat ons inspraak op ander volke se onderwys wil h\u00ea, so min wil ons dat ander inspraak op ons onderwys sal h\u00ea. Oor die afgelope 17 jaar het ons &#8216;n dure les geleer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">6.\tHierdie veldtog sal vir ons die vermo\u00eb skep om honderde duisende Afrikaners per vonkpos te bereik en inligting aan hulle oor te dra, sodat ons ons organisasies kan uitbrei en dat ons &#8216;n magsbasis en finansi\u00eblebasis sal h\u00ea waarmee die land en die buiteland van kennis sal neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">7.\tAfrikaners betaal belasting wat ook gebruik word vir die onderwys. Waarom moet hulle weer betaal vir die onderwys van hulle kinders in privaatskole soos die CVO-skole of tuisonderrig? Wanneer ons ons eie onderwysowerheid het, sal ook die privaatskole se onderwysers se salarisse daaruit befonds word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">8.\tDie Afrikaner se vryheid loop deur die klaskamer. Die klaskamer van ons kinders en kleinkinders. Ons moet die CVO-skole uitbou tot &#8216;n bastion vir die volk. Terselfdertyd moet ons ons verantwoordelikheid besef teenoor die 480 000 Afrikanerkinders in die openbare skole. Daardie skole moet ook los kom van die nasionale onderwys stelsel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My oproep aan alle Afrikaners!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons in die GHA; in die BCVO, in die Aksie Vrouekrag en in die Verkenners, en ons in die HNP, die AWB, die VF+, die Transvaalse Landbou Unie, Afrikaner Onderwysdirektoraat, Radio Pretoria, en Praag staan voor hierdie uitdaging. Dis tyd om op te staan om getel te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwille van dit wat ons van ons ouers ge\u00ebrf het en terwille van ons selfrespek, en terwille van Afrikanerkinders wat nog gebore moet word, sal ons almal hierdie uitdaging moet aanvaar. Hierdie is die laaste loopgraaf vir die Afrikaner, en Afrikaans se voortbestaan in Afrika.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/43-svetilnik-zalivayushchego-sveta\">\u0437\u0430\u043b\u0438\u0432\u0430\u044e\u0449\u0438\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/doctor2.ru\/object\/mezhdunarodnie-perevozki-top-cargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie. Dit was die boodskap wat tydens &#8216;n konferensie vroe\u00ebr vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur &#8216;n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van &#8216;n soortgelyke een wat in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[133],"tags":[],"class_list":["post-10413","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c125-andr-alkema"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10413"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10413\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}