{"id":10411,"date":"2011-05-22T04:41:24","date_gmt":"2011-05-22T04:41:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10411"},"modified":"2011-05-22T04:41:24","modified_gmt":"2011-05-22T04:41:24","slug":"is-afrikanerpolitiek-nou-uitgedien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10411","title":{"rendered":"Is Afrikanerpolitiek nou uitgedien?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>\u201cDie verlede is nooit dood nie,\u201d het die Amerikaanse skrywer Wil\u00adliam Faulkner ges\u00ea. \u201cDis nie eens verby nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar  die angsvallige wyse waarop die DA-munisipaliteit van Midvaal op die  vooraand van die verkiesing van sy Verwoerd-standbeeld ontslae geraak  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens sy veldtog het die ANC hom selfs op die voorvaders  beroep, asof die dooies soos zombies uit Harry Potter steeds die uitslag  by die stembus kan bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede Sondag gesels ek en Koos  Malan oor sy nuwe boek, Politokrasie, en vra hy skielik vir my: \u201cWat sou  jy s\u00ea is die hoofstroom onder die Afrikaners? Die Sap-tradisie of die  Nat-tradisie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om te aarsel, het ons albei saamgestem die Sap-tradisie is die hoofstroom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  di\u00e9 opsig het die mantel van \u2019n groot Sap-leier reeds op mev. Helen  Zille se skouers neergedaal. Sy herinner sterk aan Smuts se regterhand,  Jan Hofmeyr, wat \u201cgeloof bo vrees\u201d sy politieke beginsel gemaak en reeds  in die veertigerjare die uitbreiding van stemreg aan swart mense  bepleit het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus  die erfgenaam van die Nat-tradisie is, het ons die afgelope week gesien  hoe daardie tradisie \u2019n tweede dood gesterf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste was  natuurlik nadat mnr. Marthinus van Schalkwyk die oorspronklike Nasionale  Party in die dementor-agtige omhelsing van die ANC ingelei het, waarna  die siel van die party uitgesuig is, soos dementors maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  Gauteng, die hartland van die VF+ waar ongeveer anderhalf miljoen  Afrikaners woon, het die aantal munisipale raadslede van 17 tot 10  gedaal. Volgens Mulder het sy party \u201cgeen antwoord op die DA gehad nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  VF+ se steun het sedert 1994 met \u2019n faktor van tien afgeneem, van 6%  tot ongeveer 0,6%, \u2019n droewige prestasie as daar al ooit een was.  Terselfdertyd het die liberale DA se stempersentasie van 1% tot 24%  gestyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke partye is identiteit-skeppend. Juis omdat hulle  aan die staat en sy vertakkinge soos munisipaliteite deelneem, beskik  hulle oor die mag om ons kultuur en identiteit te verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  sou die VF+ en elke ander stoere Afrikaner of Boer in die land \u2019n fout  maak om die opmars van mev. Zille as \u2019n bloot pragmatiese verskynsel te  sien. Die DA is besig om van meer as \u201cdie Verwoerd-probleem ontslae te  raak\u201d, soos mev. Zille dit minagtend n\u00e1 afloop van die verkiesing gestel  het. Dalk is die party insgelyks besig om van Suid-Afrika se  Afrikanerprobleem ontslae te raak! En sodoende die ou, ou Sap-droom van  een, onverdeelde Engelse nasie siendero\u00eb te verwesenlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF+,  die IVP, ACDP en elke ander party wat hom op \u2019n spesifieke etniese of  Christelike identiteit beroep, het die afgelope week by die verkeerde  partytjie opgedaag. Of hulle was in die McDonald\u2019s en het gedink hulle  gaan bobotie-en-geelrys daar kan bestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Desnieteenstaande gaan  die politieke zombies nooit heeltemal slaap nie. Kruger, Hertzog, Malan  en Verwoerd spook steeds by ons. Indien Afrikaner-kwessies heeltemal uit  die formele politiek sou verdwyn, gaan die droom van Afrikanervryheid  heel waarskynlik buiteparlement\u00ear bedryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Afrikaners  in hul re\u00ebnbooggewaad DA stem, is hulle op Facebook openlik  chauvinisties, selfs rassisties, en hits Afrikaanse organisasies aan om  nog meer hofsake teen Malema te maak. Steve Hofmeyr is al byna tot \u2019n  onaantasbare, nasionalistiese ikoon verhef wat Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche se  stem as byklank op sy YouTube-video\u2019s gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die politiek  so \u2019n Machiavelliaanse spel is, is die onheiligste alliansies altyd  moontlik, soos mev. Zille al telkens gedemonstreer het. Die mislukking  van Afrikanerpolitici oor die laaste dekades is waarskynlik juis daaraan  te wyte dat hulle \u2019n suiwer ideaal nagestreef het en nie bereid was om  soms \u2019n bietjie te toi-toi nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hierdie rubriek verskyn vandag ook as &#8216;n meningsartikel in <\/em><a href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Suid-Afrika\/Nuus\/Is-Afrikanerpolitiek-nou-uitgedien-20110521\">Rapport<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/30-osveshchenie-v-prikhozhej-kak-organizovat\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043f\u0440\u0438\u0445\u043e\u0436\u0435\u0439 \u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie verlede is nooit dood nie,\u201d het die Amerikaanse skrywer Wil\u00adliam Faulkner ges\u00ea. \u201cDis nie eens verby nie.\u201d Vandaar die angsvallige wyse waarop die DA-munisipaliteit van Midvaal op die vooraand van die verkiesing van sy Verwoerd-standbeeld ontslae geraak het. Tydens sy veldtog het die ANC hom selfs op die voorvaders beroep, asof die dooies soos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10411\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Is Afrikanerpolitiek nou uitgedien?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10411","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10411","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10411"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10411\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10411"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10411"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10411"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}