{"id":10401,"date":"2011-05-19T14:37:36","date_gmt":"2011-05-19T14:37:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10401"},"modified":"2011-05-19T14:37:36","modified_gmt":"2011-05-19T14:37:36","slug":"kaapstad-die-volle-verhaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10401","title":{"rendered":"Kaapstad, die volle verhaal"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tydens sy verkiesingsveldtog het die Demokratiese Alliansie aangevoer dat Kaapstad oor &#8216;n beter diensleweringsmodel beskik, veral wanneer dit vergelyk word met Johannesburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die finansi\u00eble data vir Suid-Afrika se grootste metro, dui daarop dat Kaapstad se leweringsrekord meer dubbelsinnig is as wat die DA impliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Johannesburg met R6 440, meer per inwoner spandeer as Kaapstad met R5 553, betaal die wit plaaslike belastingbetaler reeds meer in Kaapstad as hul Johannesburgse eweknie\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DA-ondersteuners verdedig di\u00e9 duur dienste aan wit inwoners deur te wys daarop dat wit inwoners in die stad van die rykste in Suid-Afrika is met &#8216;n gemiddelde inkomste van R43 000 per kapita.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik maak die party ook staat op &#8216;n verswe\u00eb rassestereotipe uit die dae van apartheid, naamlik dat &#8220;wit&#8221; beheer beter is as &#8220;swart&#8221; beheer. Maar in werklikheid is daar nie soveel &#8220;wit&#8221; beheer as wat die DA aan hulle kiesers verkoop nie. Om swart steun te kan behou, moes die DA reeds poste uitdeel om hul swart en bruin stemvee tevrede te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens die DA het &#8216;n Kaapstad by die ANC ge\u00ebrf wat eintlik onder wit beheer was. Die hoofsweep en destydse onder-burgemeester Pierre Uys het &#8216;n stad onder sy bestuur nagelaat wat &#8216;n top kredietgradering ontvang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA het dus &#8216;n goedbestuurde stad met stabiele inkomstestrome en &#8216;n gesonde bankrekening oorgeneem. Die party het intussen daarop verbeter deur wit inwoners se beursies te troef en allerlei bedenklike lenings aan te gaan vir stemwerwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bendegeweld, dwelmmisbruik en sekstoerisme floreer steeds in Kaapstad onder DA-beheer. Klinieke en hospitale behandel oor naweke deesdae veral skietwonde, soos &#8216;n Meksiko in wording.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kaapstad se verbintenis tot die invordering van uitstaande skuld is prysenswaardig, maar in werklikheid is die invordering in die grootste vyf metro&#8217;s almal bo 90%; en Johannesburg se insamelingskoers is soortgelyk aan Kaapstad se 94%.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke metro staan voor &#8216;n reeks uitdagings, sommige weliswaar groter as ander, maar die finansi\u00eble data toon dat daar geen metro is wat dramaties beter doen as enige ander nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA en Media24 het egter daarin geslaag om soveel paniek oor die wanorde in ANC-stadsrade te saai, dat elke stedelike wit kieser die hasepad stemlokaal toe gekies het om die komende wanorde te probeer tem. In landelike gebiede waar daar werklik rioolriviere deur die strate vloei, ironies genoeg, het die DA sleg gevaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die uitdagings wat stede in die gesig staar bly dieselfde: om die fyn balans tussen beperkte bronne van inkomste en &#8216;n nimmereindigende lys van prioriteitete te handhaaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arm mense gaan nooit in staat wees om vir dienste te betaal nie en nie die DA of ANC gaan dit kan eis nie. Hierdie werklikheid gaan uiteindelik moet insink by die wit belastingkoei wat hoop die DA trek &#8216;n diensleweringshaas uit die hoed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/zhakety-kardigany\">\u043a\u0430\u0440\u0434\u0438\u0433\u0430\u043d \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 \u0432\u0438\u0434\u0435\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens sy verkiesingsveldtog het die Demokratiese Alliansie aangevoer dat Kaapstad oor &#8216;n beter diensleweringsmodel beskik, veral wanneer dit vergelyk word met Johannesburg. Die finansi\u00eble data vir Suid-Afrika se grootste metro, dui daarop dat Kaapstad se leweringsrekord meer dubbelsinnig is as wat die DA impliseer. Terwyl Johannesburg met R6 440, meer per inwoner spandeer as Kaapstad [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10401","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10401","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10401"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10401\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10401"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10401"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10401"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}