{"id":10399,"date":"2011-05-19T13:58:01","date_gmt":"2011-05-19T13:58:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10399"},"modified":"2011-05-19T13:58:01","modified_gmt":"2011-05-19T13:58:01","slug":"vrae-rondom-dubula-ibhunu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10399","title":{"rendered":"Vrae rondom Dubula Ibhunu"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Die &#8220;Skiet die boer&#8221;-saak hervat vandag weer sy loop.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee kwessies steek soos &#8216;n paal bo water uit: Waarom is die lied so belangrik vir die ANC en waarom wil hulle Julius Malema so heftig ondersteun deur die geskiedenis so blatant te wil verdraai?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit werklik &#8216;n beginselsaak om hul sogenaamde historiese kultuurgoed te beskerm soos wat die ANC-swaargewigte in die hof beweer het, of is daar ander duistere motiewe daaragter?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het &#8216;n bietjie navorsing daaroor gedoen en &#8216;n anonieme blogskrywer het die beste inligting daarvoor aan my verskaf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die oorsprong van die Dubula Ibhunu?  Is dit werklik deel van die ANC se struggle repertoire?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die waarheid is blykbaar heel anders.  Die woorde is ontleen van die PAC se strydkreet van 1990 wat hulle saam met die woorde &#8220;een setlaar een koe\u00ebl&#8221; gesing het en wat deur Peter Mokaba gekaap was na die moord op Chris Hani, die SAKP leier. N\u00earens kon iemand nog enige bewyse vind dat die lied &#8216;n struggle-lied was nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die lied wat deur Malema gesing word nou as historiese kultuurskat opge\u00ebis word, is dit nie ingesluit in die 2-CD geskiedenisopname van 25 vryheidsliedere wat Ronnie Kasrils, die MK leier en Pallo Jordan, hul kultuurguru in 2002 uitgee het nie.<br \/>.<br \/>Die CD se inhoud was tydens die vrystelling beskryf as opnames van kampliede en &#8211; krete gedurende die vryheidstryd.  Die liede word op die CD begelei deur &#8216;n dokument\u00eare radioprogram wat die geskiedenis en konteks van die liedjies beskryf het. Hierdie liede was in ANC-kampe vergaderings, saamtrekke, en straat demonstrasies gesing.  Die versameling liede was as &#8216;n geskiedkundige argiefdokument aangebied.  Dubula Ibhunu het n\u00earens gefigureer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die slagspreuk\/lied was tydens die PAC en sy dampkring gebruik, maar na die 1994 verkiesing het hulle hulself daarvan gedistansieer.  Peter Mokaba het die vorige jaar, toe die struggle uitgewoed was, begin om sy &#8216;setlaar&#8217; en &#8216;skiet die boer&#8217; liede te sing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In dieselfde jaar het &#8216;n groot skare van PAC-ondersteuners  deur Kaapstad se Kenilworth en Claremont voorstede gemarsjeer en die vrylating ge\u00ebis van die PAC gevangenes wat verantwoordelik was vir die moord op 11 kerkgangers in die St James Kerk.  Tydens hierdie optog het hulle die woorde &#8220;skiet die boer&#8221;, &#8220;een setlaar een koe\u00ebl&#8221; en &#8220;een kerk een bom&#8221; gedreunsing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By &#8216;n groot saamtrek in Tembisa in 1993 het beide Mokaba en die PAC-verteenwoordiger dieselfde liede gesing en die skare aangehits om hul koe\u00ebls op De Klerk te rig.  Hierop het die PAC-man geskree &#8220;oorlog teen die vyand&#8230;maak hulle dood!&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Maart vanjaar skryf &#8216;n voormalige deelnemer van die Augustus 1993 Operasie Barcelona wat teen verhoogte eksamenfooie gemik was op die internet dat hy<br \/>deel was van die optog wat die moord op Amy Biehl voorafgegaan het en waartydens die &#8216;skiet die boer&#8217; lied gesing was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thabo Mbeki, eertydse President asook Kgalema Motlante, wat toe die sekretaris generaal van die ANC was, het hulle egter in 2002 baie sterk gedistansieer van die &#8216;boer&#8217; lied en verklaar dat dit nooit deel van die ANC was of sal wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar in Maart vanjaar begin Julius Malema om &#8216;n generiese weergawe van die lied te sing en maak senior ANC-ampsdraers  daarop aanspraak dat dit &#8216;n tradisionele vryheidslied is wat nie teen witmense of boere gemik is nie, maar teen die apartheidstelsel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan probeer Mcebisi Ndletyana, senior navorser van die HSRC die lied in The Sunday Independend te verdedig deur te verklaar dat die lied die weersin en haat versinnebeeld wat swartmense jeens &#8216;witwees&#8217; koester en gee &#8216;n wollerige verklaring wat hy met &#8216;witwees&#8217; bedoel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds in 2003 het die Menseregtekommissie bevind dat die lied rassehaat aanmoedig, verlede jaar het die hof bevind dat dit haatspraak is en ongrondwetlik is en Maandag het regter Leon Halgryn van die Hoooggeregshof bevind dat dit selfs aanstigting tot moord is.  Hy het &#8216;n vergelyk tussen die woord kaffer en die woord  Boer getref en bevind dat swartmense die k-woord as uiters verkleinerend ervaar, hoewel dit nie so deur witmense bedoel word nie en verbied word.  Insgelyk word Dubula Ibhunu as uiters negatief deur witmense ervaar en &#8216;n oortreding van die grondwet is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie howe het die lied reeds verdoem en &#8216;n vierde moet aanstonds uitspraak daaroor gee.  Die ANC het reeds kennis gegee dat dit hulle die lied tot in die Grondwetlike Hof sal verdedig.  Letterlik miljoene rande se regskostes word op &#8216;n o\u00ebnskynlike nuttelose saak gespandeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom doen hulle dit as hulle weet dat byna al die witmense erg daardeur gegrief word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord is dat hulle die geskiedenis wil herskryf.  Die verromantisering van die struggle met sy gepaardgaande liedjies sal handig te pas kom om kiesers te mobiliseer om politieke mag te behou.  Sonder &#8216;n gemeenskaplike vyand het die ANC bitter min positiewe gom om die ANC se etniese boustene te heg.  Die tradisionele vyand, naamlik die blankes, moet altoos aangebied word as die gemeenskaplike vyand van die mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Gemeensskaplike vyand verplig die swart massas om hul o\u00eb na &#8216;n denkbeeldige horison te rig en sodoende &#8216;n denkbeeldige verlede te probeer verbeter.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die weersin in die gemeenskaplike vyand transendeer dan die swak dienslewering op aldrie regeringsvlakke en staatsbeheerde instansies en verskaf &#8216;n platform vir &#8216;n gekorrupte elite om die land vir nog vyf jaar te plunder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle stel dus wit teen swart op en handhaaf &#8216;n denkbeeldige stryd na vryheid sodat hulle die politieke mag kan behou.  Daarvoor sal hulle dus baie miljoene rande aan regskoste spandeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solank die swart massas egter vir &#8216;n beter verlede liewer as vir &#8216;n beter toekoms stem, sal daar nie hoop vir die land wees nie.  Dan sal die westerse beskawing in die land in &#8216;n spiraal van wanhoop en ellende verdwyn.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">logo<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die &#8220;Skiet die boer&#8221;-saak hervat vandag weer sy loop. Twee kwessies steek soos &#8216;n paal bo water uit: Waarom is die lied so belangrik vir die ANC en waarom wil hulle Julius Malema so heftig ondersteun deur die geskiedenis so blatant te wil verdraai? Is dit werklik &#8216;n beginselsaak om hul sogenaamde historiese kultuurgoed te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-10399","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10399","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10399"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10399\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10399"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10399"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10399"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}