{"id":10383,"date":"2011-05-16T11:37:17","date_gmt":"2011-05-16T11:37:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10383"},"modified":"2011-05-16T11:37:17","modified_gmt":"2011-05-16T11:37:17","slug":"ernstige-skrywers-en-liberale-dubbele-standaarde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10383","title":{"rendered":"Ernstige skrywers en liberale dubbele standaarde"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die geskree wat opgegaan het oor Steve Hofmeyr se gewraakte liedjie wat die k-woord bevat, kon mens seker verwag. Jy sal dit natuurlik te wagte wees van Malema en kie, wat g\u2019n tyd sal verspil om uit te wys dat Steve ook opruiende liedjies sing nie, en wat probeer om hul gewelddadige liedjies met Steve se vreedsame een te vergelyk. Dit is egter die blanke liberale, spesifiek di\u00e9 in Afrikanergeledere, wie se geweeklaag oor die liedjie my intens irriteer, en meer spesifiek hulle growwe dubbele standaarde. <\/p>\n<p>Die selfaangestelde \u201cernstige\u201d skrywer, Charles Malan, skryf vandag byvoorbeeld \u2018n brief aan Beeld wat onsamehangend dwaal van klagtes oor die liter\u00eare gehalte van Steve se lirieke (hy kla oor die keuse van rymwoorde in die liedjie), tot by \u2018n geweeklaag dat Steve hom wat Malan is, glo nie verteenwoordig nie. As ek \u2018n oomblik mag afdwaal, wonder ek wie en wat \u2018n \u201cernstige\u201d skrywer presies is, iets wat Malan beweer hy is. Is dit iemand wat liberale hoogheilighede kwytraak op sy woordverwerker met die nodige vrome uitdrukking op sy gevreetjie, met sy studeerkamer se mure behang  met portrette van Ho Chi Minh, Marx, McBride en Mandela? <\/p>\n<p>In gister se Rapport betreur Frans Cronj\u00e9, van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, ook Steve se liedjie in \u2018n ope brief aan Steve. Volgens hom besef blankes nie hoe kwansuis bevoorreg ons is nie.  Dit lei onmiddelik tot die vraag: Bevoorreg in vergelyking met wi\u00e9? Ons blanke eweknie\u00eb in Europa, die VSA of Australi\u00eb, wie se per-capita inkomste en persoonlike veiligheidssituasie ons Afrikaners s\u2019n meestal bra sleg laat lyk? Mnr Cronj\u00e9 beskryf homself as \u2018n liberaal in sy ope brief.<\/p>\n<p>In albei die bogenoemde voorbeelde maak die \u201cernstige\u201d skrywer asook die liberaal hulself skuldig aan lui denke en die gebruik van \u2018n clich\u00e9 wanneer hulle Steve onmiddelik met Julius Malema gelykstel. Nee, menere Cronj\u00e9 en Malan, dit gaan eenvoudig nie op nie. Julle as liberaal en \u201cernstige\u201d skrywer onderskeidelik behoort julle te skaam oor julle luiigheid. Malema beveel in sy liedjie aan dat die Boere (witmense, dus) doodgemaak moet word. Ek daag enige \u201cernstige\u201d skrywer of liberaal uit om vir my \u2018n aanhaling van Steve te bring waarin hy enige iemand doodgemaak wil h\u00ea. Daar is dus geen vergelyking tussen Steve en die ANCYL se liedjie te tref nie. <\/p>\n<p>En, terwyl ons nou oor die ANCYL se liedjie praat, is die sentimente wat in die \u201cKill the Boer\u201d uitgespreek word, geensins oorspronklik aan Julius Malema nie. Sy illustere voorganger, Peter Mokaba, het dit ook gesing, en is daarvoor beloon met \u2018n sokkerstadion in Pietersburg wat na hom vernoem is. Gaan kyk ook gerus op Youtube hoe lustig sing die Xhosa-godjie, Mandela, saam met \u201cKill the Boer\u201d, lank voordat Malema eens op die toneel was. Wat die \u201cernstige\u201d skrywers en liberale probeer doen, is uiteraard om te probeer voorgee dat die drang om Boere uit te wis slegs eie aan ekstremiste soos Malema is, en nie die ganse ANC nie. Die realiteit is natuurlik anders; ook Mandela is deel hiervan, en dus is dit redelik om aan te neem dat die wens om blankes uit te wis, \u2018n wydverspreide ANC-gevoel is, en nie beperk tot ekstremiste nie. Kyk ook wie binne die ANC het Malema in sy hofsaak bygestaan.  <\/p>\n<p>Voorts beweer albei die briefskrywers dat Steve nie namens hulle praat nie. Vir Cronj\u00e9 is Steve \u2018n verleentheid. Ek verkeer in ernstige versoeking om hulle gelyk te gee; duidelik praat die ANC namens hulle, te oordeel aan hulle sikofantiese, anti-blanke sienings. Die probleem is egter dat dit eweneens van die luiste denke aan hulle kant spreek. Waar het Steve ooit ges\u00ea hy is \u2018n leier en praat namens Afrikaners? Bring vir my asseblief \u2018n aanhaling waar Steve homself as\u2019t ware kroon as Afrikaner-keiser?<\/p>\n<p>Hulle maak hulself aan nog \u2018n clich\u00e9 skuldig deur te beweer dat \u2018n oog vir \u2018n oog nie werk nie. Volgens hulle kan rassisme nie deur rassisme beveg word nie. Die beste voorbeeld van vooroordeel wat ek byna daagliks sien, is terloops daai einste liberale en &#8220;ernstige&#8221; skrywers wat enige teenstand teen die gefaalde re\u00ebnboognasie onmiddelik as &#8220;regs&#8221; en dus agterlik wil afmaak, maar hoe dit ook al sy. Nou goed, ek sal toegee dit dien nie veel van \u2018n doel om Malema die k-woord toe te snou nie, maar nie een van die skrywers maak \u2018n voorstel oor wat ons dan anders moet maak nie. Hoe anders keer ons 3,000 plaasmoorde en sowat 50,000 swart-op-wit moorde sedert 1994, om nie te praat van institusionele rassisme soos regstellende aksie wat teen ons gepleeg word nie? Hulle liberale, askies-ek-leef, multi-kulti benadering het ons op dees aarde niks gehelp oor die afgelope 17 jaar nie, en is duidelik teenproduktief. Bes moontlik sien die ANC en swartes hierdie askies-ek-leef houding as \u2018n teken van swakheid. Ek sou graag van &#8220;ernstige&#8221; skrywers en liberale wou verneem hoe bevry Afrikaners onsself dan van die geweld en swart-op-blanke rassisme van die Nuwe Suid-Afrika, of meen julle dat dit vir ons &#8216;n voorreg is om teen &#8216;n koers van een boer per week op plase uitgewis te word, of vir ons kinders om 30% meer as swart studente te moet behaal om eens &#8216;n plek op universiteit te kan kry?<\/p>\n<p>Laasgenoemde bring my by my grootste probleem met hierdie twee here, asook ander liberale klaers, naamlik hulle anti-blanke eenogigheid en dubbele standaarde. Vreemd, maar ek het nog nooit \u2018n brief van Frans Cronj\u00e9 aan Mandela gesien wat kla omdat laasgenoemde op Youtube sing Kill the Boer nie. Het Charles Malan al een van sy ernstige skrywes gerig aan een van die vele ANC-rassiste? Waarom nie? Waarvoor is julle bang, menere Cronj\u00e9 en Malan? Waarom slegs op sogenaamde blanke rassisme fokus, terwyl dit glashelder is dat blankes vandag aan die ontvangkant van die meeste rassisme in Suid-Afrika is, onder andere regstellende aksie en rassisme van die gewelddadige soort, soos plaasmoorde?<\/p>\n<p>Vandag begin die verhoor van die Potgieter-gesin se moordenaars in Bloemfontein, \u2018n skokvoorval van ongebreidelde swart-op-wit rassehaat, wat ge\u00ebindig het toe \u2018n swart barbaar \u2018n driejarige blanke dogtertjie aan die hare opgetel het en deur die kop geskiet het. \u2018n Skitterende geleentheid, dus, vir menere Malan en Cronj\u00e9 om die wydverspreide, gewelddadige swart-op-wit rassisme te veroordeel. Nietemin is die stilte van die Malans en Cronj\u00e9\u2019s van hierdie w\u00eareld oor die Potgieter-moord en soortgelyke gevalle dawerend.<\/p>\n<p>Deur die enorme probleem van dikwels gewelddadige swart-op-wit rassisme bykans totaal te ignoreer, en slegs te bly fokus op die relatief klein en krimpende probleem van blanke rassisme (dis nie bendes blankes wat huise in Soweto binneval en die inwoners uitwis nie) is liberales en \u201cernstige\u201d skrywers toenemend besig om hul gebrek aan voeling met die oplaaiende woede in blanke geledere, asook hul persoonlike irrelevansie, te bevestig.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/perfekta.ru\/blog\">\u0441\u0443\u0445\u0438\u0435 \u0441\u0442\u0440\u043e\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435 \u0441\u043c\u0435\u0441\u0438 \u043f\u0440\u043e\u0438\u0437\u0432\u043e\u0434\u0441\u0442\u0432\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die geskree wat opgegaan het oor Steve Hofmeyr se gewraakte liedjie wat die k-woord bevat, kon mens seker verwag. Jy sal dit natuurlik te wagte wees van Malema en kie, wat g\u2019n tyd sal verspil om uit te wys dat Steve ook opruiende liedjies sing nie, en wat probeer om hul gewelddadige liedjies met Steve [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10383","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10383\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}