{"id":1038,"date":"2007-11-04T00:00:00","date_gmt":"2007-11-04T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1038"},"modified":"2007-11-04T00:00:00","modified_gmt":"2007-11-04T00:00:00","slug":"die-komende-permanente-oliekrisis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1038","title":{"rendered":"Die komende permanente oliekrisis"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Hubbard se idees word steeds in die ru-oliemark net skramsweg erken:&nbsp; Finansi&euml;le deskundiges in die oliemark is normaalweg ekonome, en hulle glo dat &#329; vraag na &#329; grondstof noodwendig die produksie van die hulpbron sal opstoot.&nbsp; Geolo&euml; en ingenieurs wat in die ru-olievelde werk, is opgelei in fisiese wetenskappe en hulle verstaan beter dat daar harde fisiese perke is rondom die produksie van &#329; grondstof soos ru-olie.&nbsp; Anders as graan of papier, is dit nie hernubaar nie.&nbsp; As &#329; boorgat leeggepomp is, is dit permanent leeg, en geen vraag na ru-olie of nuwe tegnologie sal dit regkry om die boorgat weer produktief te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Teen die einde van die vorige eeu het sommige ontleders en sakemanne begin voorspel dat die totale produksie van ru-olie in die w&ecirc;reld deur &#329; Hubbard-maksimum sal gaan voor 2010.&nbsp; Ru-olie was redelik volop in die laaste dekade van die twintigste eeu, en ekonomiese ontleders en ander politieke kommentators het die voorspellings as kranksinnig afgeskryf.&nbsp; Die term &ldquo;Peak Oil&rdquo;, wat verwys na die Hubbard-maksimum, word tot vandag toe nog deur die Pers vermy, met die ongelukkige gevolg dat baie mense totaal in die duister is oor &#329; baie belangrike ekonomiese gebeurtenis.&nbsp; Politieke ontleders, ekonome, en veral politieke leiers, wat soms histeries tekere gaan oor aardverwarming, het nog nie aandag gegee aan die gevolge van &#329; komende energiekrisis wat deur &#329; tekort aan ru-olie veroorsaak gaan word nie. Omdat die w&ecirc;reld se ekonomie so afhanklik van ru-olie is, is &#329; tekort aan di&eacute; grondstof &#329; ramp wat handel en ekonomiese groei erg kan ontwrig, met &#329; gepaardgaande destabilisering van die w&ecirc;reld se ekonomiese en politieke orde wat sedert die Tweede W&ecirc;reldoorlog taamlik stabiel was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Met hedendaagse rekordhoogtes in die prys van ru-olie op die w&ecirc;reldmark, word &ldquo;peak oil&rdquo; nou meer dikwels gefluister in beskaafde geselskap. Sakemanne soos Matthew Simmons, wat reeds sedert 2000 artikels oor die kwessie skryf, verskyn soms op televisie en in die pers om oor ru-olieproduksie te praat.<br \/> Intussen styg die prys van ru-olie genadeloos.&nbsp; In 2000 was dit ongeveer $20 per vat, vandag is dit oor die $90 per vat, en sommige ontleders praat van $100 per vat binne maande of selfs weke.&nbsp; In die openbaar praat deskundiges oor &ldquo;geopolitieke&rdquo; faktore wat die prys opjaag (die oorlog in Irak en Venezuela se Chavez wat OPEC manipuleer om pryse op te stoot). In private gesprekke erken hulle dat daar &#329; basiese produksieprobleem is: lande soos Saoedie-Arabi&euml; wat die olieprys met &#329; kraan-oop of kraan-toebeleid beheer het, kan die prys nie afbring met verhoogde produksie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Daar bestaan geruime tyd al geheimsinnigheid rondom die oliemark.&nbsp; Lande in die Midde-Ooste beskou data oor ru-olievelde as staatsgeheime en publiseer geen gegewens oor die grote van velde of hulle olievoorrade nie.&nbsp; Wat wel gebeur is dat deskundiges oor di&eacute; olievelde soms privaat menings lug, en die gerugte word versamel en in die Weste ge&iuml;nterpreteer.&nbsp; Daar is dus net skattings oor die totale hoeveelheid ru-olie in die grootste olievelde, en oor die hoeveelheid ontginbare ru-olie.&nbsp; Die beste skattings, wat steeds ongeverifieerd is, is dat produksie van olie en olie-vloeistowwe in 2006 deur &#329; Hubbard-maksimum beweeg het en dat ons sodanig op &#329; produksieplato verkeer waar nuwe tegnieke en beter ontginningsmetodes net &#329; konstante produksie kan verseker. &#329; Stygende vraag veroorsaak dus &#329; fisieke tekort op die mark, met &#329; gevolglike toename in prys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Terwyl amptenare in Saoedie-Arabi&euml; die moontlikheid van &#329; Hubbard-maksimum heftig ontken, is daar deesdae meer tekens dat hulle begin erken dat daar &#329; fundamentele verandering in die produksie van ru-olie aan die gang is.&nbsp; Sadat al-Huseini, voorheen die hoof van eksplorasie en produksie by &ldquo;Saudi-Aramco&rdquo; (Saoedi-Arabi&euml; se ru-olie ontginnings maatskappy), het onlangs in &#329; onderhoud met David Strachan (&#329; Amerikaanse ontleder van die oliemark) erken dat die produksie van ru-olie in Saoedie-Arabi&euml; &#329; &ldquo;strukturele plafon&rdquo; bereik het wat eerder die gevolg is van geologie as van geopolitieke faktore.&nbsp; Met ander woorde, Saoedi-Arabi&euml; wat normaalweg hulle produksie sou verhoog om wins uit die ho&euml; prys te maak en om die mark te stabiliseer, het &#329; fisieke grens bereik en kan blykbaar nie die hulle produksie opstoot nie. Die gebruik van die term &ldquo;strukturele plafon&rdquo; deur al-Huseini is opmerklik, omdat dit eufismisties na &#329; ongemaklike waarheid verwys:&nbsp; Saoedi-Arabi&euml; se ontginbare ru-olie is besig om op te raak, en produksie in die land gaan dalk binnekort katastrofies afneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Al-Huseimi se opmerking is &#329; merkwaardige erkenning uit die belangrikste olieproduserende land oor &#329; penarie wat die w&ecirc;reld blykbaar fundamenteel gaan verander.&nbsp; Hy merk ook op dat die vloer van die olieprys (die prys wat ontginning winsgewend maak) met sowat $12 per vat per jaar gaan styg in die nabye toekoms.&nbsp; Hier verwys hy na &#329; ander effek van ru-olieproduksie, naamlik dat dit moeiliker word om ru-olie te ontgin uit &#329; veld soos wat die veld ouer word.&nbsp; Die eerste vate word maklik getap, maar as die veld eers die maksimum in sy produksie behaal, word dit aansienlik moeiliker (en baie duurder) om die ru-olie te ontgin.&nbsp; Selfs gevorderde tegnieke kan uiteindelik nie verhoed dat produksie afneem nie &ndash; dit is &#329; les wat Amerikaanse olieprodusente reeds in Texas in die 1970s geleer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Daar is verskeie grade ru-olie beskikbaar.&nbsp; Die beste, maklikste raffineerbare grade, word &ldquo;soet&rdquo; genoem, terwyl olie wat besoedel is met swawelwaterstof en ander giftige chemikalie&euml; dikwels as &ldquo;suur&rdquo; bestempel word.&nbsp; Suur ru-olie is moelik en duur om te raffineer, en produseer besoedelende bybestanddele.&nbsp; Soet ru-olie is dus by voorkeur ontgin, en wat grootliks oorbly is suur ru-olie.&nbsp; Olievelde wat soet ru-olie gee, is sodanig uitgeput dat daar &#329; merkbare afname in die produksie sigbaar is.&nbsp; Beskikbare voorrade Brent ru-olie, &#329; ho&euml; graadse soet ru-olie uit die Noordsee, is vinnig aan die afneem, en is &#329; toonaangewer vir die ho&euml;r pryse in die oliemark.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Olieproduksie het histories&nbsp; hoofsaaklik uit groot olievelde in Saoedi-Arabi&euml; en die Midde-Ooste, Meksiko, Texas, Alaska, Rusland en die Noordsee gekom. Die laaste reuse-olieveld is in die 1960s ontdek en terwyl die ontdekkings van nuwe velde sedertdien skerp afgeneem het, het die verbruik van olieprodukte toegeneem. Vandag gebruik ons gemiddeld twee tot drie keer soveel olie as wat daar jaarliks ontdek word.&nbsp; Soos olievelde uitgeput word en die vraag toeneem, styg die olieprys in &#329; klassieke illustrasie van die aanbod-prysverhouding in die vrye mark, vanaf ongeveer $20 per vat in 2000 tot meer as $90 per vat vandag.&nbsp; Die belangrikste olieveld op aarde is Ghawar, in Saoedie-Arabi&euml;, wat ongeveer een kwart van al die ru-olie wat reeds geproduseer is gegee het.&nbsp; Daar word deesdae beweer dat die veld oor sy Hubbard-produksiemaksimum is en besig is om uitgeput te word.&nbsp; Produksie in die reuse Canterell-olieveld in Meksiko en in die Noordsee-olievelde&nbsp; is besig om vinnig af te neem, en Brittanje sal binne vyf tot tien jaar ru-olie moet invoer om haar ekonomie aan die gang te hou. Hieronder is die produksiekurwe vir Noordsee-olie uit Britse olievelde (figuur 1).&nbsp; Die afname in produksie na die Hubbard maksimum is opmerklik en dramaties.&nbsp; Soortgelyke produksiekurwes is gevind vir die reuse Cantarell olieveld in Meksiko.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal small\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Oliegrafiek.JPG\" width=\"456\" height=\"251\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Figuur 1: Olie produksie in die Britse Noordsee.  Soortgelyke Hubbard-maksima bestaan vir Meksiko se Canterell olieveld.  Het die reuse Ghawar-olieveld in Saoedie-Arabi? deur I soortgeluke produksie maksimum beweeg?<\/div>\n<\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\">\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terwyl daar steeds ontleders is wat dink dat geopolitiek eerder as &#329; harde fisiese feit onderliggend aan die prysverhoging vir ru-olie is, kom meer en meer mense (waaronder die voormalige sekretaris van Energie vir die VSA, James Schlesinger, tot die besef dat ru-olie besig is om op te raak en dat die gevolge merkwaardig gaan wees.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om die invloed van olie op ons beskawing in perspektief te stel, kan mens byvoorbeeld die grafiek in figuur 2 bestudeer.&nbsp; Dit is &#329; voorstelling van die w&ecirc;reld se ru-olieproduksie van die jaar 0 tot met 4000, en benader toekomstige produksie deur &#329; Hubbard-maksimum in ongeveer 2010 te projekteer, en daarna &#329; simmetriese afname in produksie te postuleer.&nbsp; Die eenheid is miljoene vate per dag as &#329; funksie van tyd. <\/p>\n<p>  <span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Oliegrafiek3.JPG\" width=\"412\" height=\"249\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Figuur 2: Olieproduksie  (jaartal 0-4000).   Olie-produksie was nie so simmetries nie, maar het deur skommelinge gegaan soos byvoorbeeld gedurende die Tweede Wereldoorlog en die 1970 olieboikot ? die kurwe is dus slegs &#8216;n benadering.<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die produksie toon &#329; skerp toename gedurende die 20ste eeu, bereik &#329; maksimum tussen 2005 en 2015, en neem daarna vinnig af oor &#329; periode van ongeveer 50 tot 100 jaar.&nbsp; Wat in gedagte gehou moet word, is dat die afname in die kurwe moeilik ontginbare en duur suur&nbsp; ru-olie is, terwyl die toename maklik ontginbare soet ru-olie is. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die grafiek toon die kort &ldquo;olietydperk&rdquo; aan in &#329; historiese perspektief sedert die geboorte van Christus.&nbsp; Voor die &ldquo;olietydperk&rdquo; was daar die steenkooltydperk.&nbsp; Di&eacute; tydperk het in Brittanje begin in die 19de eeu toe Engeland die eerste nywerheidsland geword het.&nbsp; Engeland se industrialisering het die land die magstigste ter w&ecirc;reld gemaak en het bygedra tot haar suksesvolle kolonisering van die groot dele van die w&ecirc;reld. Die steenkooltydperk is deur die olietydperk be&euml;indig en Engeland is deur die oliereus van die w&ecirc;reld, die VSA, verbygesteek.&nbsp; Die gevolge van industrialisering weens olie is skokkend ten toon gestel in die Eerste W&ecirc;reldoorlog, toe industri&euml;le produksie in die olie-ekonomie &#329; slagting op &#329; industri&euml;le skaal in Europa veroorsaak het.&nbsp; Die VSA gebruik steeds ongeveer een kwart van al die daaglikse ru-olieproduksie ter w&ecirc;reld, maar ander groeiende ekonomie&euml; se verbruik is vinnig aan die toeneem, wat verdere tekorte op die oliemark veroorsaak en die prys verder verhoog.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#329; Sekere teken dat &#329; maksimum in olieproduksie bereik is, behoort mens in die prys van ru-olie te sien.&nbsp; &#329; Onverbiddelike en voortdurende prysverhoging waaruit produsente nie kan voordeel trek met verhoogde produksie nie is &#329; markgebaseerde teken dat die produksie nie in die vraag kan voorsien nie.&nbsp; Ryker lande kan die verhoogde ru-olieprys tans in &#329; mate absorbeer, maar armer lande sal aankope nie kan bekostig nie en sonder ru-olie moet klaarkom.&nbsp; Sulke lande trek dus geen voordeel uit die oliemeevaller nie, en kan nie volledig deelneem aan globalisering nie.&nbsp; Sommige lande in di&eacute; kategorie kan ons duidelik identifiseer: Somali&euml; en ander state in Oos- en Sentraal-Afrika.&nbsp; Daarby lande in Wes-Afrika soos Tsjad, asook Ha&iuml;ti en Birma:.&nbsp; Die lande is verdoem om brandarm te bly en om nog verder onder te gaan soos wat hulp uit die Weste opdroog as biodiesel uit voedsel vervaardig word wat normaalweg na die Derde W&ecirc;reld gestuur sou word om hongersnood te verlig.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar is taamlik ruimte in die Eerste W&ecirc;reld se ekonomie&euml; om die eerste gevolge van &#329; olietekort te verduur.&nbsp; Die olieboikot in 1970 kan as &#329; historiese voorbeeld in di&eacute; geval dien:&nbsp; Eerstens het dit brandstoftekorte veroorsaak, met spoedbeperkings en in sommige gevalle die rantsoenering van petrol en diesel.&nbsp; Tweedens het die olieboikot inflasie in Westerse ekonomi&euml; veroorsaak; die gepaardgaande rentekoersverhogings het ekonomiese groei tot ongeveer die middel van die 1980s beperk.&nbsp; Uiteindelik het verhoogde produksie in die OPUL-lande, asook ho&euml;graadse Noordsee- en Meksikaanse ru-olie, op die mark meer as twintig jaar se ekonomiese opbloei in die Weste tot gevolg gehad:&nbsp; dit is opgesom deur Ronald Reagan se opmerking dat &ldquo;It is morning in America&rdquo;.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die oliekrisis in 1970 was egter van korte duur en in elke opsig &#329; tydelike energiekrisis.&nbsp; Die komende energiekrisis is &#329; permanente toestand en net &#329; onvoorsiende nuwe energiebron kan dit vermy. Daar is egter geen tekens dat wetenskaplikes en ingenieurs enige idees of produkte het wat die energiekrisis kan verhoed nie.&nbsp; Windenergie, energie uit die getye, selfs kernkrag en steenkool, kan in somtotaal nie naastenby genoeg energie in die vorm produseer wat Westerse en ander ekonomie&euml; benodig nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met &#329; vraag na olie wat nie deur verhoogde produksie versadig kan word nie, is die genadelose prysstyging van ru-olie op die mark dalk die eerste teken dat alles nie pluis is nie.&nbsp; Westerse ekonomie&euml; sal eerstens aanpas met motors wat minder brandstof gebruik, asook ander metodes om krag te bespaar en meer effektief aan te wend.&nbsp; Oorskotgraan sal in biodiesel omskep word, met &#329; gepaardgaande verhoging in voedselpryse (en nood en honger in die Derde W&ecirc;reld).&nbsp; Meer kernkragsentrales sal gebou word en steenkool, &#329; laegraadse bron van energie wat reeds met die stoomenjin uitgefasseer is, gaan terugkom op groot skaal, met lugbesoedeling en gevaarlike myne.&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar sal steeds ontkenning oor die langertermyngevolge van die energiekrisis wees, en omdat die gevolge van die krisis taamlik langsaam oor dekades erger sal word, sal die verband tussen &#329; olietekort en die energiekrisis nie altyd verstaan word nie.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Pogings om brandstof uit steenkool en ander bronne te vervaardig, sal algemeen aangewend word en kan in sommige gevalle verligting bring.&nbsp; Dit is egter duidelik dat geen produksie van olie uit steenkool of ander bronne genoeg energie kan gee om al die burgers in &#329; land soos Suid Afrika tot op dieselfde vlak as byvoorbeeld Europe&euml;rs te kan voorsien nie.&nbsp;&nbsp; Dieselfde opmerking kan oor nader energiebronne gemaak word en mens moet hier opmerk dat daar nie met &#329; kernkragsentrale geploeg kan word nie.&nbsp; Om te ploeg moet jy implemente en diesel gebruik, en trekkers en ander implemente is net relatief goedkoop in die olie-ekonomie.&nbsp; Verder is dit banaal om diesel te gebruik om gewasse te produseer waaruit biodiesel vervaardig word.&nbsp; As die produksie van trekkers en dies meer in ag geneem word, is dit myns insiens &#329; negatiewe spiraal met netto negatiewe energiekoste. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die aanvanklike gevolge van die energiekrisis gaan waarskynlik nie skielik plaasvind nie, maar oor dekades (behalwe as &#329; geopolitieke krisis soos &#329; nuwe oorlog in die Midde-Ooste dit laat kristalliseer).&nbsp; Uiteindelik gaan die (permanente) energiekrisis oorsese lugreise duur maak en dit sal die einde van globalisering en grootskaalse migrasie beteken. Fisiese afstande wat vandag&nbsp; redelik goedkoop afgel&ecirc; kan word, gaan weer langer (en duurder) word.&nbsp; Stede, en veral voorstede, wat intens afhanklik is van goedkoop brandstof vir kosvoorsiening in moderne supermarkte, gaan veral hard getref word.&nbsp; Plattelandse dorpe naby voedselproduserende plase gaan beter aanpas en verlore kundigheid (soos die inleg van vrugte, die maak van biltong, soutvleis en ham, die verwerking van vrugte, ensovoorts) sal weer aangeleer moet word.&nbsp; In die pre-industri&euml;le tydvak het mense daardie kundigheid ontwikkel en geleer nie omdat dit lekker was nie, maar omdat dit noodsaaklik was.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Intussen wissel die olieprys bokant $90 per vat, ongeveer vier maal die prys in 2000.&nbsp; Meningsopnames onder deskundiges toon aan dat $100 per vat meer waarskynlik is as $80 per vat in die nabye toekoms.&nbsp; Met ander woorde,&nbsp; daar is druk op die prys om te styg.&nbsp; Terwyl Reuters berig dat OPUL op 31 Oktober 2007 nog aangedui het dat hulle ongelukkig is met die stygende prys, en OPUL se president Mohammed bin Dhaen al-Hamli aantoon dat OPUL beplan om produksie op te stoot om tekorte op die mark te verhoed en &#329; afwaartse druk op die prys te plaas, is daar geen versekeringe dat OPUL fisies in die verhoogde vraag kan voorsien nie. Daar is vandag &#329; netto tekort van ongeveer 2,000,000 vate ru-olie per dag, en niemand beweer nou meer dat die tekort met verhoogde produksie uitgewis kan word nie.&nbsp; Konsensus is dat verdere afnames in produksie die tekort eerder verder in die nabye toekoms gaan verhoog.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die spekulasie en aktiwiteite vind natuurlik plaas teen die agtergrond van onstabiliteit in die Midde-Ooste. Daar word beweer dat Iran binne 5 jaar &#329; kernwapen gaan besit en die Amerikaanse president praat onheilspellend van &#329; Derde W&ecirc;reldoorlog.&nbsp; Die VSA is steeds vasgeval in Irak en senior milit&ecirc;re figure het reeds aangedui dat die oorlog in Afghanistan ook verloor kan word.&nbsp; Verdere milit&ecirc;re onstabiliteit, soos byvoorbeeld &#329; aanval op Iran deur Israel, kan die voorsiening van olie erg ontwrig, met gevolglike stygings in die prys en ander gevolge vir die w&ecirc;reldekonomie.&nbsp; In di&eacute; opsig het Arthur Schlesinger onlangs opgemerk dat &ldquo;almal glo nou in &lsquo;Peak Oil&rsquo;&rdquo;, asook dat die w&ecirc;reldekonomie onvermydelik gaan afneem namate olieproduksie afneem. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><br \/> Gevolge van die nuwe situasie sal oor dekades (en dalk oor korter termyne soos jare) gevoel word.&nbsp; Hoe vinnig dit ook al gebeur, en wat ook al die uiteindelike resultaat, maak maar jou sitplekgordel nou vas: ons is op &#329; opwindende en verskriklike reis na die toekoms op pad.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/gribki_i_nozhki_gribkov\/\">\u0433\u0440\u0438\u0431\u043a\u0438 \u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63759-dose-prokurora-aleksandra-filchakova.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburgsw.JPG\" width=\"97\" height=\"136\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die Amerikaanse geoloog L. King Hubbard het reeds gedurende die 1950s opgemerk dat die produksie van ru-olie normaalweg toeneem, deur &#329; maksimum gaan, en daarna afneem, asook dat geen investering of nuwe tegnologie die afname in produksie kan omkeer nie.&nbsp; Hubbard se idees is dramaties in die VSA ervaar:&nbsp; Amerikaanse ru-olie produksie (hoofsaaklik in Texas gedurende die 1970s) het &#329; maksimum in 1970 bereik, en ten spyte van meer gevorderde herwinningstegnieke en &#329; groter vraag, het dit vandag afgeneem tot net &#329; breukdeel van wat dit eens was.&nbsp; Met die olieboikot tussen 1970 en 1975 was daar groot rede om produksie in Amerikaanse ru-olievelde op te stoot, maar geen hoeveelheid geld of nuwe tegnieke kon produksie vermeerder nie.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44],"tags":[232,1008,21092],"class_list":["post-1038","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c25-buks-van-rensburg","tag-buks-van-rensburg","tag-die-komende-permanente-oliekrisis","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1038"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1038\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}