{"id":1037,"date":"2007-11-02T17:38:57","date_gmt":"2007-11-02T17:38:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1037"},"modified":"2007-11-02T17:38:57","modified_gmt":"2007-11-02T17:38:57","slug":"padkaart-na-afrikanervryheid-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1037","title":{"rendered":"Padkaart na Afrikanervryheid 3"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Iemand het onlangs ges&ecirc; dat die Afrikaner se pragmatisme tydens die De Klerk-tydvak in nihilisme oorgegaan het, want daar word van ons verwag om blymoedig by ons eie ondergang aan te pas. Hoe knellender die wetgewing en hoe benouender ons situasie, hoe stywer moet ons die gordel intrek, hoe harder moet ons werk en met soveel minder klaarkom. Daar word ook deur vele Afrikaner-nihiliste bepleit dat ons hierdie onhoudbare stelsel moet &ldquo;maak werk&rdquo;, by gebrek aan enige alternatiewe.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Hoewel my padkaart bedoel is as &#329; praktiese oplossing vir ons huidige probleem, bevat dit onvermydelik &#329; paar intellektuele en ideologiese veronderstellings. In die eerste instansie is die woord &ldquo;vryheid&rdquo; oop vir interpretasie. In die Franse eksistensialisme is selfs die aangehoudene in &#329; konsentrasiekamp of in &#329; dodesel &ldquo;vry&rdquo;. In Camus se beroemde opstel oor die Sisifusmite begin hy deur te s&ecirc;: &ldquo;Daar is net een waarlik ernstige filosofiese probleem en dit is selfmoord&#8230; die res kom agterna.&rdquo; Vir die Franse eksistensialiste was die lewe by uitstek absurd; vandaar dus ook hul klem op die absurde logika.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">In &#329; onlangse peiling op die Praagwebwerf het ons lesers gevra om die grootste Afrikanerverraaier van alle tye te nomineer en vir hom te stem. Uiteindelik het die lys so daar uitgesien:<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">FW de Klerk (politikus) 43% &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Roelf Meyer (politikus) 15.9%  <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Pik Botha (politikus) 10.3%  <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Max du Preez (joernalis) 4.7% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Deon Maas (joernalis) 4.7% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Marthinus van Schalkwyk (politikus) 3.7% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Genl. Constand Viljoen (politikus) 3.7% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Dirk du Toit (politikus) 3.7% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Beyers Naud&eacute; (predikant) 2.8% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Steve Booysen van ABSA (sakeman) 1.9% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Willie Esterhuyse (akademikus) 1.9% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Ton Vosloo (sakeman) 1.9% &nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Johan Heyns (teoloog) 0.9% &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Johan Pienaar (internetskrywer) 0.9%<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Hierdie peiling is waarskynlik nie verteenwoordigend van die bre&euml; Afrikanervolk daar buite nie, maar ek verstout my om te s&ecirc; dat FW de Klerk loshande enige kompetisie van di&eacute; aard sal wen, op watter manier dit ook al gehou word.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Ek wil daarom by hierdie geleentheid mnr. FW de Klerk gelukwens met sy nuwe titel. Benewens &#329; Nobelprys van die Sweedse Akademie is hy ook deur die lesers van <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/\">www.praag.org<\/a> verkies as die Grootste Afrikanerverraaier van alle tye.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Miskien is De Klerk, asook Roelf Meyer en Pik Botha wat saam 69% van die stemme op hulle verenig het, egter slimmer as wat ons almal dink. Heel moontlik is De Klerk &#329; eksistensialis en &#329; leser van Albert Camus. Hy word allerwe&euml; deur bedenklike joernaliste opgehemel as &ldquo;die argitek van ons vryheid&rdquo;. Maar dit is &#329; absurde vryheid, die vryheid van die terdoodveroordeelde. In Camus se <em>Buitestaander<\/em> wat deur Jan Rabie in Afrikaans vertaal is en deur Uitgewery Praag heruitgegee is, voel Meursault wat onskuldig ter dood veroordeel is dat hy sy &ldquo;hart vir die heel eerste keer open aan die tere onverskilligheid van die heelal. En omdat ek voel dat dit so baie soos ek is, so broederlik verwant aan my, weet ek dat ek gelukkig was en nog is. Sodat alles vervul kan word, sodat ek minder alleen kan voel, kan ek nog net hoop dat daar baie toeskouers op die dag van my teregstelling sal wees, dat hulle my met krete van haat sal begroet.&rdquo;<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Soos Meursault in <em>Die buitstaander<\/em>, is die Afrikaner veronderstel om sy teregstelling en die meedo&euml;nlose vernietiging van sy identiteit, taal en kultuur onder die huidige stelsel met vrolike afwagting tegemoet te gaan. Of soos Izak de Villiers dit &#329; jaar of twee gelede in sy Akademietoespraak gestel het: ons moet &ldquo;die varkwagters by &#329; bedeling&rdquo; wees. Die parallelle tussen Camus se siening van selfmoord as &ldquo;die enigste ernstige wysgerige kwessie&rdquo; en die politieke selfmoord wat De Klerk oor ons afgeroep het, is frappant.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Daarom val dit ook op dat die tweede kategorie van persone wat beduidende stemme as groot verraaiers van ons lesers (en sedert 1 Januarie het ons bykans een miljoen besoekers aan ons webwerf gehad) getrek het, die joernaliste Max du Preez en Deon Maas was. Soos De Klerk, is ook hulle politieke eksistensialiste of nihiliste wat glo dat hoe meer absurd en onregverdig die stelsel raak, hoe &ldquo;vryer&rdquo; word ons.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Daar is mos daardie hippie-liedjie van Janis Joplin, &ldquo;Me and Bobby McGee&rdquo; wat lui: <em>F<\/em><em>reedom&#8217;s just another word for nothing left to lose.<\/em> Joplin het op die ouderdom van 27 gesterf aan &#329; oordosis hero&iuml;en. Ongelukkig vir die Afrikaanse publiek, het Deon Maas, wat self &#329; voorstander van dwelmgebruik vir die jeug is, nog nie aan &#329; oordosis omgekom nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Ons moderne begrip &ldquo;vryheid&rdquo; soos dit ook tydens die Franse revolusie gebruik is in die slagspreuk <em>libert&eacute;, &eacute;galit&eacute;, fraternit&eacute;<\/em>, is ontleen aan die Latynse woord <em>libertas<\/em>. Dis nogal ironies en miskien veelseggend dat die naam van Libertas, die eertydse woning van Suid-Afrikaanse eerste ministers, intussen verander is! Die burgerlike vryheid wat deur die begrip <em>libertas<\/em> uitgedruk word, staan teenoor <em>servitus<\/em>, oftewel: slawerny, knegskap. In &#329; politieke sin het die ou Romeine dit gebruik om die vryheid van &#329; volk, wat nie deur &#329; monarg regeer word of deur &#329; ander volk oorheers word nie, uit te druk.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Terwyl diegene wat op Praag se treffersparade van groot verraaiers verskyn ons absurde papiervryheid, &#329; vryheid-in-naam, verheerlik, kan dit nie as vryheid in die klassieke Romeinse sin of in enige ernstige betekenis deurgaan nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Op &#329; manier preek ek hier aan die bekeerdes. Want as daar een ding is wat die groot verskeidenheid aktiviste, skrywers en betrokkenes van PRAAG in gemeen het, is dit ons afkeer van die onvryheid wat ons vandag op soveel gebiede moet verduur. Ek dink elkeen van ons is dit eens dat die absurde vryheid, die vryheid van die persoon wat sy eie of sy volk se lewe neem of wat soos Meursault in die dodesel verkeer, nie vir ons genoeg is nie. In die vierde vers van &ldquo;Die Stem&rdquo; deur C.J. Langenhoven word daar gepraat van &ldquo;Knegte van die Allerhoogste teen die hele w&ecirc;reld vry&rdquo; waardeur die Afrikaner se eeue-oue vryheidstrewe uitgedruk word om aan alle vorme van oorheersing in hierdie w&ecirc;reld te ontkom.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">In een van sy mees revolusion&ecirc;re geskrifte het Wladimir Lenin die vraag gevra: &ldquo;Wat moet gedoen word?&rdquo; En dit is ook &#329; vraag wat hom vandag met akute dringendheid aan die Afrikaner opdring, die Afrikaner wat moontlik besig is om sy laaste jare in Afrika te slyt.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">As ons dan praat van &#329; padkaart na vryheid, impliseer dit niks minder as &#329; omwenteling in die huidige bestel waar ons oorheers en dikwels vertrap word nie. Toe ek aanvanklik in die laat negentigerjare by ons huidige vryheidstryd betrokke geraak het, het ek taamlik helder ingesien dat daar ses fases in so &#329; stryd is. Ek herhaal net hier die verskillende fases wat ek reeds op 10 November 2005 in &#329; gelyknamige rubriek oor &#329; <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.org\/rubriek240d.htm\">Padkaart na vryheid<\/a> opgenoem het:<\/p>\n<ol style=\"margin-top: 0cm\">\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Intellektuele      fase (waar &#8216;n stel idees ontwikkel word of herontdek word). <\/li>\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Ideologiese      fase (waar idees in slagspreuke vertaal word en aan die volk gekommunikeer      word).<\/li>\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Organisatoriese      fase (waar die volk georganiseer en gemobiliseer word).<\/li>\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">&nbsp;Politieke fase (waar politieke doelwitte      nagestreef word).<\/li>\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">&nbsp;&#8216;n Oorwinning en bereiking van politieke      mag (hopelik).<\/li>\n<li class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Konsolidasie      en vernietiging van die vyand.<\/li>\n<\/ol>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Twee jaar gelede het ek gemeen dat die Afrikaner in die huidige stryd iewers tussen fase 1 en 2 verkeer en &#329; aanvang neem met fase 3. Ek verstout my egter om te s&ecirc; dat die De la Rey-fenomeen nie die begin nie, maar die afsluiting van fase 2 gemarkeer het en dat ons nou reeds besig is met fases 3 en 4.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Ons weet almal hoe moeilik dit is om mense in enige vorm van organisasie saam te snoer, veral wanneer jou opponent oor al die hulpbronne van die staat en die grootste deel van die media beskik. Maar ons mense het reeds male sonder tal in die verlede bewys dat ons die onmoontlike k&aacute;n regkry. Dink maar net aan Bloedrivier, Vegkop en Majuba, of aan die Afrikaanse taal wat teen die historiese neiging in en ernstige taalverdrukking ten spyt, in die skadu van Engels kon ontwikkel en gedy. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die longe van elke Afrikaanse asemteug vandag is die erfenis van die verlede toe ons voorgeslagte onder baie moeilike omstandighede &#329; nuwe taal deur hul blote harde werk en ywer geskep het. Sonder daardie oorgelewerde kapitaal sou ons vandag nie Afrikaans as kultuurtaal kon praat of skryf, daarin kon filosofeer of regspraak lewer nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Afrikaans is, inderdaad, iets onwaarskynliks, iets wonderbaarliks wat getuig van ons vermo&euml; om teen Engels en die Britse Ryk op te staan en op soveel maniere die hele gang van die geskiedenis te verander. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Nou onlangs skryf my seuntjie van twaalf &#329; taak oor Angola. Ek haal &#329; enkele sin daaruit aan wat vir ons boekdele spreek, betreffende daardie land se onafhanklikheid in 1975: &ldquo;Portugal het vir amper 500 jaar &#329; blywende teenwoordigheid in Angola gehandhaaf en die plaaslike inwoners se aansoek om onafhanklikheid is met gemengde gevoelens begroet.&rdquo;<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Trouens, Angola is veel ouer as Suid-Afrika. Die eerste Portugese nedersetting in daardie land dateer uit die jaar 1483, byna tweehonderd jaar voor ons eie volksplanting in die Kaap. N&aacute; 500 jaar &ldquo;handhaaf Portugal nie meer &#329; teenwoordigheid in Angola nie&rdquo;, maar ons kan sekerlik s&ecirc; dat die Afrikaner steeds in di&eacute; land teenwoordig is, ten spyte van die donker wolke oor ons toekoms. Gaan ons eenvoudig die slagoffers word van die Afrikageskiedenis se gang waar alle blankes of mense van Westerse afkoms soos in Angola, Mosambiek of Zimbabwe meedo&euml;nloos voor swart nasionalisme verdryf word of gaan die Afrikaner weer sorg vir &#329; sonderlinge ommekeer soos so dikwels in die verlede?<\/p>\n<p class=\"MsoBodyText2\">Wat die huidige politieke fase van ons stryd betref, moet ons vir ons die doelwit stel om weer beheer oor so &#329; groot deel van die land waar ons mense gevestig is en waar Afrikaans as moedertaal en as lingua franca gepraat word, te bekom. Vir my l&ecirc; daardie toekomstige hinterland of Afrikaanse Republiek wes van die Drakensberg sodat veral die grootste deel van Natal waar die Zoeloes woon en die Transkei waar ons huidige oorheersers, die Xhosas, vandaan kom, uitgesluit word.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">So &#329; toekomstige Afrikaanse Republiek sal ten minste in sy vroe&euml; fase ook &#329; multikulturele staat wees, maar ek dink daar is vele verbeeldingryke maniere waarop ons die demografie van so &#329; staat kan bestuur ten einde emigrasie van nie-Afrikaners aan te moedig en die terugkeer van ons eie mense uit die diaspora, asook immigrasie van Europe&euml;rs uit ons stamlande. In baie opsigte het die ANC aan ons gewys hoe so iets gedoen moet word en ons hoef maar net hulle metodes en wetgewing effens aan te pas!<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Benewens hierdie groter gebied, is ons voortbestaan in Afrika afhanklik van &#329; kleiner kerngebied waar ons van meet af aan in die meerderheid sal wees, &#329; soort Afrikanerprovinsie binne die huidige Suid-Afrika wat ook die hart van &#329; toekomstige multikulturele Afrikaanse Republiek sal verteenwoordig. Danksy die werk wat mnr. Anton Barnard van PRAAG gedoen het, asook vorige navorsing deur die destydse Volkstaatsraad, weet ons dat daar steeds so &#329; Afrikanerkerngebied in die huidige Pretoria-Centurion-gebied, wat ook dele van die Oos- en Wesrand insluit, bestaan.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Vanwe&euml; Mbeki se &ldquo;oopgrensbeleid&rdquo; waardeur onwettige immigrante eenvoudig toegelaat word om ongehinderd oor ons grense te stroom, sal hierdie Afrikanerkerngebied nie veel langer behoue bly nie en sal ons, soos die Portugese van Angola wat n&aacute; 500 jaar in daardie land verdryf is, uiteindelik ook van hierdie laaste oorblywende Afrikaner-enklawe waar ons oor die demografiese meerderheid beskik, vervreem word.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">D&iacute;t mag nie gebeur nie. Reeds is daar tekens van weerstand onder ons mense soos byvoorbeeld die inwoners van Lynwood wat hul buurt teen geweld afgekamp het in weerwil van pogings van die ANC-stadsraad om dit te verhoed. Die huidige Afrikanerleierskap sal indringend oor optrede moet besin om daardie gebied te beveilig. Indien ons nie daardie gebied op &#329; vreedsame wyse kan bekom nie, sal ons na internasionale voorbeelde soos di&eacute; van Sloweni&euml; moet kyk waar &#329; minderheidsvolk eenvoudig in opstand teen meerderheidsoorheersing gekom het en &#329; geslaagde onafhanklikheidsoorlog, die sogenaamde Tiendaagse Oorlog vanaf 25 Junie 1991 tot 5 Julie 1991, teen die Serwiese meerderheid van die destydse Joego-Slawi&euml; gevoer het.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Soos die Sloweni&euml;rs wat alles in hul vermo&euml; gedoen het om &#329; vreedsame skikking met Serwi&euml; te beding, maar aan die einde tog tot geweld oorgegaan het, sal ons moet besef dat ware vryheid nooit sonder vasberadenheid bekom word nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Myns insiens staan ons op die vooraand van groot gebeurtenisse in Suid-Afrika. Of meneer Jacob Zuma in Desember die ANC-magstryd wen of verloor, maak nie eintlik saak nie. Verloor hy, beskik ons oor &#329; potensi&euml;le Zoeloebondgenoot waarmee ons saam die vryheidstryd teen &#329; Xhosa-oorheersde ANC kan aanpak. Wen hy, bestaan daar &#329; sterk moontlikheid, gegrond op my gesprekke met hom, dat ons &#329; Afrikanerprovinsie binne die huidige Suid-Afrika kan bekom wat op die model van &#329; Qu&eacute;bec of &#329; Vlaandere kan funksioneer.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Anders as wat soveel van ons mede-Afrikaners in hul nihilisme en defa&iuml;tisme dink, l&ecirc; die weg na vryheid steeds voor ons oop.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Om af te sluit met Paul Kruger se beroemde woorde wat ook deur Jan Smuts op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog aangehaal is (en wat ek insgelyks by 2005 se PRAAG-dinee gaan leen het):<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">&ldquo;Hetsy ons oorwin of sterf, die vryheid sal in Afrika verrys soos die son uit die m&ocirc;rewolke en dan sal dit wees van die Zambesi tot aan Simonsbaai. Afrika vir die Afrikaner!&rdquo;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/vodnye-i-naduvnye\/detskie-ochki-dlya-plavaniya\/\">\u043e\u0447\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u043f\u043b\u0430\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoBodyText\" style=\"text-align: justify\"><span class=\"small\">Toespraak gelewer op 2 November 2007 by die jaarlikse PRAAG-dinee, The Pinotage-restaurant, Centurion<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Deur vanaand oor die tema &ldquo;&#329; Padkaart na Afrikanervryheid&rdquo; te praat, wil ek juis sekere praktiese voorstelle maak oor hoe ons volk uiteindelik die vryheid wat hy in onlangse tye verloor het, kan herwin. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die Afrikaner, miskien tot sy nadeel, is by uitstek pragmaties. In die onlangse verlede is hierdie pragmatisme deur ons vyande uitgebuit en word daar van ons verwag om in die aangesig van knellende anti-blanke wetgewing, geweld, verlies aan instellings en enige invloed op die staat &#329; soort hinderniswedloop te hardloop.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,1007,21092],"class_list":["post-1037","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-padkaart-na-afrikanervryheid-3","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1037","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1037"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1037\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1037"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1037"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1037"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}