{"id":10355,"date":"2011-05-10T13:41:26","date_gmt":"2011-05-10T13:41:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10355"},"modified":"2011-05-10T13:41:26","modified_gmt":"2011-05-10T13:41:26","slug":"vf-mobilitate-loods-webwerf-vir-munisipale-klagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10355","title":{"rendered":"VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vryheidsfront Plus het vandag \u2018n diens saam met Mobilitate (<a href=\"http:\/\/www.mobilitate.co.za\/\" target=\"_blank\">www.mobilitate.co.za<\/a>) geloods waar  inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie  diens sal beskikbaar wees op die webwerf <a href=\"http:\/\/www.mymunisipaliteit.org.za\/\" target=\"_blank\">www.mymunisipaliteit.org.za<\/a> en is  bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die  Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag  wat tegnologie vir die gewone belastingbetaler en burger kan gee.  Belastingbetalers is nou bemagtig om in die gemak van hulle huise direk \u2018n  klagte by hulle munisipaliteit aan te meld. Geen meer tyd sal gemors word deur  in rye te staan en oproepe na munisipale dienssentrums te maak waar oproepe nie  beantwoord word nie. Mobilitate se span sal klagtes monitor en druk plaas op  munisipale owerhede om spoedige oplossings te verseker. Indien die  munisipaliteit nie reageer nie word die inligting gepubliseer en kan die klagte  deur die inwoner by die Verbruikerskommissie aangemeld word. Die kommissie kan  die munisipaliteit dan dwing om diensgelde wat betaal is gedeeltelik of in  geheel terug te betaal. Hierdie magte stem ook ooreen met die VF Plus se  filosofie van \u201cGeen dienste &#8211; Geen belasting\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  vennootskap tussen \u2018n politieke party en \u2018n inligtingstegnologie-<wbr><\/wbr>maatskappy vind  vir die eerste keer plaas. Die belastingbetaler word bemagtig deur hierdie diens  omdat munisipaliteite onder druk geplaas word om die dienste te lewer waarop  inwoners geregtig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  dienste beskikbaar op <a href=\"http:\/\/www.mymunisipaliteit.org.za\/\" target=\"_blank\">www.mymunisipaliteit.org.za<\/a> sluit  die volgende in:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Klagtes regstreeks aan \u2018n munisipaliteit. Die webwerf beskik ook oor \u2018n kaart wat presies  aandui waar die probleem voorkom en die GPS-ko\u00f6rdinate word ook na die  munisipaliteit saam met die klagte gestuur sodat reaksie vinnig kan  plaasvind;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Klagtes  na die Verbruikerskommissie. Die Verbruikerskommissie is in terme van die Wet op  Verbruikersbeskerming daargestel om swak dienslewering in die algemeen aan te  spreek, ook by munisipaliteite en gee verreikende magte aan die Kommissie om  tariewe terug te eis van diensverskaffers en  munisipaliteite;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Voorstelle  aan munisipaliteite. Die webwerf maak voorsiening dat voorstelle ook aan die  betrokke munisipaliteit gegee kan word, soos die oprig van \u2018n spoedteken by \u2018n  skool of die opstel van \u2018n nuwe verkeerslig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/igri-dlya-7-mi-letnih-detey-delaem-vse-dlya-pravilnogo-razvitiya-svoego-rebenka\">\u0438\u0433\u0440\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439 6 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus het vandag \u2018n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10355\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10355","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10355"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10355\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}