{"id":10350,"date":"2011-05-10T05:23:46","date_gmt":"2011-05-10T05:23:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10350"},"modified":"2011-05-10T05:23:46","modified_gmt":"2011-05-10T05:23:46","slug":"zuma-die-swyger","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10350","title":{"rendered":"Zuma die Swyger"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Historici is verdeeld oor die vraag of Willem I, prins van Oranje, die bynaam &#8220;Willem de Zwijger&#8221; verdien het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bynaam het hy gekry omdat hy geswyg het toe hy van planne van Koning Filips, die Spaanse heerser van die Lae Lande, om ook die Nederlanders onder meer onder die Inkwisisie te laat deurloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willem het egter as held van die Nederlanders se vryheidstryd na vore getree, en is uiteindelik ook hieroor vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou die bynaam: &#8220;Zuma die Swyger,&#8221; ook onvanpas wees?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 vraag duik op nadat Zuma die naweek die soveelste keer geswyg het toe hy, as staats- en regeringshoof, die sweep moes laat klap het. Die keer was dit (weer) die stout kind van Suid-Afrikaanse politiek wat in Zuma se teenwoordigheid sy mond met onsuiwerhede uitgespoel het. In bre\u00eb trekke het hy ges\u00ea die blankes het swart mense se grond gesteel, is daarom misdadigers en moet as sodanig behandel word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers later die naweek het die adjunk-president die jongeling se bekkigheid in wese gerepudieer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs, by die land se formele Vryheidsdagvoeringe, het Zuma ook soos die graf geswyg toe die skare opposisiesprekers uitgejou het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Google-soektog na gevalle waar pres. Zuma plaasaanvalle veroordeel het lewer ook bedroewend min op \u2013 sy veroordeling van die moord op mnr. Eugene Terre&#8217;Blanche, die AWB-leier. Daar is egter &#8216;n horde trefslae waar mense en instansies sonder sukses &#8216;n beroep op die president doen om plaasaanvalle te veroordeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, dit lyk nie of Zuma gaan reageer op &#8216;n mediaverklaring van Agri SA waarin gemeld word dat Zuma op die oomblik amnestie aan &#8216;n groep misdadigers oorweeg, waaronder plaasmoordenaars nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n bron van kommerwekkende swye, skynbaar by sy voorganger oorgeneem, is die &#8220;moord&#8221; waarmee pres. Robert Mugabe wegkom. Selfs wanneer Mugabe in geen onduidelike terme sy mond oor Zuma uitspoel nie, is die reaksie maar so-so. Ander buurlande, soos Zambi\u00eb, is geneig om Mugabe se tjank heelwat duideliker af te trap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis egter Zuma se swygsaamheid oor Malema wat die meeste ontsteltenis veroorsaak, en kom kort-kort na vore, soos toe Malema sy &#8220;Ons sal doodmaak vir Zuma&#8221; in die toekomstige president se teenwoordigheid geopper het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema en sy kornuite se skadelike bekpraatjies oor nasionalisering en onteiening word ook glad nie regstreeks en genoegsaam aangespreek nie. Ellelange verduidelikings oor debat en die reg om iets op die tafel te plaas, klink meer na eenparty-retoriek as &#8216;n werklike oop demokrasie \u2013 en knou beleggersvertroue.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nederlandse geskiedskrywers wys daarop dat Willem de Zwijger heel ten onregte di\u00e9 bynaam gekry het. Behalwe dat sy swye wat hom die bynaam besorg het in wese &#8216;n taktiese swye was, was hy glo heel vaardig met die mond. Pres Zuma kan ook nie van op sy mond geval beskuldig word nie (behalwe wanneer dit saak mak) of nukkerige onttrekking soos sy voorganger wanneer sy vingers verbrand is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, onoordeelkundige uitsprake het hom dalk meer keer in die sop of onder skoot as die periodieke swye. Dit is hom behoorlik teen die kop geslinger dat hy by Malema se tuisdorp na di\u00e9 kameraad as toekomstige president verwys het. Hieroor sou hy stellig later verskeie kere sy hare uit sy kop wou trek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">O ja, hy het nie daar hare nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander moes ook al baie wal gooi toe een van sy kornuite, Jimmy Manyi, dinge kwytgeraak het wat die ANC bitter baie skade sou berokken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy godsdiensuitsprake, en die soortgelyke uitsprake van sy kornuite, het nou al &#8216;n rits veroordelings op die lyf geloop. Die Kerke het byna soos een man gewaarsku dit moet end kry. Die NG Kerk het dit opgevolg dat di\u00e9 kerk dalk sy lidmate kan versoek om hieroor nie vir die ANC te stem nie. Die VGK het reeds sy lidmate versoek om nie ANC te stem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nee, &#8216;n mens kry nie diskresion\u00eare foute afgestort nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">10 games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.avetesla.ru\/object\/dostavki-kompanii-topcargpo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Historici is verdeeld oor die vraag of Willem I, prins van Oranje, die bynaam &#8220;Willem de Zwijger&#8221; verdien het. Die bynaam het hy gekry omdat hy geswyg het toe hy van planne van Koning Filips, die Spaanse heerser van die Lae Lande, om ook die Nederlanders onder meer onder die Inkwisisie te laat deurloop. Willem &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10350\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma die Swyger&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10350","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10350"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10350\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}