{"id":10341,"date":"2011-05-08T07:37:56","date_gmt":"2011-05-08T07:37:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10341"},"modified":"2011-05-08T07:37:56","modified_gmt":"2011-05-08T07:37:56","slug":"da-ontbloot-homself-as-anc-lite","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10341","title":{"rendered":"DA ontbloot homself as &#8216;ANC Lite&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Vryheidsmanifesvastrap\" alt=\"Zuma en Zille\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/zillezuma1b.jpg\" width=\"251\" \/>Op die vooraand van plaaslike verkiesings, het die DA homself finaal ontbloot as die \u201cligte\u201d weergawe van die ANC. Die leier van die party, Helen Zille, het verklaar dat \u201cons net soos die ANC die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) onderskryf\u201d, waarmee sy die ANC se kripto-sosialistiese dokument van 1955 omhels het, &#8216;n dokument waarvan daar deur kenners vermoed word dat dit deur kommuniste opgestel is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beeld van Zille wat soos &#8216;n hoogs besoldigde bediende in wit tekkies en belaglike kleding dans om ANC-kiesers te be\u00efndruk, dra by tot die gevoel dat ons tans nog &#8216;n Afrika-tragikomedie beleef. Wat van di\u00e9 juweeltjie oor Zille uit die <em>Sowetan<\/em>: \u201cOp Meidag het sy Atteridgeville in Pretoria besoek, om hulde aan die ontslape uMkhonto weSizwe-held Solomon Mahlangu te bring.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mahlangu was &#8216;n goedkoop terroris wat die doodstraf ontvang het omdat hy twee ongewapende blanke burgerlikes op 13 Junie 1977 gedood het. Zille kon net sowel Osama bin Laden se nagedagtenis vereer het. Maar die ongelooflike van die Suid-Afrikaanse politiek is dat die liberale nog altyd die radikale linkses verdedig en vereer het. Sonder liberale malletjies soos Zille, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As &#8216;n mens dink aan die reusetriomf van die linkses in di\u00e9 land met hul liberale skoothondjies wat snuiwend vooruit draf, is dit genoeg om selfmoordgedagtes te ontketen. Dwarsdeur die w\u00eareld, vanaf die Tea Party in die VSA tot die Party vir die Vryheid in Holland, is glansryke, intellektuele konserwatisme besig om op te kom. Dog in Suid-Afrika is selfs die blanke middelklaskiesers besig om hulself soos kalkoene te gedra wat telkens vir Kersfees stem deur &#8216;n kranksinnig liberale party soos die DA te ondersteun, &#8216;n DA wat interne regstellende aksie beoefen en oor dooie terroriste soos Solomon Mahlangu trane stort. Ook vandeesweek het die DA die Verwoerdstandbeeld in Meyerton verwyder, in &#8216;n desperate poging om meer anti-blank en polities korrek as die ANC te wees. Terloops, Verwoerd het in die vyftigerjare die aantal swart skole in die land binne vyf jaar verdubbel, &#8216;n goeie daad waarvoor hy tans deur die DA gestraf word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sulke oomblikke van volslae politieke depressie, dank ek die Here vir &#8216;n party soos die Vryheidsfront Plus. Toegegee, Pieter Mulder is gans te gaaf en goedgemanierd om &#8216;n opposisieleier te wees en persoonlik dink ek hy behoort nie as adjunkminister van landbou aan te bly nie. Maar ek het sy boek gelees (<a href=\"vermaak-magazine-256\/boeke-magazine-267\/7329-mulder-boek-net-betyds-vir-afrikanervryheidstryd.html\">Mulder-boek net betyds vir Afrikanervryheidstryd<\/a>) en is be\u00efndruk met sy begrip van die Afrikapolitiek en -kultuur, sy insigte in ons land se geskiedenis en sy verbintenis tot die Afrikaner- en blanke minderheid. Mulder kon reeds lankal &#8216;n Marthinus op ons getrek het as hy sou wou; nogtans het hy hom in die leeukuil van &#8216;n ANC-kabinet begewe en standvastig gebly. Sy byna daaglikse mediaverklarings is almal krities oor die ANC. En hy toitoi ook nie in belaglike uitrustings nie, waardeur hy volpunte vir die behoud van waardigheid \u2013 syne en ons s&#8217;n \u2013 ontvang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Demografiese projeksies, waarby die konstante emigrasie ingesluit is, plaas die blanke bevolking teen 2060 op 500 000, met di\u00e9 land wat deur arm swartes vanuit die hele Afrika oorspoel gaan word. Teen daardie tyd sal ons land &#8216;n wetenskapfiksie-nagmerrie van 200 miljoen mense verteenwoordig. Suid-Afrika soos ons hom ken, is gedoem. Ons kinders en kleinkinders het geen toekoms nie. As u nie teen di\u00e9 tyd die skrif aan die muur kan lees nie, is u \u00f3f op dwelms \u00f3f u benodig baie dik brilglase.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slegs &#8216;n wonderwerk sal ons red en di\u00e9 land, of ten minste &#8216;n gedeelte daarvan, tot sy vorige glorie as &#8216;n funksionerende nywerheidsmaatskappy  met baie min misdaad, asook onderwys en mediese dienste van &#8216;n ho\u00eb standaard, herstel. Wonderwerke gebeur, soos die Berlynse muur wat afgebreek is en &#8216;n paar honderd Oos-Europe\u00ebrs van kommunisme bevry het. Suid-Afrika het egter nie hul voorbeeld gevolg nie, maar het toenemend radikale idees omhels wat juis uit klassieke kommunisme spruit, in so &#8216;n mate dat die byna konstante verskyning van die Kommunistiese Partybaas Blade Nzimande in sy rooi T-hemp op ons TV niemand meer skok nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enigste ding wat ons kan red, is etniese en minderheidspolitiek. As Swart Amerika wat slegs 12% van die Amerikaanse bevolking uitmaak daarin kon slaag om een van hulle as president verkies te kry, kan ons tog beter doen as om ons geregverdigde hoop vir &#8216;n beter toekoms en, die Here weet, regte \u2013 ja, ons het \u00f3\u00f3k regte, nie net die ewig \u201cbenadeeldes\u201d in hul blink Mercedesse en Jaguars nie \u2013 in die DA se multikulturele fantasie te laat verdwyn?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Zille die ANC oor gierigheid en korrupsie kasty, is sy blykbaar die grootste dubbelsalarisverdiener van almal. Volgens Tony Ehrenreich van Cosatu in die Wes-Kaap, ontvang sy twee inkomstes: R1 mijoen as premier van daardie provinsie en &#8216;n allamintige R1,5 miljoen as baas van die DA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Konserwatiewes in di\u00e9 land sal hulself moet regmaak vir &#8216;n lang, harde stryd as ons nie ook op die ashoop van mislukte Afrikastate gaan beland nie. Die erosie van wet en orde geskied net so vinnig soos op plase wat van ons boere afgeneem en aan ANC-boeties oorhandig word \u2013 met die se\u00ebn van die kranksinnig liberale DA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sal baie harder moet begin baklei, oor beginsels en vir die soort gedesentraliseerde, federale en realistiese stelsel wat di\u00e9 land nodig het. Ons moet &#8216;n einde aan die skaduboks \u2013 of moet ek dit skadudans noem \u2013 tussen Zuma en sy vroulike alter ego, Zille, maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA loop oor van selfvertroue dat hy die ANC se kiesers kan afvat. Dus het hy nie langer ons minderheidstemme nodig nie. Om nog &#8216;n persent of twee by die DA se 16 persent te voeg \u2013 heelwat minder as De Klerk se 24 persent opposisiestem in 1994 \u2013 gaan niks aan die toekoms van di\u00e9 land verander nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verdubbeling of verdriedubbeling van die aantal Vryheidsfront Plus-raadslede sal egter &#8216;n \u201cversetstem\u201d of &#8216;n gevreesde \u201cswaai na regs\u201d beteken wat &#8216;n duidelike boodskap aan die ANC, asook w\u00eareldleiers sal stuur dat ons genoeg van di\u00e9 sirkus gehad het, &#8216;n sirkus wat deur die internasionale liberalisme met sy misplaaste geloof in \u201ceen soort demokrasie wat almal sal pas\u201d op ons afgedwing is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet vir werklike verandering stem, nie net om die spreekwoordelike dekstoele op die Titanic rond te skuif nie. Die Vryheidsfront Plus beskik oor die nodige intellektuele en vasbeslote aktiviste wat vir sulke verandering kan agiteer, om te verseker dat ons as minderheid nie langer vertrap en deur geweld en regstellende aksie uit ons land vedryf word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar om so iets te laat gebeur, het ons baie meer stemme vir die VF+ nodig. Soms kry ek die indruk dat Zille en die res van die oud-Black-Sash-liberale in die DA met hul simpatie vir ANC-terroriste die blanke middelklaskiesers verafsku wie se stemme hulle as so vanselfsprekend beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle gaan ons stemme nie mis nie. Kom ons gee ons stemme aan Pieter Mulder en sy ywerige manne en vroue wat met &#8216;n honderdste van die ANC en DA se begrotings &#8216;n moedige stryd stry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet vir &#8216;n verrassing in di\u00e9 verkiesing sorg. Dis ons enigste hoop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al doen u niks anders ooit weer in u lewe nie, stem asseblief vir die Vryheidsfront Plus in hierdie verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Versoek: versprei hierdie artikel so wyd as moontlik onder vriende, familie en kollegas. Plaas ook asb. die skakel op u Facebook of Twitter. Klik op &#8220;Bookmark&#8221;, onder onmiddellik regs vir bystand om dit met u Facebook- of Twitter-vriende, asook ander sosiale netwerke, te deel.<br \/><\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/go-bananas\/\">bananas<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op die vooraand van plaaslike verkiesings, het die DA homself finaal ontbloot as die \u201cligte\u201d weergawe van die ANC. Die leier van die party, Helen Zille, het verklaar dat \u201cons net soos die ANC die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) onderskryf\u201d, waarmee sy die ANC se kripto-sosialistiese dokument van 1955 omhels het, &#8216;n dokument waarvan daar deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10340,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10341","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10341","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10341"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10341\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10340"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10341"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10341"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10341"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}