{"id":10338,"date":"2011-05-06T13:20:43","date_gmt":"2011-05-06T13:20:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10338"},"modified":"2011-05-06T13:20:43","modified_gmt":"2011-05-06T13:20:43","slug":"are-you-free-or-are-you-dom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10338","title":{"rendered":"Are you free or are you dom?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/skoppensboer_251_150.jpg\" \/>Toe Skoppensboer &#8216;n maand gelede die Citizen-koerant optel en lees Zille sien rou riool deur die vloerplanke by eMpophomeni opstoot wat&#8230; die <em>meubels<\/em> verniel, het hy gedink dis &#8216;n grap. Nie die drinkwater besoedel nie, nie &#8216;n ernstige gesondheidsgevaar inhou nie, nie sleg ruik nie. Nee! Die meubels verniel! Want dit was &#8216;n berig wat op 1 April verskyn het, sien. Wat hom heeltemal oortuig het, was toe hy lees die dansende DA-dolla s\u00ea daarby dis nou hoogtyd dat Suid-Afrika terugkeer na die <em>Freedom Charter<\/em>.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos daai man in die advertensie &#8216;n tyd gelede aanhou vra het: <em>Are you free or are you dom<\/em>? Nee, k\u00earels, ek is defnitief dom. Dit was toe nooit &#8216;n Aprilgrap nie. Die DA is doodernstig. Daai kniege wat die swartse witvrou in Suid-Afrika &#8211; Max du Preez se vleiende beskrywing &#8211; so hoog lig, was toe al die tyd &#8216;n egte Afrika-riel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou hoor ek al algar vra wat de joos is die <em>Freedom Charter<\/em>. Die Vryheidsmanifes?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidshandves, as jy nou wil hare kloof. Dit is die dokument wat in 1955 te Kliptown, Soweto, aanvaar is. Daar waar Zille haar verkiesingsveldtog simbolies di\u00e9 jaar afgeskop het. Di\u00e9 dokument bekragtig die nasionalisering van banke, myne en swaar industrie asook grondherverdeling. Die 156 mense wat die dokument onderteken het, is in 1956 vir hoogverraad aangekeer. Daaaai <em>Freedom Charter<\/em>. Die een wat die ANC amper al van vergeet het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een se terroris is die ander se vryheidsvegter. Wie het nou ooit gedink kille Zille en al haar grille gaan vir ons vryheid veg? Nee, ek ook nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vryheid om te steel, in te palm, oor te neem, enige iemand te vermoor en alles wat staan, te vernietig. Die vryheid van die polisie om landsburgers af te maai, regeerders om nie &#8216;n enkele re\u00ebl na te kom nie. En wat belowe Zille: Ons gaan <em>deliver<\/em>! Ek sien die ding. Sy het &#8216;n weermag van miljoene swartes wat sal seker maak hulle <em>deliver<\/em> ons vryheid op &#8216;n skinkbord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Free<\/em> is Skoppensboer beslis nie en nou is hy nog <em>dom<\/em> ook! Toe hy die Kliptown-sirkus sien, het die liggie eers vir hom opgegaan. En aangesien hy nou so stadig van begrip is, het hy &#8216;n hele leessessie stadig gaan onderneem om agter die kap van die byl te kom&#8230; oeps.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verkeerde beeld. Die byle van misdadigers is reeds aan die kap om skoon te maak hier waar die Britte met hul volksmoord dit nie kon vermag nie. Ek bedoel, Skoppensboer het gaan oplees om te probeer verstaan of die Botoxnaalde deurgedring het tot binne in die brein om &#8216;n floute te kon veroorsaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, Janneman. Brille Zille was op Werkersdag by haar volle positiewe toe sy in Port Elizabeth &#8211; die standbeeld en die naam van die koloniale moordenaars staan nog &#8211; weer belowe het die FC gaan se\u00ebvier. (Sy het regtig &#8216;n nuwe bril nodig as sy nie die dik tannie met die bal se beeld raakgesien het om terstond te verwyder nie)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Karl Marx kon dit nie beter gestel het nie: &#8220;Die werkers se stryd is Suid-Afrika se stryd. Ons moet die nasie vergestalt soos in die Vryheidsmanifes vervat.&#8221; Aldus mevrou-die-Opposisie, Vat-hulle-vas, Wys-die-swartes-&#8216;n-ding DA. Kort tevore op 15 April, het die Oos-Kaap se DA-leier Bobby Stevenson Zille verdedig omdat sy Mandela se visie soos vervat in die Vryheidsmanifes &#8220;omhels&#8221; het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omhels is die werkwoord. Selfs die DA-despoot het blykbaar &#8216;n behoefte aan &#8216;n bietjie aandag soos sy knaend al wat roer en nie roer nie, omhels. Dat sy nou &#8216;n stowwerige, uitgediende dokument gaan opdiep het van reg onder die omgevalle Berlynse muur om aan haar boesem &#8211; die een wat so uithang &#8211; te wil koester. Al dansende het die DA-doster nou haar fop gewys.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe Skoppensboer &#8216;n maand gelede die Citizen-koerant optel en lees Zille sien rou riool deur die vloerplanke by eMpophomeni opstoot wat&#8230; die meubels verniel, het hy gedink dis &#8216;n grap. Nie die drinkwater besoedel nie, nie &#8216;n ernstige gesondheidsgevaar inhou nie, nie sleg ruik nie. Nee! Die meubels verniel! Want dit was &#8216;n berig wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10193,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[144],"tags":[],"class_list":["post-10338","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c154-skoppensboer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10338","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10338"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10338\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10193"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}