{"id":10334,"date":"2011-05-06T06:45:29","date_gmt":"2011-05-06T06:45:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10334"},"modified":"2011-05-06T06:45:29","modified_gmt":"2011-05-06T06:45:29","slug":"staak-minerale-uitvoere-en-vat-grond-malema","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10334","title":{"rendered":"Staak minerale-uitvoere en vat grond: Malema"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die regering moet ophou om rou grondstowwe uit te voer sodat die totstandkoming van industrie\u00eb om dit plaaslik te verwerk, aangemoedig kan word, het Julius Malema, ANC-Jeugligaleier, Donderdag in Pretoria ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Met groter staatsbeheer en -deelname en die eienaarskap van minerale hulpbronne, sal ons nasionale begroting die kapasiteit h\u00ea om vergroot te word en sodoende om te sien na die maatskaplike verantwoordelikhede van die staat,&#8221; het Malema aan die Nasionale Persklub ges\u00ea gedurende &#8216;n praatjie oor die liga se program van aksie vir ekonomiese vryheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die probleem is dat minerale onverwerk uitgevoer word en dan as vervaardigde produkte ingevoer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons dink ons moet hierdie kwessie aanspreek, ons moet Suid-Afrika laat voordeel trek uit sy hulpbronne.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea die ANC se nasionale algemene raad het groter konsensus bereik oor die liga se voorstel om beheer oor die land se myne in die hande van die staat te plaas. &#8216;n Span is besig om die beste model van nasionalisering te ondersoek wat nie die ekonomie op &#8216;n ramp sal laat afstuur nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vergeet maar die dinge wat mense in die openbaar kwytraak. Toe ons na die algemene raad gegaan het, het hulle volgehou nasionalisering is nie op die agenda nie, terwyl dit wel was. Nadat die voorstelle aanvaar is, het hulle steeds ges\u00ea daar is geen praatjies oor nasionalisering nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n item op die liga se program is grondondersoeke. Die liga wil h\u00ea alle grond, buiten woongebiede, moet aan die staat behoort. Hierdie onteiening sonder vergoeding moet gedoen word met die inagneming van wette en wetgewing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Toe hulle ons land oorgeneem het, di\u00e9 wat dit vandag besit, het hulle nie vir enigiemand vergoed nie. Daarom sal dit verkeerd wees om te eis dat hulle iets van ons kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het nie genoeg geld om hierdie grond te koop nie, en as ons die bietjie geld wat ons het hiervoor gebruik, loop ons die risiko om te faal in baie belangrike diensleweringkwessies soos gehalte onderwys, behuising, sanitasie, krag en water.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons probeer hierdie probleem, wat vir ons deur die koloniseerders geskep is, aanspreek, en daarom kan ons nie omgepraat word nie, omdat ons baie sterk hieroor voel en die krisis wat deur koloniseerders geskep is, moet omkeer.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die staat eienaarskap oor die grond het, het Malema ges\u00ea, sal di\u00e9 wat dit wil gebruik vir lisensies moet aansoek doen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Huurkontrakte sal nie langer as 30 jaar kan duur nie en aansoekers sal moet verduidelik hoe hulle dit tot voordeel van hul mense sal gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering sal di\u00e9 wat die grond vir landbou wil gebruik, voorsien van die hulpbronne om te verseker dat dit produktief bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die stadige pas waarteen grond aan swartmense &#8220;teruggegee&#8221; word gekritiseer en ges\u00ea slegs vyf persent word elke 20 jaar oorgeplaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In 100 jaar sou ons 20 persent oorgeplaas het. Ek is nie bereid om deel van daardie mislukking te wees nie. Daarom het ons hierdie radikale program van aksie en die nood vir politieke wil en leierskap in die ANC.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het die regering se tenderstelsel bevraagteken en ges\u00ea dit het die land in &#8216;n &#8220;politieke krisis&#8221; gedompel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die staat maak te veel staat op die tenderstelsel en dit het tot &#8216;n politieke krisis gelei.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swak werksgeleenthede word voorsien deur &#8220;korrupte maatskappye, van wie sommige saam met die politieke leierskap werk&#8221;.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u043f\u0435\u0447\u0438 \u0434\u0440\u043e\u0432\u044f\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die regering moet ophou om rou grondstowwe uit te voer sodat die totstandkoming van industrie\u00eb om dit plaaslik te verwerk, aangemoedig kan word, het Julius Malema, ANC-Jeugligaleier, Donderdag in Pretoria ges\u00ea. &#8220;Met groter staatsbeheer en -deelname en die eienaarskap van minerale hulpbronne, sal ons nasionale begroting die kapasiteit h\u00ea om vergroot te word en sodoende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10334\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Staak minerale-uitvoere en vat grond: Malema&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10334","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10334","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10334"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10334\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10334"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10334"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10334"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}