{"id":10321,"date":"2011-05-05T05:56:39","date_gmt":"2011-05-05T05:56:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10321"},"modified":"2011-05-05T05:56:39","modified_gmt":"2011-05-05T05:56:39","slug":"ng-kerk-bekommerd-oor-anc-se-godsdiensuitspraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10321","title":{"rendered":"NG Kerk bekommerd oor ANC se godsdiensuitspraak"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die NG Kerk het Woensdag hul kommer uitgespreek oor opmerkings van &#8216;n pastoor wat ges\u00ea het die ANC, Cosatu en die SAKP is die heilige Drie-eenheid en Jesus was &#8216;n kommunis.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Terwyl ons ons eie geskiedenis in hierdie opsig in ag neem, asook dieselfde foute wat ons in die verlede gemaak het, let ons as die NG Kerk met &#8216;n groeiende sin van bekommernis op onlangse openbare opmerkings deur geestelikes en politieke figure, wat aanspraak maak op God se ondersteuning van hul politieke party,&#8221; het Ben du Toit, woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die mees onlangse s\u00f3 &#8216;n voorval, waarin &#8216;n pastoor president Zuma gesalf en Romeine 13 op &#8216;n onverantwoordelike manier ingespan het om kiesers te dwing om die ANC te ondersteun, oorskry werklik die grense van verantwoordelike teologie, die verantwoordelike gebruik van die Bybel en die verantwoordelike werf van ondersteuning vir die betrokke politieke party.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Burger het Maandag berig &#8216;n pastoor, wat by &#8216;n werkersdag-saamtrek in Athlone, Kaapstad, gepraat het, het ges\u00ea &#8220;Jesus was &#8216;n kommunis&#8221;, &#8220;God het pres. Jacob Zuma as staatshoof gesalf&#8221; en die ANC, Cosatu en die SAKP is die &#8220;heilige Drie-eenheid&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma was by di\u00e9 saamtrek teenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die NG Kerk het &#8216;n beroep op Zuma en ander politieke leiers gedoen om die &#8220;opportunistiese gebruik van geloof te ontmoedig&#8221; en hulself van di\u00e9 praktyke te distansie\u00ebr.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As politieke leiers nie in die openbaar hul teenkanting teen hierdie praktyke in die opbou tot die plaaslike verkiesings aankondig nie, sal die NG Kerk geen ander keuse h\u00ea as om sy kommunikasiestrukture so effektief moontlik te gebruik om kiesers aan te raai om politieke partye te ondersteun wat ni\u00e9 geloof vir eie gewin misbruik nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dut Toit het ges\u00ea om &#8220;God vir &#8216;n politieke doel en agenda toe te eien&#8221; druis in teen die integriteit van die Christelike geloof en van God self.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons doen &#8216;n beroep op President Zuma om ware leierskap te toon deur met ons hande te vat in die bewaking teen die misbruik van God se naam op hierdie manier.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het al in die verlede onder skoot gekom vir sy gebruik van geloof in politieke toesprake. Hy het onlangs ges\u00ea &#8216;n stem vir die ANC is om die hemel te kies, terwyl &#8216;n stem vir die opposisie daaraan gelyk is om die &#8220;hel&#8221; te kies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 opmerking is wyd deur opposisiepartye, kerkgroepe en ander liggame gekritiseer. Sommige het die opmerkings as &#8220;lasterlik&#8221; beskryf.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0456\u0433\u0440\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0454\u0432\u0430\u0447\u0454\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die NG Kerk het Woensdag hul kommer uitgespreek oor opmerkings van &#8216;n pastoor wat ges\u00ea het die ANC, Cosatu en die SAKP is die heilige Drie-eenheid en Jesus was &#8216;n kommunis. &#8220;Terwyl ons ons eie geskiedenis in hierdie opsig in ag neem, asook dieselfde foute wat ons in die verlede gemaak het, let ons as &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10321\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NG Kerk bekommerd oor ANC se godsdiensuitspraak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10321","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10321","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10321"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10321\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10321"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10321"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10321"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}