{"id":10320,"date":"2011-05-04T04:54:25","date_gmt":"2011-05-04T04:54:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10320"},"modified":"2011-05-04T04:54:25","modified_gmt":"2011-05-04T04:54:25","slug":"geregtigheid-op-die-amerikaanse-manier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10320","title":{"rendered":"Geregtigheid, op die Amerikaanse manier"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Uitbundige vieringe op Pennsylvania Avenue in Washington Sondagnag n\u00e1 die aankondiging van Osama Bin Laden se dood, laat &#8216;n mens wonder wat die Amerikaanse publiek verstaan van internasionale reg en die wette van oorlog. Hulle woon in &#8216;n land wat graag daarmee spog dat hulle albei met groot erns beje\u00ebn en dit graag wil uitvoer na di\u00e9 lande waar goeie regspraak en wetmatigheid ontbreek.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is min twyfel oor die vraag of dit moord was in terme van internasionale reg en die wette van die oorlog, nadat Leon Panetta, hoof van die CIA, Dinsdag erken het dat Osama nie gewapen was nie en dat Pakistan nie geweet het van die aanval nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort v\u00f3\u00f3r die aanval is terloops bekend gemaak dat Panetta deur genl. Petraeus vervang gaan word. Petraeus, hoofaanvoerder van Amerikaanse magte in Afghanistan, is ook Navo se bevelvoerder. Een van sy besondere kwaliteite tot dusver was sy aandrang dat die VSA se sukkelende veldtog in Afghanistan &#8216;n sukses is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy vertrek beteken waarskynlik dat die VSA gaan onttrek uit Afghanistan en dat hulle Bin Laden se dood as verskoning gaan gebruik om oorlogsuitgawes daar te besnoei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ongewilde Amerikaanse president Barack Obama kry bitter min geleenthede om &#8216;n oorwinning aan te kondig. Dit is dus geen wonder dat hy luisterryke woorde gekies het vir sy TV-verskyning nie: &#8220;Geregtigheid het geskied,&#8221; het hy ges\u00ea na afloop van die aanval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die families van die slagoffers van die 9 \/ 11-aanvalle, en vir patriotiese Amerikaners wat &#8216;n bende internasionale misdadigers moet trotseer, kan die antwoord eenvoudig wees. Maar vir internasionale regskundiges, wat reeds sukkel met die kwessie van die wettige status van die VSA se oorlog teen terreur, is Obama se triomfantelike woorde toenemend problematies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Claus Kress, &#8216;n internasionale regsgeleerde aan die Universiteit van Keulen, s\u00ea&nbsp; moeilik soos wat dit mag wees, word geregtigheid &#8220;nie bereik deur middel van summiere teregstellings nie, maar deur straf aan die einde van &#8216;n verhoor&#8221;. Kress s\u00ea die normale manier van hantering van &#8216;n man wat w\u00eareldwyd gesoek word vir moord sou wees om hom te arresteer, hom voor &#8216;n regbank te bring en uiteindelik te vonnis. In die konteks van die internasionale reg, kan milit\u00eare geweld gebruik word in die arrestasie van &#8216;n verdagte, maar moord uit weerwraak is nie &#8216;n opsie nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">So vroeg as gedurende sy verkiesingsveldtog in 2008, het Obama belowe dat hy &#8220;Bin Laden sal doodmaak&#8221; en die werk wat begin is deur sy voorganger voltooi na 9\/11. &#8220;Ons is in &#8216;n oorlog teen al-Kaida gewikkel en ons moet ons burgers, ons vriende en ons bondgenote beskerm,&#8221; het die president verduidelik. &#8216;n Amerikaanse nasionale veiligheidsamptenaar het sonder om doekies om te draai, aan Reuters ges\u00ea: &#8220;Dit was &#8216;n doodsoperasie. En waarom nie? Die hoofdoel van oorlog is die nederlaag van die teenstander, die doodmaak van vyande deur die wettige middele. Oorlog is oorlog.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In der waarheid, is dit nie heeltemal so eenvoudig nie. En nie alles wat die Verenigde State verklaar as &#8216;n oorlog, is werklik so nie. Daar was al &#8220;oorlog&#8221; teen misdaad, dwelms, drankmisbruik, tienerswangerskappe en wat nog. Regskundiges soos Kress s\u00ea dit is &#8216;n &#8220;ope vraag of die VSA nog steeds kan aanspraak maak om betrokke te wees in &#8216;n gewapende konflik met al-Kaida&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was dalk oorlog toe Bush die inval van Afghanistan in 2001 gelas het. <em>Operasie Enduring Freedom<\/em> het die Taliban geteiken, asook Osama bin Laden se terroriste-organisasie wat dit ondersteun. Tans het al-Kaida wel basisse en oefenkampe in Afghanistan &#8211; net soos &#8216;n strydende party &#8211; maar sommiges meen die beheer van die dwelmnetwerk daar speel &#8216;n groter rol as die stryd teen terreur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorlog teen terreur was &#8216;n &#8220;asimmetriese oorlog.&#8221; Dit beteken dat nie-regerings soldate, mits hulle regtig vegters is wat in eenhede georganiseer word met &#8216;n milit\u00eare karakter, \u00f3f as gewapende vegters dien, instruksies van &#8216;n leier neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Osama bin Laden was, sonder twyfel, &#8216;n vegter volgens die laasgenoemde definisie. Baie terreurkundiges huiwer egter vandag of die toepassing steeds geldig is. Kress s\u00ea dit word sterk betwyfel of die netwerkstrukture in die Pakistanse grensgebiede nog gefunksioneer het met Osama as hoof. &#8220;Dit was werklik lankal reeds nie meer duidelik of Bin Laden steeds opdrag gegee het as hoof van &#8216;n kwasi-milit\u00eare organisasie nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Bin Laden nie meer &#8216;n leier was nie, sou dit nie meer toelaatbaar wees om hom te behandel soos &#8216;n vyand of vegter nie, s\u00ea Kress, omdat die wette van oorlogvoering dit verbied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die operasie het ook nie plaasgevind op die werklike slagveld van <em>Operasie Enduring Freedom<\/em> nie, dit wil s\u00ea in Afghanistan nie, maar eerder op Pakistanse grondgebied. Op hierdie punt wyk die amptelike Amerikaanse siening af van die internasionale reg, s\u00ea die meeste kenners op die gebied. Die bevelvoerders van die oorlog teen terreur beskou die hele w\u00eareld as &#8216;n slagveld. Die VSA kan dus oral waar hulle glo die vyand wegkruip, hulle optrede regverdig &#8211; ongeag of dit nou in Europa of Islamabad is.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In die geval van Suid-Afrika was die ou NP-regering nie eens hoegenaamd anti-Amerikaans of naastenby vyandig nie. Dit het egter nie die VSA gekeer om &#8216;n milit\u00eare basis in Botswana op te rig nie.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kress en die oorgrote meerderheid van ander kundiges op die wette van gewapende konflik, vind hierdie siening nie aanvaarbaar nie. &#8220;Die teater van &#8216;n asimmetriese konflik is gereeld beperk tot die gebied van die land waar nie-regeringsorganisasies se akteurs optree op kwasi-milit\u00eare wyse,&#8221; s\u00ea Kress.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Enigiets anders sou lei tot die onberekenbare eskalasie van geweld.&#8221; Die vraag word dus of die sogenaamde asimmetriese oorlog wat woed op die Pakistanse grondgebied vandag, teen al-Kaida of teen die regering daar gemik is? Waar laat dit Afghanistan, waar die konflik afgekondig is? Wat is die rol van die Taliban in hierdie konflik? Waar pas Bin Laden in?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is op geen manier duidelik dat Bin Laden, ten tye van sy dood, &#8216;n organisasie bedryf het wat besig was met &#8216;n gewapende konflik vanuit Pakistan nie,&#8221; s\u00ea Kress.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Milit\u00eare aanval wat oor nasionale grense heen strek, behalwe met dade van selfverdediging, word oor die algemeen beskou as &#8216;n inbreuk op soewereiniteit &#8211; tensy Pakistan se regering hulp van die Amerikaners versoek het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het Sondag verklaar dat bin Laden se dood &#8216;n &#8220;getuigskrif aan die grootsheid van ons land is&#8221;. Maar was Sondag &#8216;n goeie dag vir geregtigheid? As die Verenigde State die massamoordenaar Osama bin Laden in die beskuldigdebank van &#8216;n internasionale hof geplaas het, sou &#8216;n mens die Amerikaanse president geglo het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer is dit FW de Klerk se beurt om homself te gaan verduidelik voor &#8216;n internasionale gehoor?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/kamin-dlya-doma\/\">\u0433\u043e\u0441\u0442\u0438\u043d\u0430\u044f \u0441 \u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u043e\u043c \u0432 \u0437\u0430\u0433\u043e\u0440\u043e\u0434\u043d\u043e\u043c \u0434\u043e\u043c\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uitbundige vieringe op Pennsylvania Avenue in Washington Sondagnag n\u00e1 die aankondiging van Osama Bin Laden se dood, laat &#8216;n mens wonder wat die Amerikaanse publiek verstaan van internasionale reg en die wette van oorlog. Hulle woon in &#8216;n land wat graag daarmee spog dat hulle albei met groot erns beje\u00ebn en dit graag wil uitvoer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10320\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geregtigheid, op die Amerikaanse manier&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10320","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10320","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10320"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10320\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10320"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10320"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10320"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}