{"id":1032,"date":"2007-10-31T00:00:00","date_gmt":"2007-10-31T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1032"},"modified":"2007-10-31T00:00:00","modified_gmt":"2007-10-31T00:00:00","slug":"hati-was-miv-poort-tot-vsa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1032","title":{"rendered":"Ha?ti was MIV-poort tot VSA"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<div align=\"justify\"> Daar is vasgestel dat Ha&iuml;ti as die afspringplek gedien het vir die virus uit Sentraal-Afrika om die Noord-Amerikaanse vasteland te bereik. Aldus Michael Worobey, dosent in biologie aan die Universiteit van Arizona en outeur van die studie. Tien jaar voordat die dodelike virus in &#8216;n epidemie ontplof het, is dit in alle waarskynlikheid deur &#8216;n enkellopende Ha&iuml;tiaanse immigrant na die VSA gebring. Daarna het dit na Kanada, Europa, Australi&euml; en Japan versprei.<\/div>\n<div align=\"justify\"> Voorheen is geglo dat &quot;pasi&euml;nt zero&quot; vlugkelner Ga&eacute;tan Dugas was. Dit is egter meer waarskynlik dat verskeie Ha&iuml;tiaanse immigrante verantwoordelik was vir die oordrag van die virus eerder as &#8216;n enkele beoefenaar van seksuele toerisme wat &#8216;n draai in Ha&iuml;ti gemaak het. Dr. Worobey meen dat Ha&iuml;ti eers n&aacute; 1970 &#8216;n gewilde bestemming geraak het en dat die Amerikaanse owerhede eers in die tagtigerjare besef het dat hulle &#8216;n probleem op hande het toe Vigs die homoseksuele gemeenskap van Los Angeles in 1981 tref.<\/p>\n<p> Die vermiste skakel tussen die VSA en Afrika is volgens die outeur die oudste swart republiek. Volgens Bette Korber, professor aan die Los Alamos-laboratorium, het die virus in die dertigerjare sy verskyning gemaak in jagters wat besmette sjimpanseevleis ge&euml;et het. Net soos wat hi&euml;nas wat besmet is met tuberkulose nooit die siekte ontwikkel nie, ontwikkel sjimpansees nooit Vigs nie.<br \/> &nbsp;<br \/> Die waarskynlikheid dat die infeksie via Ha&iuml;ti in die VSA beland het is 99%. Deur middel van die analise van bloedmonsters van Ha&iuml;tiaanse immigrante tussen 1982 en 1983 en die vergelyking daarvan met die monsters van 117 pasi&euml;nte uit ander w&ecirc;relddele, is genetiese eienskappe uitgewys wat die uitslag bepaal het. Maar daar is ook bykomende elemente wat daarop dui dat Ha&iuml;tiaanse burgers in wat voorheen bekendgestaan het as die Kongo, vandag die DRK, net n&aacute; onafhanklikheidwording in aanraking met die virus kon gewees het.<\/p>\n<p> Die Kongo was een van die lande waar die virus rondom 1930 reeds aangeteken is. Daarbenewens was die begin van die epidemie in die VSA gekenmerk deur &#8216;n infeksiekoers onder Ha&iuml;tiaanse immigrante wat 27 ho&euml;r was as vir die gemiddelde Amerikaanse inwoner.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">10 poker<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Die MIV-virus, wat in Afrika ontstaan het, het rondom 1969, tien jaar vroe&euml;r as wat voorheen geglo is, in die VSA versprei. Di&eacute; inligting is vervat in &#8216;n verslag getiteld die <em>Proceedings of the National Academy of Sciences<\/em> wat Maandag, 29 Oktober, vrygestel is. Die studie elimineer die tese dat die siekte deur &#8216;n homoseksuele Kanadese vlugkelner versprei is.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1002,162,21089],"class_list":["post-1032","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-hati-was-hiv-poort-tot-vsa","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1032","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1032"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1032\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1032"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1032"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1032"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}