{"id":10317,"date":"2011-05-03T08:14:41","date_gmt":"2011-05-03T08:14:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10317"},"modified":"2011-05-03T08:14:41","modified_gmt":"2011-05-03T08:14:41","slug":"praag-uiters-bekommerd-oor-sa-persvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10317","title":{"rendered":"PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Ter geleentheid van W\u00eareldpersvryheiddag wat vandag gevier word, het PRAAG sy &#8220;uiterste kommer oor Suid-Afrikaanse persvryheid&#8221; uitgespreek. Die leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, dr. Dan Roodt, het in Johannesburg verklaar: &#8220;Ope debat en om dissidente menings uit te spreek, word toenemend in Suid-Afrika aan bande gel\u00ea. Die regerende party beheer die SAUK terwyl die toenemende monopolie van Naspers oor veral die Afrikaanse media tot &#8216;n afname in gehalte en &#8216;n toename in onverdraagsaamheid gelei het.&#8221;<\/p>\n<p> Kunstenaars, skrywers en rubriekskrywers word \u00f3f stilgemaak \u00f3f belaster, dikwels deur smerige stories oor hul privaat lewens of ongegronde beskuldigings dat hulle &#8220;rassiste&#8221; is. &#8220;Dit wissel van die rubriekskrywer David Bullard tot die sanger Steve Hofmeyr wat deur groot dele van die media verguis is omdat hulle nie deel uitmaak van die kabaal wat &#8216;die groot saamstem&#8217; in ons land fabriseer nie,&#8221; het Roodt ges\u00ea. &#8220;Die totalit\u00eare gees is springlewendig in Suid-Afrika en word bestendig deur sowel die onbeskaamde kommuniste in die heersende ANC\/SAKP as die voormalige sikofante van apartheid, soos Naspers. Paradoksaal genoeg, is dit vandag veel moeiliker om gepubliseer of gehoor te word as wat dit onder die voormalige Nasionale Party-regering was. Indien dit nie vir die internet was nie. sou ons beswaarlik enige media-diversiteit in Suid-Afrika gehad het.&#8221; <\/p>\n<p>Roodt het &#8216;n beroep op &#8220;skrywers, sangers, joernaliste en meningsvormers gedoen om sterk standpunt ten gunste van spraakvryheid in te neem. Ons behoort die Suid-Afrikaanse grondwet en alle wettige middele te gebruik om die kruipende eenpartystaat te beveg, asook die monopolistiese, uitsluitende taktiek van die privaatsektor. Regslui behoort ook &#8216;n bydrae te lewer om persvryheid in die Grondwethof te verdedig en om klagtes teen die mediamonopolie by die Mededingingsraad aanhangig te maak.&#8221;<\/p>\n<p>Die leier van PRAAG het hulde gebring aan die digter en filosoof N.P. van Wyk Louw wat in vele opsigte die vader van die &#8220;oop gesprek&#8221; in Suid-Afrika was. &#8220;Reeds tydens die veertigerjare het Van Wyk Louw begryp hoe broos spraakvryheid in di\u00e9 land is, gegewe ons etniese en rasse-diversiteit. Sy opvatting van die &#8216;oop gesprek&#8217; het die grondslag vir verdraagsaamheid en intellektuele ondersoek in Suid-Afrika gel\u00ea. Dis &#8216;n verskriklike skande dat die jaarlikse Van Wyk Louw-gedenklesing ook deur regeringsideolo\u00eb aan die universiteit van Johannesburg gekaap is. Dit verteenwoordig &#8216;n bespotting van sy erfenis.&#8221;<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ukladka-parketa.com\/products\/ukladka-laminata\">\u0443\u043a\u043b\u0430\u0434\u043a\u0430 \u043b\u0430\u043c\u0438\u043d\u0430\u0442\u0430 \u0440\u0430\u0441\u0446\u0435\u043d\u043a\u0438 \u043d\u0430 \u0440\u0430\u0431\u043e\u0442\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kp.ua\/incidents\/587793-v-kharkove-ot-holoda-y-poboev-umer-trekhletnyi-malchyk\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ter geleentheid van W\u00eareldpersvryheiddag wat vandag gevier word, het PRAAG sy &#8220;uiterste kommer oor Suid-Afrikaanse persvryheid&#8221; uitgespreek. Die leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, dr. Dan Roodt, het in Johannesburg verklaar: &#8220;Ope debat en om dissidente menings uit te spreek, word toenemend in Suid-Afrika aan bande gel\u00ea. Die regerende party beheer die SAUK terwyl die toenemende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10317\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10317","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10317","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10317"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10317\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10317"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10317"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10317"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}