{"id":10310,"date":"2011-05-03T06:33:31","date_gmt":"2011-05-03T06:33:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10310"},"modified":"2011-05-03T06:33:31","modified_gmt":"2011-05-03T06:33:31","slug":"bin-laden-is-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10310","title":{"rendered":"Bin Laden is dood"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Vreugde heers in die VSA oor Bin laden se dood\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/binladen.jpg\" \/>Die Al-Ka\u00efda-leier Osama bin Laden is dood, het die Amerikaanse president, Barack Obama, Maandag aangekondig. Dit is n\u00e1 byna 10 jaar van die terreuraanvalle op 11 September 2001 wat teen die VSA geloods is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bin Laden was in &#8216;n dubbelverdiepinghuis digby die Pakistanse milit\u00eare akademie in die dorpie Abbottabad,  naby Islamabad, toe vier Amerikaanse helikopters vroeg Maandag toegeslaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een helikopter het neergestort nadat sy wagte losgebrand het op die aanvallers. Volgens Amerikaanse amptenare is geen Amerikaners in die aanval beseer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In New York waar Bin Laden se makkers die World Trade Centre op 11 September 2001 aangeval het, het groot groepe mense na Ground Zero, soos dit sedertdien bekend staan, gestroom en feesgevier oor die nuus.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Familie van die meer as 2 700 mense wat dood is, brandweermanne en polisie wat met noodreddingswerk en opruiming na die 9\/11-aanval gehelp het, het die strate ingevaar nadat die nuus bekend gemaak is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense het ook na die Withuis, waar pres. Barack Obama die nuus ampelik aangekondig het, gestroom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oral het landsvlaggies gewapper en is die Amerikaanse landstem gesing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;New Yorkers het amper tien jaar lank op die nuus gewag,&#8221; het New York se burgemeester, mnr. Michael Bloomberg, ges\u00ea en die polisiehoof Raymond Kelly het dit as &#8216;n &#8220;welkome mylpaal&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is die foto van Bin Laden se lyk wat op die internet versprei word nadat dit blykbaar op &#8216;n Pakistanse TV-uitsending vertoon is, as &#8216;n vervalsing uitgewys. Die gesig van die dooie man is volgens kenners gedokter om soos Bin Laden te lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moslemkenners het die Amerikaanse weergawe van gebeure in twyfel getrek.<\/p>\n<p>Volgens senior Pentagon-amptenare, het die VSA &#8220;verskeie metodes&#8221; gebruik om hulle teiken positief te identifiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle beweer dat die DNA wat hulle geneem het genoeg getuienis verskaf met 99,9 akkuraatheid, hoewel hulle nie onmiddellik wou s\u00ea waar of hoe die toets gedoen is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Barack Obama het geen besonderhede oor die identifikasieproses verskaf nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaanse amptenare het ook ges\u00ea Bin Laden is ge\u00efdentifiseer deur middel van &#8220;gesigsherkenning,&#8221; &#8216;n verwysing na tegnologie vir unieke gesigseienskappe, maar dit is nie duidelik presies hoe die SEAL-troepe dit aangewend het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bin Laden is aan boord van die USS Carl Vinson-vliegdekskip ter see begrawe, het Amerikaanse milit\u00eare en intelligensie-amptenare ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is gewas, toegedraai in &#8216;n wit laken, &#8220;in die see&#8221; gelaat, binne 24 uur van sy dood. Hy is begrawe in die Noord-Arabiese See.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl sommige beweer dat Bin Laden &#8216;n seebegrafnis gehad het sodat ondersteuners nie &#8216;n heiligdom vir hom kan skep nie, het Amerikaanse amptenare ges\u00ea daar is geen land wat bereid was om sy liggaam te neem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Moslem-geestelikes s\u00ea Bin Laden se begrafnis was &#8216;n skending van die Islamitiese tradisie wat wraakaanvalle teen Amerikaanse teikens kan uitlok.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Positiewe identifikasie van die oorblyfsels word tans beskou as &#8216;n krities belangrike deel van die Amerikaanse operasie, gegewe die simboliese belangrikheid van Bin Laden se leierskap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die al Kaida-leier in Irak, Abu Musab al-Zarqawi in Junie 2006 vermoor is, is DNA-toetse uitgevoer deur die FBI om die oorblyfsels positief te identifiseer. Die Pentagon het ook &#8216;n lykskouing uitgevoer, deels om bewerings uit die weg te ruim dat die terroriste-leier geslaan of geskiet is deur die Amerikaanse soldate, terwyl in aanhouding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product\/crystal-wedding-tiara-star\/\">crystal tiaras<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Al-Ka\u00efda-leier Osama bin Laden is dood, het die Amerikaanse president, Barack Obama, Maandag aangekondig. Dit is n\u00e1 byna 10 jaar van die terreuraanvalle op 11 September 2001 wat teen die VSA geloods is. Bin Laden was in &#8216;n dubbelverdiepinghuis digby die Pakistanse milit\u00eare akademie in die dorpie Abbottabad, naby Islamabad, toe vier Amerikaanse helikopters &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10310\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bin Laden is dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10309,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10310","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10310","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10310"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10310\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10310"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10310"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10310"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}