{"id":10307,"date":"2011-04-29T09:26:24","date_gmt":"2011-04-29T09:26:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10307"},"modified":"2011-04-29T09:26:24","modified_gmt":"2011-04-29T09:26:24","slug":"dubul-ibhunu-saak-n-anti-klimaks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10307","title":{"rendered":"Dubul&#8217; ibhunu-saak &#8211; &#8216;n anti-klimaks?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Kykers wat die hofsaak oor haatspraak teen Malema gevolg het, het die afloop seker as &#8216;n anti-klimaks ervaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter lesse is daaruit te leer en watter voordeel kan Afrikaners daaruit put?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek stem heelhartig daarmee saam dat Afrikaners vir die eerste keer sedert 1994 weer \u2018n bedingingsposissie verkry het. Daardie posisie is \u2018n gulde geleentheid wat nou ten beste benut kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rapport se \u201cBroedertwis\u201d as hoofnuus het daardie posisie nog verder verewig. Afriforum is as redelik en gematigd voorgestel, terwyl TLU as onverbiddelik bestempel word. Onthou u nog die \u201cgood cop bad cop\u201d-tegniek wat gebruik word om die beste moontlike voordeel tydens ondervraging te verkry?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardeur word \u2018n vertrouensverhouding tussen die gawe ou en die ondervraagde mettertyd gevorm, want die kwaai ou gaan geen genade betoon nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema en kie. sal veel liewer met Afriforum wil onderhandel, want hulle word as \u2018n redelike party beskou, in vergelyking met die TLU, wat Malema so genadeloos tydens die ondervraging uitgeryg het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum\/Solidariteit wil klaarblyklik die geleentheid gebruik om Afrikaners en die ANC weer na die onderhandelingstafel te bring, nie net om die haatspraakkwessie te besweer nie, maar ook om op \u2018n veel wyer front wal te gooi teen die verslegtende posisie van die Afrikaners in die nuwe Suid- Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Logies kan dit deur nog hofsake opgevolg word soos byvoorbeeld \u2018n klasaksie teen regstellende aksie voor die grondwetlike hof, of in Den Haag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Insgelyks kan die voorgestelde landbouwetgewing deur die TLU internasionaal betwis word en landbou-uitvoere deur Suid-Afrika kan deur die vernaamste lande vebied word. Enige landbouwet wat uitsluitlik op &#8216;n rassegrondslag berus, is strydig met die internasionale gebruik. Dit is niks anders as etniese suiwering nie, watter mooiklinkende \u201cdemokratiese beginsels\u201d of name ook al daaraan gekoppel word. Volgens \u2018n onlangse W\u00eareldbankverslag is Afrika se talle burgeroorlo\u00eb almal herleibaar na wedywering oor beheer van natuurlike hulpbronne, soos grond, minerale, water, ens. Dit is presies waarmee die ANC hom wil bemoei, volgens Malema.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weereens sal \u2018n regter kan vra waarom die partye dan nie wil onderhandel nie, aangesien dit nie die regbank se funksie is om die samelewing te orden nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op daardie stadium sal die ANC se mala fides aan die kaak gestel kan word. Die notules en transkripsies van sodanige onderhandelings kan as onteenseglike getuienis dien om te bewys dat die ANC, soos in Mugabe se geval, slegs sy eie kiesers se behoeftes wil bevredig ten koste van die minderhede. Laasgenoemde moet voedselsekerheid en intellektuele energie verskaf om as dryfvere vir die ekonomie te dien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die kwessie van die uiters belangrike internasionale dekking wat die hofsaak geniet. Sommige mense beweer dat die hofsaak \u2018n fout was omdat dit gratis reklame vir Malema en die ANC gegee het. Hulle ignoreer egter \u2018n veel belangriker punt, naamlik dat die internasionale gemeenskap die verslegtende toestand in Suid-Afrika fyn dophou. Die hofsaak het \u2018n helder beeld van toekomstige ANC-beleid en denke ontbloot, wat die ANC aan die kaak stel. Die VN-afvaardiging wat die klag van menseslagting moet ondersoek is juis binnekort na die land op pad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om liedere te verbied en selfs tronkstraf vir die sing of speel daarvan op te l\u00ea, is vry algemeen in die buiteland. So is daar byvoorbeeld die \u201cHorst Wessel-lied\u2019 waarvoor mens in Duitsland tronk toe kan gaan. Die punt is reeds vele male bevestig dat die kulturele waarde van strydliedere nie opgeweeg kan word teen burgerlike stabiliteit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema se retoriese uitsprake in hierdie hofsaak is dus uiters skadelik vir Suid-Afrika se beeld en is \u2018n groot verleentheid vir die departement van buitelandse sake. Zuma sal haatspraak met sy talle buitelandse besoeke kwalik kan regverdig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hofsaak verteenwoordig \u2018n ernstige verleentheid vir die land wat leiding in Afrika moet gee. Ek sal dus nie verbaas wees dat die opdrag vanuit die Presidensie gekom het om die hofsaak te staak en na onderhandeling oor te gaan nie. Onderhandeling, eerder as konfrontasie, is immers Suid-Afrika se buitelandse beleid. Waarom dan binnelands op konfrontasie afstuur?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En daarmee is ek dit met beide die TLU en Afriforum eens dat hulle die enigste werklike wapen gebruik waaroor minderheidsvolke in Suid-Afrika beskik, naamlik onderhandeling wat parallel met die dwang van \u2018n hofsaak oor \u2018n veel wyer spektrum van onderwerpe gevoer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201cgood cop bad cop\u201d- tegniek werk gewoonlik baie goed.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/football-star\/\">star<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kykers wat die hofsaak oor haatspraak teen Malema gevolg het, het die afloop seker as &#8216;n anti-klimaks ervaar. Watter lesse is daaruit te leer en watter voordeel kan Afrikaners daaruit put? Ek stem heelhartig daarmee saam dat Afrikaners vir die eerste keer sedert 1994 weer \u2018n bedingingsposissie verkry het. Daardie posisie is \u2018n gulde geleentheid [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-10307","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10307","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10307"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10307\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10307"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10307"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10307"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}