{"id":10304,"date":"2011-04-28T04:17:58","date_gmt":"2011-04-28T04:17:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10304"},"modified":"2011-04-28T04:17:58","modified_gmt":"2011-04-28T04:17:58","slug":"afrikaners-slagoffers-van-nuwe-apartheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10304","title":{"rendered":"Afrikaners: slagoffers van nuwe apartheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Skrywerpolitikus Martin Bosma skryf in sy onlangse rubriek oor Nederlands en sy ietwat  windverwaaide sustertaal Afrikaans: &#8220;Onze talen zijn diep verbonden.&#8221;  Die rubriek verskyn in die NRC Handelsblad, Nederland se invloedrykste koerant, en is ook <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/algemeen-magazine-470\/9574-die-verdwyning-van-afrikaans-n-nederlandse-stem.html\">hier op Praag<\/a> te lees. Daarby siteer hy &#8216;n aantal Afrikaanse digters, waaronder  Eug\u00e8ne Marais, Elisabeth Eybers en NP van Wyk Louw.<\/p>\n<p> Dit gaan egter om veel meer as taal- en letterkunde. Die dapper jong  koningin Wilhelmina stuur in 1900 die Gelderland na Delagoabaai om die  ou, romantiese president Kruger van Britse inhegtenisname en vernedering  te red. Binnekort gaan Suid-Afrika se swart  nasionalistiese regering die bekende Koningin Wilhelminastraat in  Pretoria se naam verander. Waarmee gaan die ANC Koningin Wilhelmina se  naam vervang? Met di\u00e9 van Aboobaker Ismail, die outeur van die  Kerkstraatbom in die einste Pretoria? Nie ver van die wakende bronsoog van Oom Paul se standbeeld op  Kerkplein nie het die Kerkstraatbom, die ANC se enigste &#8220;milit\u00eare  triomf&#8221;, op 20 Mei 1983 19 mense gedood en 219 erg beseer of vermink.  Onder die vele &#8220;nuwe vakansiedae&#8221; in postrevolusion\u00eare  Suid-Afrika word di\u00e9 blye dag, vreemd genoeg, nie herdenk nie.<\/p>\n<p> Toe ek op skool was, het ons elke jaar Van Riebeeckdag op 6 April  gevier. Jan van Riebeeck, &#8216;n Hollandse amptenaar, was die vader van ons  &#8220;Dietse volk&#8221; hier in Afrika. Ook hierdie vakansiedag het intussen  gesneuwel en is deur ander vervang: Sharpevilledag,  Sowetodag, Vrouedag, Vryheidsdag; daar is selfs sprake van &#8216;n  Mandeladag wanneer ons die geboorte van die w\u00eareldberoemde  Xhosa-politikus sal herdenk.<\/p>\n<p> Dinge gaan nie goed met Afrikaners nie. Al het FW de Klerk die ganse  land met sy weermag, polisie, ekonomie en sentrale bank net so op &#8216;n  skinkbord aan &#8216;n bende onervare oud-terroriste en uitgewekenes uit  Londen en die voormalige Oos-Europa oorhandig, bly die  ANC en sy volgelinge gruwelik ondankbaar. Soos &#8216;n honger krokodil, wil  hulle altyd m\u00e9\u00e9r. Meer mag, meer geld, meer regte, ad absurdum.<\/p>\n<p> Juis verlede week is &#8216;n hofsaak in Johannesburg gevoer waartydens die  regerende ANC ter verdediging van sy jeugligaleier, Julius Malema,  aangevoer het dat die liedjie &#8220;Skiet die Boer&#8230; deel van hul kultuur&#8221;  uitmaak. Ons boere op die platteland word byna daagliks  op die grusaamste wyse in plaasmoorde deur swartes uitgemoor. Maar die ANC en Malema matig hul die reg aan om  &#8220;kulturele&#8221; oproepe tot volksmoord teen ons te mag doen. Suid-Afrika het  intussen die mees gevaarlike land ter w\u00eareld geword, in terme van die  aantal moorde en verkragtings wat jaarliks plaasvind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die beleid van regstellende aksie, &#8216;n Afrikaanse eufemisme  vir &#8220;positiewe diskriminasie&#8221;, word in Suid-Afrika meer drakonies  toegepas as in enige land ter w\u00eareld &#8211; om &#8216;n meerderheid met staatsmag  en toenemende beheer van die korporatiewe sektor teen &#8216;n magtelose  minderheid te bevoordeel. Dat honderdduisende geskoolde  Afrikaners vandag werkloos in krotwyke (die &#8220;plakkerskampe&#8221;) krepeer,  is dus geen wonder nie.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Oor die Paasnaweek gesels ek met my nefie en niggie wat as eerstejaars  aan die Universiteit van Pretoria studeer. Soos al vyf Afrikaanstalige  universiteite word die Universiteit van Pretoria tans stelselmatig deur  die owerheid verengels. In sekere vakdissiplines  word daar ook aktief teen Afrikaners en blankes (mense van Europese  afkoms) gediskrimineer. &#8216;n Swart student met &#8216;n middelmatige slaagsyfer  in die skooleindeksamen van 50 persent mag byvoorbeeld vir mediese studie inskryf, terwyl die briljante  Afrikanerstudent met selfs &#8216;n 90 persent-gemiddeld in al sy  skoolvakke weggewys word. Ons kinders mag nie meer aan die universiteite  studeer wat ons self gestig, gebou en befonds het nie.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;nuwe Suid-Afrika&#8221; beteken  vir Afrikaners: regstellende aksie (oftewel diskriminasie), plaasmoorde  en plakkerskampe. In die praktyk is ons tweederangse burgers en word daar  teen ons Afrikaners op grond van ons velkleur gediskrimineer. Wat noem  ons &#8216;n dergelike stelsel? Dit heet apartheid, volgens die Verenigde  Nasies se definisie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">N.P. van Wyk Louw is ons grootste digter, maar was ook popul\u00eare filosoof, &#8216;n ware <em>philosophe <\/em>in die Franse sin. Polities het hy homself as  &#8220;liberale nasionalis&#8221; getipeer. Dog iewers in die vyftigerjare skryf hy:  &#8220;\u201cDie eise van \u2018vryheid\u2019, \u2018gelyke regte\u2019, en \u2018gelyke kanse\u2019 vir almal  is, abstrak gestel, byna vanselfsprekend billik \u2013  ten minste wanneer ons die gewone menslikheid as grondslag aanvaar \u2013  maar toegepas op Suid-Afrika sou dit beteken dat die klein, relatief  hoog ontwikkelde Afrikaanse volk en die Engelse volksdeel sou versink  tot magtelose minderhede tussen \u2019n massa swartes.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe profeties klink daardie woorde nie vandag waar ons geen reg, selfs  nie di\u00e9 op lewe of gelyke behandeling met ander, meer as vanselfsprekend  kan aanvaar nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Dr Dan Roodt is &#8216;n Afrikaanse skrywer <strong>\/ <\/strong>digter en aktivis vir Afrikaans en Afrikanerregte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hierdie artikel het gister 27 April 2011 in Nederlandse vertaling in die <\/em>NRC Handelsblad<em> verskyn.<br \/><\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<blockquote>\n<div>\n<div>\n<div dir=\"ltr\"><\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/blockquote>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440\u044c \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrywerpolitikus Martin Bosma skryf in sy onlangse rubriek oor Nederlands en sy ietwat windverwaaide sustertaal Afrikaans: &#8220;Onze talen zijn diep verbonden.&#8221; Die rubriek verskyn in die NRC Handelsblad, Nederland se invloedrykste koerant, en is ook hier op Praag te lees. Daarby siteer hy &#8216;n aantal Afrikaanse digters, waaronder Eug\u00e8ne Marais, Elisabeth Eybers en NP van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10304\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners: slagoffers van nuwe apartheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10304","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10304","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10304"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10304\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10304"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10304"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10304"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}