{"id":10289,"date":"2011-04-19T06:49:52","date_gmt":"2011-04-19T06:49:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10289"},"modified":"2011-04-19T06:49:52","modified_gmt":"2011-04-19T06:49:52","slug":"dit-was-nie-vir-olie-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10289","title":{"rendered":"Dit was nie vir olie nie!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Geheime Britse memorandums het die skakel tussen die oliemaatskappye en die inval in Irak ontbloot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Planne om Irak se oliereserwes te ontgin, is deur Britse regeringsministers en die w\u00eareld se grootste oliemaatskappye bespreek in die jaar voordat  Brittanje &#8216;n leidende rol in die aanval op Irak geneem het&nbsp; het regeringsdokumente getoon.<\/p>\n<p>Irak se <a href=\"http:\/\/www.independent.co.uk\/multimedia\/archive\/00598\/oil-graphic-190411_598695a.jpg\">ontluikende olie-industrie<\/a> het nuwe vrae oor  Brittanje se betrokkenheid by die oorlog laat opduik. Slegs nadat Tony Blair beweer het Saddam Hussein beskik oor wapens van massavernietiging, het die eers trae Britse parlementtot die inval ingestem.<\/p>\n<p>Die  notule van &#8216;n reeks vergaderings tussen die ministers en senior oliebestuurders is in stryd met openbare ontkennings dat die eiebelang van oliemaatskappye en Westerse regerings &#8216;n rol gespeel het.<\/p>\n<p>In Maart 2003, het Shell bewerings dat hulle gesprekke met Downingstraat oor Irakse olie voer, as &#8220;hoogs onakkuraat&#8221; afgemaak. BP  het ontken dat hulle &#8216;n &#8220;strategiese belang&#8221; in Irak het, terwyl Tony Blair sulke bewerings as &#8220;die oliesamesweringsteorie&#8221; en &#8220;die mees absurde storie&#8221; verwerp het.<\/p>\n<p>Maar dokumente van Oktober en November die vorige jaar skilder &#8216;n heel ander prentjie.<\/p>\n<p>Vyf  maande voor die Maart 2003-inval, het <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Elizabeth_Symons,_Baroness_Symons_of_Vernham_Dean\">Barones Symons<\/a>, die destydse Britse minister  van handel, aan BP ges\u00ea die regering glo Britse energiemaatskappye  moet &#8216;n deel van Irak se enorme olie- en gasreserwes ontvang as beloning vir Tony Blair se milit\u00eare verbintenis tot Amerikaanse planne  vir &#8220;regeringsverandering&#8221; (<em>regime change<\/em>).<\/p>\n<p>Die dokumente wys dat Lady Symons ooreengekom het om die  Bush-administrasie te lobby op BP se rekening omdat die oliereus bang was om uitgelaat te word uit ooreenkomste wat Washington met die Amerikaanse, Franse en Russiese regerings en hul  energiefirmas onderhandel het.<\/p>\n<p>Die notule van &#8216;n vergadering  met BP, Shell en BG (voorheen British Gas) op 31 Oktober 2002 lees:  &#8220;Barones Symons het ooreengekom dat &#8216;n regverdiging moeilik sou wees as Britse  maatskappye verloor in Irak aangesien die Verenigde  Koninkryk &#8216;n opvallende ondersteuner van die Amerikaanse regering gedurende die hele krisis was&#8221;.<\/p>\n<p>Die <em>Foreign Office<\/em> het BP op 6 November 2002 uitgenooi om te praat oor geleenthede in Irak, &#8220;post-regimeverandering&#8221;. Die notule lui: &#8220;Irak is die groot olievooruitsig en BP is desperaat om daar te wees en angstig dat politieke onderhandelinge hulle nie die  geleentheid moet onts\u00ea nie.&#8221;<\/p>\n<p>N\u00e1 nog &#8216;n vergadering, hierdie  een in Oktober 2002, het die <em>Foreign Office<\/em> se destydse direkteur vir die Midde-Ooste, Edward Chaplin, opgemerk: &#8220;Shell en BP kon nie bekostig om nie &#8216;n  aandeel in [Irak] ter wille van hul langtermyntoekoms te h\u00ea nie&#8230; Ons was vasbeslote om &#8216;n billike deel van die aksie vir die Britse maatskappye in &#8216;n post-Saddam-Irak te verkry. &#8220;<\/p>\n<p>In die openbaar het BP aangedring dat hy &#8220;geen strategiese belang&#8221; in  Irak het nie en agter geslote deure vertel Irak was &#8220;belangriker as enigiets wat ons in &#8216;n lang tyd gesien het&#8221;.<\/p>\n<p>BP  was bekommerd dat indien Washington TotalFinaElf se bestaande  kontak met Saddam Hussein beskerm het, sou dit die  Franse konglomeraat die w\u00eareld se voorste oliemaatskappy gemaak het. BP  het aan die Britse regering ges\u00ea hulle is bereid om &#8220;groot risiko&#8217;s&#8221; te neem om &#8216;n deel  van die Irakse reserwes in die hande te kry, die tweede grootste ter w\u00eareld.<\/p>\n<p>Lady  Symons, 59, het later &#8216;n adviserende pos opgeneem by &#8216;n Britse bank wat ryk rekonstruksiekontrakte in&nbsp; die na-oorlogse Irak losgeslaan het. Verlede  maand het sy skielik as &#8216;n onbetaalde adviseur by Libi\u00eb se  Nasionale Ekonomiese Ontwikkelingsraad bedank. BP en Shell het geweier om op haar bedanking kommentaar te lewer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0440\u043e\u0439\u0441\u0442\u0432\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geheime Britse memorandums het die skakel tussen die oliemaatskappye en die inval in Irak ontbloot. Planne om Irak se oliereserwes te ontgin, is deur Britse regeringsministers en die w\u00eareld se grootste oliemaatskappye bespreek in die jaar voordat Brittanje &#8216;n leidende rol in die aanval op Irak geneem het&nbsp; het regeringsdokumente getoon. Irak se ontluikende olie-industrie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10289\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dit was nie vir olie nie!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10289","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10289"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10289\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10289"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}