{"id":10280,"date":"2011-04-18T06:10:27","date_gmt":"2011-04-18T06:10:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10280"},"modified":"2011-04-18T06:10:27","modified_gmt":"2011-04-18T06:10:27","slug":"ficksburg-skietery-n-waterskeiding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10280","title":{"rendered":"Ficksburg-skietery &#8216;n &#8216;waterskeiding&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Helen Zille, DA-leier, het Sondag ges\u00ea die skietery op Ficksburg sal eendag as &#8216;n waterskeiding in Suid-Afrika se geskiedenis beskou word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ses polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met die dood van Andries Tatane, wat dood is tydens &#8216;n betoging oor dienslewering in Ficksburg, het die Onhafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Sondag ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die beeld van Andries Tatane wat deur die polisie geslaan en geskiet word, is in ons bewussyn ingebrand. Hy het geen misdaad gepleeg nie \u2013 hy het net betoog teen swak dienslewering in sy dorp,&#8221; het Zille ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jong Kommunisteliga van Suid-Afrika het die inhegtenisneming van die polisiebeamptes verwelkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie vinnige inhegtenisneming&#8230; dui op die toewyding van die OKD om te verseker dat hierdie saak opgelos sal word,&#8221; het di\u00e9 liggaam se woordvoerder, Mafika Mndebele, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope het ges\u00ea die ses polisiebeamptes is eers in hegtenis geneem nadat aktiviste en die publiek druk op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, geplaas het om op te tree.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie is &#8216;n bewys dat hoe meer aktief inwoners is, hoe minder sal oordadigheid in die regering geduld word,&#8221; het Philip Dexter, Cope-woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mthethwa self het Sondag die inhegtenisnemings verwelkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het verlede week gevra&#8230; dat die OKD hul werk sonder vrees of guns moet kan doen, en ons het volle vertroue in di\u00e9 instelling.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook innige meegevoel teenoor Tatane se familie en vriende uitgespreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ministerie het gelet op aantygings dat Mthethwa &#8216;n defensiewe, reaktiewe benadering tot die voorval gevolg het. Die ministerie het ges\u00ea &#8216;n deeglike ondersoek sal geloods word en voortydige gevolgtrekkings sal nie gemaak word nie. Die ses polisiebeamptes is onskuldig totdat hulle skuldig bewys word, het &#8216;n verklaring gelui.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mthethwa het ges\u00ea hy was deurentyd konsekwent in sy benadering dat di\u00e9 wat die wet oortree, gestraf moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ses polisiebeamptes, wat Saterdag in hegtenis geneem is, is van die openbare orde-eenheid in Bloemfontein, het Moses Dlamini, OKD-woordvoerder, ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vier van die mans word aangekla van aanranding en twee van moord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitvoerende direkteur van die OKD, Francois Beukman, het Sondag aan SABC Nuus ges\u00ea di\u00e9 soort brutaliteit deur die polisie kan nie geduld word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het na bewering Donderdag met rubberkoe\u00ebls op Tatane se bors losgebrand en hom toe met knuppels geslaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tatane, &#8216;n lid van Cope, is luidens mediaberigte &#8220;gelyktydig&#8221; deur minstens ses polisiebeamptes aangeval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het n\u00e1 die aanval sy hand teen sy bors gehou en ongeveer 20 minute later inmekaargesak. Hy is dood voordat &#8216;n ambulans opgedaag het. Die polisie het Woensdag bevestig dat &#8216;n man tydens die betogings gedood is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inwoners van die Meqheleng-township het na die munisipale kantore in Ficksburg gestap om &#8216;n griefskrif oor diensleweringkwessies te oorhandig toe die voorval plaasgevind het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u0430 \u0432 \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helen Zille, DA-leier, het Sondag ges\u00ea die skietery op Ficksburg sal eendag as &#8216;n waterskeiding in Suid-Afrika se geskiedenis beskou word. Ses polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met die dood van Andries Tatane, wat dood is tydens &#8216;n betoging oor dienslewering in Ficksburg, het die Onhafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Sondag ges\u00ea. &#8220;Die beeld van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10280\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ficksburg-skietery &#8216;n &#8216;waterskeiding&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10280","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10280","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10280"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10280\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10280"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10280"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10280"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}