{"id":10247,"date":"2011-04-08T06:54:45","date_gmt":"2011-04-08T06:54:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10247"},"modified":"2011-04-08T06:54:45","modified_gmt":"2011-04-08T06:54:45","slug":"gaan-die-internasionale-gemeenskap-herleef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10247","title":{"rendered":"Gaan die &#8216;internasionale gemeenskap&#8217; herleef?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 die Anglo-Amerikaanse koalisie se suksesvolle missie in Kosovo in 1999, is die gedagte van &#8216;n &#8220;liberale intervensie&#8221; begrawe saam met tien duisende Irakse burgerlikes.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die diplomatieke chaos wat gevolg het op Tony Blair en George W. Bush in 2002-03 het waarskynlik &#8216;n nuwe tydperk van Amerikaanse isolasionisme ingelei, bloot omdat daar skielik te veel anti-Amerikaanse vure ontbrand het om dood te slaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barack Obama is in 2008 op &#8216;n golf van anti-oorlog sentiment ingestem, terwyl David Cameron Downing Street 10 verlede jaar betree het deur aan te dring daarop dat die Weste &#8220;nie demokrasie vanaf 40.000 m kan laat val nie&#8221;. Cameron het natuurlik daarmee bedoel dat Amerikaanse lugaanvalle nie die antwoord op alles kan wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog het die afgelope drie weke bewys &#8211; hierdie keer met minder medialawaai&nbsp; en allerlei beloftes oor &#8216;n &#8220;beter w\u00eareld&#8221; &#8211; dat die Anglo-Amerikaanse beleid van kragdadigheid weer uit die dode opgewek is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide resolusie 1973 oor Libi\u00eb en resolusie 1975 oor die Ivoorkus gee aan eksterne magte die gesag om &#8220;al die nodige&#8221; maatre\u00ebls te neem om &#8220;burgerlikes te beskerm teen geweld&#8221;. Vir alle praktiese doeleindes, is die Veiligheidsraadbesluit&nbsp; &#8216;n blanko tjek vir ingryping in die werkinge van &#8216;n soewereine staat. Waar dit die wil van die kiesers laat, is tans &#8216;n ope vraag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Westerse diplomate konsentreer op die &#8220;bedreiging wat &#8216;n humanit\u00eare katastrofe inhou&#8221;. Die gesprekke in die gange van die VN lui dat mense nie wil wag vir &#8216;n bloedbad soos in Rwanda nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel daar gemeen word dat die kragdadige optrede van die VSA, Brittanje en Frankryk voortvloei uit die &#8220;Verantwoordelikheid om te beskerm&#8221;-doktrine wat in 2006 aanvaar is deur die VN-lidlande, dien sulke optrede vanselfsprekend die om belange van die VSA en sy bondgenote te beskerm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Humanit\u00eare&#8221; aksie is deur die onderskeie plaaslike owerhede ondersteun. In Libi\u00eb, het die Arabiese Liga die groenlig gegee en in die Ivoorkus, was dit Ecowas en die Afrika-Unie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland of China kon kwalik &#8220;nee&#8221; s\u00ea nadat die Arabiere en die Afrikane self vir die Anglo-Amerikaanse intervensie gestem het. Daar sal egter &#8216;n prys later wees om te betaal vir die Britte en die Franse, aangesien lande soos Indi\u00eb erg gekant is teen sulke ingryping.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Gaan die &#8220;internasionale gemeenskap&#8221; weer met kragdadige ingryping en &#8216;n multipol\u00eare w\u00eareld herleef?<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/rasshiritelnye-dlya-otopleniya\">\u043c\u0435\u043c\u0431\u0440\u0430\u043d\u043d\u044b\u0439 \u043d\u0430\u043f\u043e\u0440\u043d\u044b\u0439 \u0431\u0430\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 die Anglo-Amerikaanse koalisie se suksesvolle missie in Kosovo in 1999, is die gedagte van &#8216;n &#8220;liberale intervensie&#8221; begrawe saam met tien duisende Irakse burgerlikes. Die diplomatieke chaos wat gevolg het op Tony Blair en George W. Bush in 2002-03 het waarskynlik &#8216;n nuwe tydperk van Amerikaanse isolasionisme ingelei, bloot omdat daar skielik te veel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10247\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gaan die &#8216;internasionale gemeenskap&#8217; herleef?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10247","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10247"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10247\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10247"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}