{"id":10244,"date":"2011-04-08T06:43:50","date_gmt":"2011-04-08T06:43:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10244"},"modified":"2011-04-08T06:43:50","modified_gmt":"2011-04-08T06:43:50","slug":"stop-straatrenne-in-pretoria","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10244","title":{"rendered":"Stop straatrenne in Pretoria"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus stel voor dat praktiese alternatiewe dringend oorweeg moet word om die motorwedren-probleem in Pretoria op te los omdat die lewens van onskuldige padgebruikers in gedrang is.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens me. Cindy Cory, wykskandidaat vir die VF Plus-Moot, is die uitnodiging van die DA-raadslid, me. Elmarie Linde, aan die burgemeester, mnr. Kgosientso Ramakgopa, om die straatwedrenne op &#8216;n Sondagaand in Voortrekkerweg by te woon nutteloos. Daar moet praktiese voorstelle gemaak word en die VF Plus gaan self sodanige voorstelle aan die burgemeester lewer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Werkbare voorstel is dalk om die infrastruktuur van die geaffekteerde paaie, onder andere di\u00e9 van Voortrekkerweg, te verander deur &#8216;n tipe intrekspoedhobbel te ontwerp en dit in die paaie op te sit.  Die hobbels moet so ontwerp word sodat dit op &#8216;n Sondagaand onder die padoppervlak uitgetrek of opgeslaan word en dan weer onder die padoppervlak ingetrek of platgetrek word wanneer dit nie meer benodig word nie en om sodoende nie die normale vloei van verkeer te belemmer nie.  Die nodige navorsing hiervoor moet aangevra word by die tersaaklike departement in die Tshwane-metroraad.  Die VF Plus sal toesien dat hieraan aandag gegee word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is reeds inligting rondom die sogenaamde &#8220;smart speed bumps&#8221; op die internet beskikbaar. Hierdie spoedhobbels word in Mexiko vervaardig en word reeds in oorsese lande nuttig aangewend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander moontlike voorstel is om slegs een of twee bane vir die vloei van verkeer in Voortrekkerweg op &#8216;n Sondagaand toe te laat waar die ander bane dan sodoende afgesper word.  Die VF Plus is dit eens dat daar nie van Polisie-teenwoordigheid afgesien moet word nie, maar dit is duidelik dat dit tot op hede, as enigste middel, nog nie die straatwedrenne kon verhoed nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die straatwedrenne wat al in die afgelope jare in Voortrekkerweg en ander dele van Pretoria aan die gang is, kon nog nooit deur die huidige denke en versoekskrifte van die DA sowel as die ANC, gestop word nie.  Die VF Plus s\u00ea dat die DA sowel as die ANC die gemeenskap gefaal het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 13 Februarie 2011 het Cory self die straatwedren bygewoon en het mnr. Nickey Smith, iemand uit die entoesiaste se binnekring wat gereeld die straatwedrenne bywoon, in &#8216;n onderhoud ges\u00ea dat dit nooit sal ophou nie.  Dit gaan om die adrenalien juis weens die feit dat dit onwettig is.  Dit sal ook nie meer &#8220;street racing&#8221; wees as dit wettig gemaak word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cory het ges\u00ea dat ten spyte van die Polisie se taktiese eenheid se teenwoordigheid, was die toeskouers en die renjaers nie afgeskrik nie en het hulle daar bly staan vir &#8216;n ren om plaas te vind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cory het verder ges\u00ea dat dit algemene kennis is dat hierdie straatwedrenne &#8216;n groot probleem is in die Moot en al op meer as een geleentheid mense se lewens ge\u00ebis het, maar ten spyte daarvan word die renjaers en toeskouers nie afgeskrik nie.  Die DA en die ANC se huidige plan dat meer Polisie teenwoordigheid die antwoord is, sal dus nie werk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar bestaan ook tans nie voldoende nasionale- en provinsiale wetgewing om swaarder strawwe vir hierdie tipe oortreders op te l\u00ea nie en moet daar na strenger wette gekyk word waar tronkstraf die enigste opsie is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">slots play<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus stel voor dat praktiese alternatiewe dringend oorweeg moet word om die motorwedren-probleem in Pretoria op te los omdat die lewens van onskuldige padgebruikers in gedrang is. Volgens me. Cindy Cory, wykskandidaat vir die VF Plus-Moot, is die uitnodiging van die DA-raadslid, me. Elmarie Linde, aan die burgemeester, mnr. Kgosientso Ramakgopa, om die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10244\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stop straatrenne in Pretoria&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10244","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10244","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10244"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10244\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10244"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10244"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10244"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}