{"id":10239,"date":"2011-04-06T08:46:00","date_gmt":"2011-04-06T08:46:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10239"},"modified":"2011-04-06T08:46:00","modified_gmt":"2011-04-06T08:46:00","slug":"van-riebeeck-sal-nie-uitsterf-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10239","title":{"rendered":"Van Riebeeck sal nie uitsterf nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Jan van Riebeeck\" alt=\"Jan van Riebeeck\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/04\/jan%20van%20riebeeck.jpg\" width=\"251\" \/>Vandag, vir diegene wat nie weet (of onthou het) nie, is Van Riebeeckdag. Eens op &#8216;n tyd &#8216;n vakansiedag. Daar is nou nog &#8216;n standbeeld van Van Riebeeck in Heerengracht, Kaapstad, wat in 1899 deur Cecil John Rhodes aan die stad geskenk is. In 1952, met die driehonderdjarige viering van Suid-Afrika se totstandkoming, het die Van Riebeeck-vereniging ook &#8216;n standbeeld van Maria van Riebeeck, gebore de la Queillerie, op dieselfde plek opgerig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom is daar nie meer &#8216;n Van Riebeeckdag in Suid-Afrika, te midde van ons swetterjoel amptelike vakansiedae nie? Dis byna &#8216;n retoriese vraag, want sedert 1994 het die amptelike weergawe van ons geskiedenis geheel en al verander. &#8216;n Marginale, radikale skool van geskiedskrywing wat min of meer tydens die sewentigerjare aan die destydse vier blanke Engelse universiteite opgang gemaak het, het met hul sogenaamde &#8220;revisionisme&#8221; gesorg dat ons verlede vandag op skool, op universiteit en die media deur &#8216;n Marxistiese bril bekyk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hooffigure van die revisionistiese geskiedenis was mense soos Charles van Onselen en Luli Callinicos. Van Onselen is &#8216;n soort verloopte Afrikaner in die tradisie van Bram Fischer wat insgelyks iewers tot die Marxisme bekeer is en Callinicos uiteraard &#8216;n Griek. Callinicos is ook die amptelike biograaf van Oliver Tambo, die ANC se leier tydens hul terroristiese ballingskapfase.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Karl Marx en Friedrich Engels het reeds in hul Kommunistiese Manifes van 1848 geskryf dat &#8220;die heersende idees van elke tydvak was nog altyd die idees van sy heersersklas&#8221;. As &#8216;n mens vandag in Johannesburg en Pretoria rondry en sien wie die duur swart motors op die pad bestuur, kry jy nogal &#8216;n idee wie ons heersersklas is: die Afro-Saksers oftewel verengelste swartes wat hulself op veral die Afro-Amerikaners en die elite op die res van ons kontinent modelleer. Maar, hoewel Afro-Saksiese idees en swart nasionalisme vandag in Suid-Afrika in mindere of meerdere mate oorheers, is daar tot op hede nog geen noemenswaardige swart geskiedskrywing nie. &#8216;n Afrikaner en &#8216;n Griek, tesame met ander, het vir ons die &#8220;nuwe geskiedenis&#8221; vir ons &#8220;nuwe land&#8221; gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En juis: s\u00f3nder Van Riebeeck. Want in die Marxistiese w\u00eareldbeskouing van Van Onselen en Callinicos, wat natuurlik Lenin se fulminerings teen &#8220;imperialisme&#8221; insluit, verteenwoordig die koms van Nederland na die Kaap in 1652 allermins die vestiging van die Westerse beskawing aan die suidpunt van Afrika, soos &#8216;n vorige geslag nog op die skoolbanke geleer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit die oogpunt van die revisioniste, maar ook die huidige Afrikaner-establishment en veral die laaste bastion daarvan in die vorm van Naspers wat ingelyks tot Marxistiese revisionisme &#8220;bekeer&#8221; is, beteken die invaart van die Drommedaris, Rijger en De Goede Hoop in Tafelbaai &#8216;n ramp. Male sonder tal het Naspers se horde politiek korrekte en selfs ekstreemlinkse meningsvormers soos Max du Preez, Leopold Scholtz, Christi van der Westhuizen, Jan-Jan Joubert, ens., ons al verseker dat die totstandkoming van die Afrikanervolk eintlik &#8216;n &#8220;fout van die geskiedenis&#8221; was. Trouens, 1652 was, indien nie die aanvang van apartheid nie, ten minste die aanvang van kolonialisme. In die kommunistiese literatuur van Suid-Afika, word ons land se politieke en ekonomiese stelsel reeds dekades lank getipeer as &#8220;kolonialisme van &#8216;n spesiale tipe&#8221;. Dis ook waarom die voormalige president, Thabo Mbeki, Afrikaners beskryf het as: &#8220;koloniale heersers wat in gebreke gebly het om te vertrek&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nederland en agterna die Trekboere en die Voortrekkers wat toenemend die Westerse beskawing, regspraak en tegnologie die binneland ingedra het, tesame met die Statenbijbel en Afrikaans, word vandag as misdadigers gesien. Immers het ons die grond van swartes, Hottentotte en Boesmans &#8220;gesteel&#8221; of &#8220;geroof&#8221;. Behalwe in Natal, het die Engelse hulself nie veel met landbou besig gehou nie en word daarom as mindere kolonialiste beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons Afrikaners was nog altyd net: sleg. Voeg daarby Calvinisme, die Frans-Nederlandse ideologie wat sowel in Nederland as in Switserland tot merkwaardig geordende, netjiese en esteties bevredigende samelewings gelei het, maar wat in Suid-Afrikaanse Engels &#8216;n vloekwoord, amper &#8216;n sinoniem vir &#8220;apartheid en rassisme&#8221; geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Riebeeck het ook die oranje-blanje-blou, die Prinsevlag, na die Kaap gebring. Onder hierdie vlag het die Nederlandse Protestante tydens die sestiende eeu hul bevrydingsoorlog teen die Spaanse Ryk geveg en in 1571 is dit vir die eerste keer in die dorp Den Briel gehys. Die blote kleur oranje gee in die Nuwe Suid-Afrika aanstoot en as &#8216;n simbool van Protestantse en Westerse vryheid &#8211; ook antikommunisties soos in Angola geblyk het! &#8211; word die oranje-blanje-blou as uit die bose gesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die koms van Brittanje, eers in 1795 en toe meer permanent in 1806, is sowel die Marxistiese revisioniste as die Afro-Saksers nogal ambivalent. Dis &#8216;n voortsetting van kolonialisme deur die mees suksesvolle koloniale moondheid in die geskiedenis, maar tog: hulle het darem Engels ook gebring. En soos ons weet: elke Afro-Sakser of verloopte Afrikanerkommunis met &#8216;n identiteitsprobleem vrek oor Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Riebeeck was boonop iets van &#8216;n aristokraat, iemand wat dagboek gehou het en op kultuur en moraliteit attent was. In die sewentiende eeu is so &#8216;n persoon op Frans &#8216;n &#8220;honn\u00eate homme&#8221;, letterlik &#8216;n &#8220;eerlike man&#8221;, genoem. In die Franse Wikipedia word &#8216;n honn\u00eate homme s\u00f3 beskryf: Hy &#8220;is by uitstek gekultiveerd in &#8216;n algemene sin en beskik oor die nodige sosiale vaardighede om hom aangenaam te maak. As howeling en as man van die ho\u00ebr stand, moet hy hom nogtans nederig, goedgemanierd en gekultiveerd gedra, maar moet hom ook by sy geselskap kan aanpas. In die naam van die natuur, s\u00ea hy nee vir alle buitensporigheid en kan hy sy emosies in toom hou.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner verkeer vandag in &#8216;n benarde toestand, met mindere volksmoord wat op ons boere gepleeg word en die jeug wat, danksy die Afro-Saksiese besetting van ons skole en universiteite, &#8216;n intense identiteitskrisis ervaar. &#8216;n Algemene identiteitskrisis word natuurlik onder Afrikaners deur die nihilistiese Naspers aangeblaas. Kennelik het di\u00e9 magtige mediagroep hom ten doel gestel om, soos Lord Milner voor hom, &#8220;Suid-Afrika van die laaste oorblyfsels van Afrikanerisme te suiwer&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaans, ons taal, het uit die sewentiende-eeuse Nederlands van Van Riebeeck ontwikkel. Dis &#8216;n historiese en taalkundige feit. In die onlangse verlede het ons egter begin lees en hoor dat Afrikaans eintlik deur slawe en Hottentotte as&#8217;t ware uit die niet &#8220;geskep&#8221; is. Die feit dat Afrikaners as deel van &#8216;n klassieke standaardiseringsproses, soortgelyk aan di\u00e9 van ander Europese tale, ongeveer 300 woordeboeke oor Afrikaans gepubliseer het, tel ook niks nie. Die Afrikaner word vandag dermate van sy grond, sy geskiedenis en tradisies vervreem dat hy selfs nie eens aanspraak op sy taal kan maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is die vernaamste rede waarom Van Riebeeck egter uit die geskiedenis geweer moes word die volgende. Soos Columbus in die VSA, benoem Van Riebeeck daardie volksplanting, daardie geboortemoment van &#8216;n land wat tot redelik onlangs as Westerse land gereken was en wat sy aan sy met ander Westerse lande tydens twee w\u00eareldoorlo\u00eb en in Korea geveg het. Die Afrikaner, as &#8216;n soewereine, Westerse volk soos die Amerikaners of die Australi\u00ebrs, is van die tyd van die Vryburgers in 1657 af geregtig op &#8216;n heimat, &#8216;n stukkie grond, &#8216;n volkstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die politieke denkfout wat in hierdie land begaan is en wat nog op &#8216;n veel groter ramp as in Zimbabwe gaan uitloop, is dat Suid-Afrika &#8220;net nog &#8216;n Afrikaland is&#8221;. Dit is die denkfout van die ANC en die SAKP, albei twee radikale, ekstremistiese bewegings. Dog dit is ook die denkfout van De Klerk en sy geslag &#8220;verligte&#8221; leiers wat in oorgawe aan die Afro-Saksers &#8216;n soort masochistiese ontknoping van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesien het. Hul groteske onvermo\u00eb om hoegenaamd tussen Suid-Afrika en die res van Afrika te onderskei, was natuurlik gedeeltelik afkomstig van Brittanje en die VSA wat die Afrikaner en Van Riebeeck se erfenis as so onbelangrik beskou het dat dit gerus maar op die brandstapel kon beland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke &#8220;ware&#8221; of &#8220;regte Afrikaner&#8221;, om nou saam met die Genootskappers van 1875 te praat, is egter &#8216;n kind van Jan van Riebeeck. Ons verteenwoordig daardie lewende teenstrydigheid en paradoks: die wit Afrikaan, die Europe\u00ebr wat in Afrika wortel geskiet het soos die Ptoleme\u00efese Grieke in Egipte destyds, nog v\u00f3\u00f3r die Christelike tydvak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solank as wat ons in hierdie land woon &#8211; en die toekoms lyk maar duister &#8211; sal die naam Van Riebeeck dus kwalik heeltemal uitsterf, al is dit tans kwalik nog gewild.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/lestnitsyi-i-podokonniki\/\">\u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u0443 \u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag, vir diegene wat nie weet (of onthou het) nie, is Van Riebeeckdag. Eens op &#8216;n tyd &#8216;n vakansiedag. Daar is nou nog &#8216;n standbeeld van Van Riebeeck in Heerengracht, Kaapstad, wat in 1899 deur Cecil John Rhodes aan die stad geskenk is. In 1952, met die driehonderdjarige viering van Suid-Afrika se totstandkoming, het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10239\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Van Riebeeck sal nie uitsterf nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10238,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10239","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10239","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10239"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10239\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10238"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10239"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10239"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10239"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}