{"id":10236,"date":"2011-04-06T04:59:23","date_gmt":"2011-04-06T04:59:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10236"},"modified":"2011-04-06T04:59:23","modified_gmt":"2011-04-06T04:59:23","slug":"viva-kameraad-blade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10236","title":{"rendered":"Viva kameraad Blade!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Onder normale  omstandighede vind ek dit moeilik om kameraad Blade Nzimande, daardie opperste  nar en kaviaarkommunis, ernstig op te neem. Dis bietjie dik vir \u2018n daalder om  van agter jou miljoenrandmotor se stuur vir die arm voetgangers wat jou  blouligkonvooi van die pad gedwing het, te wil preek oor \u2018n klaslose samelewing.  Tog bevind ek my in die vreemde posisie dat ek vir die tweede keer in \u2018n paar  dae met \u2018n lid van die drieparty-alliansie saamstem. Eers was dit  met Julias oor die verleentheid wat Helen Zille se eenvrou-Kaapse Klopse vir ons  almal wat dit moes aanskou, was. Nou gaan dit oor kameraad Blade se voorstel dat  almal inheemse tale op universiteit moet bestudeer. Kameraad Blade se voorstel  kort egter heelwat dinkwerk en gaan nie naastenby ver genoeg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n  inheemse taal bedoel die kameraad ongetwyfeld \u2018n swart taal, dws een wat van die  Bantoetaalgroep afstam. Afrikaans is egter net so \u2018n inheemse taal as wat enige  een van die Bantoetale soos Zoeloe of Xhosa is. As dit gaan oor tale wie se  stamtaal&nbsp;buite die land se grense ontstaan het maar binnelands verder  ontwikkel het, behoort die Bantoetale, naas Afrikaans, ook aan \u2018n taalgroep wat  sy wortels duisende kilometer van hier gehad het, in Sentraal- en Wes-Afrika,  maar wat binnelands verder ontwikkel het tot nuwe tale. &nbsp;Die stam van die Bantoetale is hiernatoe  gebring deur die Bantoe-immigrante wat die plaaslike mense ontset, uitgemoor of  geassimileer het. Die enigste  ware Suid-Afrikaners, as immigrasie dan die maatstaf sou wees, is die Koi- en  San-mense. Dan sou kameraad Blade noodwendig daarop moes aandring dat studente  moes leer wat \u201c!ke  e: \/xarra \/\/ke\u201d beteken  (\u201cEk laaik BMW\u2019s kwaai.\u201d)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gevolglik  het ek geen probleem hoegenaamd daarmee dat my kind eendag \u2018n inheemse taal,  naamlik Afrikaans, ook op universiteit hoef te bestudeer  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts  gaan kameraad Blade se voorstelle hoegenaamd nie ver genoeg nie. Slegs \u2018n breukdeel van almal wat Graad 1 binnegaan, beland uiteindelik op universiteit.  Myns insiens moet alle leerlinge, van Graad 1 af, nie net inheemse tale soos  Afrikaans bestudeer nie, maar sommer ook in inheemse tale moedertaalonderrig in \u00e1l hulle vakke ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is sommer snert dat die meeste swart kinders so moet sukkel met die taal van die  koloniale onderdrukker, indien nie die Antichris nie, Engels, in hul skole. Die  gesukkel met die uitheemse, imperialistiese Engels het ongetwyfeld \u2018n nadelige uitwerking op die matriekslaagsyfer. Ons almal, wit en swart, behoort aan te dring op  moedertaalonderrig in Zoeloe, Tswana, Venda of Afrikaans, en Engelse onderrig  oorlaat aan antie Helen se stemvee, die enkele ryk soutsakke in die noordelike  voorstede van Johannesburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kameraad  Blade se nuutgevonde entoesiasme vir inheemse tale behoort uiteraard ook na die universiteite uitgebrei te word. Basta met imperialistiese, koloniale Engelse  universiteite! Daar behoort minstens 3 Afrikaanse universiteite, 3  Zoeloe-universiteite asook \u2018n paar Sotho- en Tswana-universiteite te wees, waar  alle onderrig in een van die bogenoemde tale geskied. Miskien kan die ryk  Engelse UCT kry, maar dit behoort streng&nbsp;oor moedertaaldemografie te  gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nooit  gedog ek sou dit s\u00ea nie, maar viva kameraad Blade se verbintenis tot inheemse  tale!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/perfekta.ru\/blog\">\u0448\u0442\u0443\u043a\u0430\u0442\u0443\u0440\u043a\u0430 \u0446\u0435\u043c\u0435\u043d\u0442\u043d\u0430\u044f \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3876186\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder normale omstandighede vind ek dit moeilik om kameraad Blade Nzimande, daardie opperste nar en kaviaarkommunis, ernstig op te neem. Dis bietjie dik vir \u2018n daalder om van agter jou miljoenrandmotor se stuur vir die arm voetgangers wat jou blouligkonvooi van die pad gedwing het, te wil preek oor \u2018n klaslose samelewing. Tog bevind ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-10236","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10236","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10236"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10236\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10236"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10236"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10236"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}