{"id":10234,"date":"2011-04-05T09:06:03","date_gmt":"2011-04-05T09:06:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10234"},"modified":"2011-04-05T09:06:03","modified_gmt":"2011-04-05T09:06:03","slug":"praag-onderhoud-met-steve-hofmeyr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10234","title":{"rendered":"Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr"},"content":{"rendered":"<h5 style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/04\/hofmeyr_steve2.jpg\" \/>Wie en wat is Steve Hofmeyr?<\/h5>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herbesinner van identiteit, herontdekker van grondslag, ewige bewonderaar van die lewe, gelowig maar nie bygelowig, lid van die mees dinamiese Afrikastam ooit, effe oorgretig maar nie ongeduldig, taaltrots maar nie puriteins nie en \u2019n softie in die aangesig van grootsheid, gediggies en melkkos. Wat ek weet, l\u00ea in die wetenskap en wat ek glo, heet geloof. Ek is die somtotaal van daardie twee aksies: kennis en Godsbeskouing. Ek is die ho\u00ebpriester van dankbaarheid. Ek is \u2019n lewensvraat en lees oor die plekke waar my ondervinding ophou. Ek is \u2019n Bloubul, \u2019n Afrikaner, \u2019n Suid-Afrikaner, \u2019n vader en as ek my Virgo-brein om iets kan kry, dink ek daaroor. My ure word opgeneem deur debatteer, retoriek, geselsprogramme, konserte, opnames, skryf en allerbelangrik: kreatiwiteit.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Wat is jou ideaal vir die Afrikaner?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net sy regverdige porsie bemagtiging. Niks meer of onrealisties nie. Die vierkleur moet weer wapper, maar nie noodwendig voor die Uniegebou nie. As mense die speelveld gelykmaak, presteer die Boer in doelgerigtheid en werksetiek soos min volke wat ek ken. Selfbeskikking, die fisiese en geestelike ruimte daarvoor, Afrikaanse skole en universiteite (ten minste een!) en erkenning vir my taal as die grootste Afrika-bydraer tot die w\u00eareld- liter\u00eare biblioteek. My ideaal is groter postmatriekvooruitsigte vir my kinders as \u2019n eenrigtingkaartjie Londen toe. Ek vra nie \u2019n onrealistiese, sondelose, misdaadvrye land nie, maar \u2019n land wat ten minste net gemiddelde statistiek bied eerder as hierdie patetiese gespartel op internasionale lewensverwagting-, ekonomiese, korrupsie-, moord-en-doodslagindekse.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Dink jy Afrikaanse kunstenaars en sangers sal &#8216;n beweging vir Afrikanervryheid steun?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te min kunstenaars sal hul gewildheid op die brandstapel van politiek waag. Ek voel tog \u2019n bepaalde trots aan by Afrikaanse konserte, maar op die nasionale verhoog val almal skielik vir die propaganda dat daar geen onderskeid is tussen die diverse en wonderlike nasies in een land nie. Baie kan gebeur, afhangend van presies hoe jy hierdie vraag stel.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Sedert die fameuse braaivleis met president Jacob Zuma in Houghton, het daar intussen iets gebeur?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik niks. Almal word uitgeboul deur die president se sjarme, maar soos sy voorganger het hy uiteindelik \u2019n toeskouer geword wie se persoonlike lewe deur die belastingbetaler gesubsidieer word. Sy laaste uitnodiging (na \u2018n dinee met Afrikaners by die presidensi\u00eble ampswoning) het ek geboikot weens sy apatie en verlamming teenoor sy klein koorleiertjie se repertoire (\u201cSkiet die Boer\u201d). President Zuma is die model- BEE-spons en man-alleen verantwoordelik vir die klimaat van skuld wat dit onder swartes teenoor wittes skep.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Hoe hard werk jy?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">My alie af. Maar dit is die probleem met passie, jy weet nie waar en wanneer om te stop nie. Ek sien steeds ten minste 3000 Suid-Afrikaanse konsertgangers weekliks en probeer tussenin balans handhaaf met my familielede, skrywe, sosiale media, verskynings, liefdadigheid. Maandae en Dinsdae is ek sokkermamma&#8230;<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Dink jy die media en veral Naspers se hantering van jou persoonlike lewe was tot dusver eties?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eties, Naspers, media, <em>tabloids <\/em>en <em>paparazzi <\/em>mag nooit in een sin genoem word nie. Teenoor die verlamming van die persombudsman verlang ek na \u2019n sterker orgaan om die magtigste instelling ter w\u00eareld vandag, die media, dop te hou. \u2019n Tribunaal kan goed te pas kom. Daarna moet ons uitvis wat die verskil tussen \u201cpublic interest\u201d en \u201cinteresting to the public\u201d is, sodat bekendes dieselfde grondwetlike regte as enige ander burger mag geniet.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Jy sing, skryf boeke, kommunikeer op sosiale webwerwe soos Facebook en Twitter. Wat doen jy nog wat van belang is?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek raak verlief. Kyk rugby. Ek slaap soms. Elke uur op die pad lees ek. Ek doen teaterproduksies en soms musikale blyspele en films. Met sosiale media en internet in die bre\u00eb is daar soveel volumes meer inligting \u2013 en minder verskoning vir intellektuele isolasie \u2013 as ooit. Niks van bogenoemde is seker van landsbelang nie, maar ek probeer hard om nie te midde van alles te verdwaal nie. Ek\u2019s eintlik \u2019n gewone outjie wat oulik is om \u2019n kampvuur met \u2019n koue brandewyntjie en tjoppie onder die sterre.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Wat dink jy van plaasmoorde en misdaad in die algemeen?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek w\u00e9\u00e9t dat selfs die mees konserwatiewe statistiek in dergelike verband, my hart uitruk. Ek weier om die moordsyfer- en wreedheidpersentasie in landsbelang te versag, asof individuele volke maar aan die onderlinge uitwissing gewoond moet raak. M\u00fd mense ken nie hierdie tipe uitwissing nie en m\u00fd mense doen dit nie aan ander nie en het nog nooit. My mense is \u2019n kulturele demografie en bestaan wel, ongeag die Nuwe Suid-Afrikaanse Narratief. Ons onmag en weerloosheid is die produk van staatsge\u00efnduseerde wetgewing. Om enige burgers se&nbsp; taal-, kultuur- en vaste bates&nbsp; te reguleer en hul toegang tot bronne en brood af te sny op grond van hul velkleur, met wetgewing, is volksuitwissing. Oor twintig jaar sal daar \u2019n Waarheids- en versoeningskommissie wees oor hoe ons hierdie land vandag deur ons gatte getrek het. Ek hoop om die ANC daar te sien.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Na watse musiek luister jy as jy dit nie self maak nie?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaanse musiek oor die algemeen, rock en pop, is te pieperig om my te maak toustaan daarvoor. Ons konfronteer die aktuele soos ons die liefde konfronteer, sagkens en resepmatig met bietjie spookasem daarom. Dit sal om di\u00e9 rede baie verg om my my harde rock en klassiek te laat verlo\u00ebn. Maar daar is nog BeeGees, The Script en Hurts (veral) tussen my Alterbridge, The Killers en Beethoven. Ek is ook vreeslik nostalgies (Toeka), maar dit weet almal reeds.<\/p>\n<h5 style=\"text-align: justify;\">Onder ideale omstandighede, sou jy graag in die stad, in die voorstede of op &#8216;n plaas wou bly?<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die voorstede. Presies waar ek nou bly. Dis landelik (ek het 2 skape, 2 takbokke, 2 katte en 3 brakke!) maar Exclusive Books is minder as 20 minute weg. Ek sou later op die Weskus wou aftree en skryf. Selfs met tientalle doodsdreigemente per dag voorsien ek nog nie emigrasie nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/detskie-igrushki-fisher-prais-originalnie-i-poleznie-igrushki\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0430 \u0444\u0438\u0448\u0435\u0440 \u043f\u0440\u0430\u0439\u0441<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie en wat is Steve Hofmeyr? Herbesinner van identiteit, herontdekker van grondslag, ewige bewonderaar van die lewe, gelowig maar nie bygelowig, lid van die mees dinamiese Afrikastam ooit, effe oorgretig maar nie ongeduldig, taaltrots maar nie puriteins nie en \u2019n softie in die aangesig van grootsheid, gediggies en melkkos. Wat ek weet, l\u00ea in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10234\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10233,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-10234","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10234","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10234"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10234\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10233"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10234"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10234"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10234"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}