{"id":10214,"date":"2011-03-28T09:38:56","date_gmt":"2011-03-28T09:38:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10214"},"modified":"2011-03-28T09:38:56","modified_gmt":"2011-03-28T09:38:56","slug":"n-etiese-beleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10214","title":{"rendered":"&#8216;n &#8216;Etiese&#8217; beleid"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die chaos en geweld wat Libi\u00eb tans verwoes, laat vrae omtrent die gedrag van Brittanje en veral sy voormalige eerste minister, Tony Blair. &#8216;n Regime wat reeds 400 van sy eie burgers vermoor het, Libi\u00eb, is onlangs nog soos die Verlore Seun in Britse arms terugverwelkom.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Blair in 1997 &#8216;n &#8220;etiese buitelandse beleid&#8221;, in teenstelling met wat vermoedelik die onetiese een van John Major of Thatcher was, belowe het, het niemand seker Brittanje se grotesk onetiese gedrag in Irak en nou Libi\u00eb kon voorspel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos met baie dinge wat Blair kwytgeraak het, klink die woorde pragtig, maar is die werklikheid van Britse skynheiligheid en die gevolge daarvan, een wat die w\u00eareld toenemend na die rand van &#8216;n afgrond lei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vroe\u00eb pogings van die Blair-regering om sy &#8220;etiese&#8221; buitelandse beleid met baie min omstredenheid te implementeer ten spyte van min etiese besluite, was om die Ierse Republikeinse Le\u00ebr te snoeker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ooreenkoms is wyd beskou as een van die min ware prestasies van die heer Blair en niemand kan ontken dat Ierse terrorisme, indien nie verdwyn nie, iets van &#8216;n rariteit geword het. Di\u00e9 ooreenkoms het meegebring dat Sinn F\u00e9in en die IRL nooit verplig gaan wees om baie van hul donker geheime te openbaar nie. Maar dis die prys van vrede, s\u00ea algar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blair se ander pogings om aan die uitvoering van &#8216;n &#8220;etiese&#8221; buitelandse beleid gestalte te gee, het egter met die Irakese inval vasgeval. Maar diegene wat Irak onthou, vergeet Suid-Afrika, Kosowo, Sierra Leone en Oos-Timor. Die DA, by monde van &#8216;n histeriese Helen Zille en <em>Beeld <\/em>se opiniestukke, herinner ons daagliks aan die Britse fout om die ANC aan die stuur van sake te plaas. Asof sy en haar party mbv die Britte nie instrumenteel was in die magsoorname nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, die Britse strategie om &#8220;etiese&#8221; redes voor te hou om &#8216;n ander land binne te val ten einde dit te &#8220;bevry van tirannie&#8221; is nie met die inval in Irak uitgedink nie. Die Britte was al doenig van voor 1994 om wit Afrikaanse en Zoeloe-mededingers&nbsp; in Suid-Afrika uit te skakel. Trouens, die bloudruk vir die hele oefening in Libi\u00eb is feitlik volkome op die &#8220;val van apartheid&#8221; geskoei en het in Washington voorkeur- buitelandse beleid onder die vaandel van &#8220;regime change&#8221; geword.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So lank as wat die betrokke lande klein en goedgelowig is, is die intervensies beperk en die plaaslike bevolking grotendeels vriendelik teenoor die Angelsaksiese &#8220;bevryders&#8221;, maar hierdie beginsel is ernstig uitgedaag deur Saddam Hussein se Irak wat bewys het die &#8220;maklikes&#8221; is dikwels te veel om te hanteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blair moes oplaas duisende Irakse lewens opoffer om van Saddam Hoessein ontslae te raak en die doelwit van &#8220;demokrasieskepping&#8221; is die vlammetjie wat die Midde-Ooste waarskynlik heelhuids gaan laat ontbrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Siri\u00eb is Assad besig om geen lewe te spaar om sy leierskap te bestendig nie, maar dis &#8216;n vriend van die VSA. Geen vliegspersone of &#8220;humanit\u00eare&#8221; aanvalle teen Siri\u00eb dus nie&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die leuens oor Irak se wapens van massavernietiging, wat lankal reeds&nbsp; as onsin ontbloot is, is vergete, terwyl die Britte voortstoom om hulle vriend die kolonel die loef af te steek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opsie om tirannie in Libi\u00eb te ondersteun het natuurlik daartoe gelei dat wapens deur Brittanje aan Libi\u00eb verskaf is, asof die Britte nooit sou kon raai dat Ghadafi dit teen sy eie mense sou gebruik nie. Dit is al te waarskynlik dat die&nbsp; Britse wapens handig te pas gekom het vir die Libiese veiligheidsmagte om &#8216;n paar van die 400-plus betogers te vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Etiese buitelandse beleid, miskien soos &#8216;n w\u00eareld sonder armoede, is &#8216;n utopiese idee. En die w\u00eareld het reeds duur betaal vir utopiese drome.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag in Libi\u00eb is nie of die VSA genoeg wapens het om elke Ghadafi-ondersteuner dood te maak nie. Hulle het meer as genoeg. Die vraag is nou of die Britte en hul Amerikaanse vriende nog kan aanhou wegkruip agter mooiklinkende frases soos &#8220;etiese buitelandse beleid&#8221; en &#8220;regime-verandering&#8221; sonder om baie onopreg te klink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die antwoord &#8220;nee&#8221; is, is die vet in die vuur&#8230;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/velosipedy\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0432\u0435\u043b\u043e\u0441\u0438\u043f\u0435\u0434<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die chaos en geweld wat Libi\u00eb tans verwoes, laat vrae omtrent die gedrag van Brittanje en veral sy voormalige eerste minister, Tony Blair. &#8216;n Regime wat reeds 400 van sy eie burgers vermoor het, Libi\u00eb, is onlangs nog soos die Verlore Seun in Britse arms terugverwelkom. Toe Blair in 1997 &#8216;n &#8220;etiese buitelandse beleid&#8221;, in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10214\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;n &#8216;Etiese&#8217; beleid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10214","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10214"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10214\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}